Mede-eienaar van ‘Hannon’ word vermis

Julius Swart en Hannon Bothma (Foto: Verskaf)

Julius Swart, mede-eienaar van die handelsmerk Hannon en vervreemde eggenoot van die “Glam Guru” Hannon Bothma, word vermis.

Luidens ʼn kennisgewing van die nie-winsgewende organisasie Pink Ladies, word hy reeds amper twee maande lank vermis. Die kennisgewing beskryf hom as “kwesbaar”.

Swart (59) het glo op 23 Januarie laas met geliefdes kontak gemaak en kon nie sedertdien bereik word nie. Hy het in Bramley, Johannesburg, verdwyn.

Swart en Bothma is in Oktober 2018 getroud, maar het in Februarie 2022 aangekondig dat hul paadjies gaan skei. Die egskeiding is nog nie afgehandel nie en Swart het ná die aankondiging uit die kollig getree. Die twee was 30 jaar saam.

Enigiemand met inligting oor waar Swart hom bevind, kan speursers. Munyai by 076 888 4069 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marius ·

Dis baie hartseer en kommerwekkend. Daar is veel meer van dié soort gevalle waar sakemanne net spoorloos verdwyn. SAACI Chairman Wayne Smith went missing and still nobody has seen him. Went out to see clients in the JHB area and never come back to his office and home. His car and phone was found in Tembisa.

Lollapop ·

Al ooit gewonder, miskien wil hy nie gevind word nie, hy is verseker deur ‘n moeilike skeisaak.

Samuel ·

Ek stem. Hy wil dalk nie gevind word nie. Boonop is hy seker heel tevrede met sy lewe soos dit nou is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.