Eskom se nuwe baas meld gou aan

Dan Marokane (Foto verskaf deur Eskom)

Dan Marokane, nuut aangestelde uitvoerende hoof van Eskom, meld op 1 Maart by Megawatt Park in Sandton aan vir diens.

“Ek verwelkom Dan namens die Eskom-raad amptelik by die organisasie,” het Mteto Nyati, voorsitter van die raad, Vrydag gesê.

Marokane se aanstelling is in Desember bekend gemaak nadat daar amper ʼn jaar lank na ʼn nuwe kandidaat gesoek is.

Volgens Nyati was Eskomwerkers opgewonde om te hoor dat Marokane, voorheen hoof van groepkapitaal by Eskom, weer by die kragverskaffer sal aansluit.

“Hulle onthou sy praktiese leierskapstyl wat nou nodig is,” het Nyati gesê.

“Die direksie wens hom alle sterkte toe terwyl hy Eskom in die regte rigting stuur en sy ommekeer van voor lei. Ons het vertroue in sy vermoëns, asook dié van die leierskap en personeel van Eskom, om die organisasie om te keer.”

Maroela Media het vroeër berig Marokane, tot onlangs nog uitvoerende hoof van Tongaat Hulett, is ʼn gekwalifiseerde chemiese ingenieur met ʼn MBA.

Eskom het hom ook met sy aanstelling bestempel as ʼn bedrewe uitvoerende beampte met meer as 20 jaar ervaring op senior leierskapsvlak.

Marokane keer terug na Eskom ná hy en drie ander senior uitvoerende lede geskors is oor die standpunt wat hulle ingeneem het teen staatskaping, bedrog en korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Christian J M ·

Ek dink nie hy weet wat die skerp kant van ‘n spanner is nie.

Jack ·

Nogal moeilik om enige hoop of vertroue in die aanstelling te hê as dit deur die ANC gedoen is.Verwag dieselfde chaos en korrupsie en Eskom wat nog ‘n paar tree terug gaan nader na sy graf.

Ian ·

Van een business rescue na n ander. Maak regtig nie sin nie of is hy n goeie repairer

Suzette ·

Is Tongaat Hulett dan nie ook in sy kanon in nie? Likwidasie?
Wat het hierdie gekwalifiseerde chemiese ingenieur met MBA graad daar reggekry?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.