‘Mees gesoekte verdagte’ doodgeskiet

Argieffoto ter illustrasie

Die Gautengse polisie het een van die mees gesoekte verdagtes in dié provinsie in Diepsloot doodgeskiet. Die betrokke verdagte is gesoek in verband met verskeie misdade waaronder gewapende roof, sakeroof, transitoroof en motorkaping.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het in ’n verklaring gesê polisiebeamptes het Vrydagaand aan die deur van die betrokke verdagte se vriendin in Riverside View geklop.

Volgens Makhubele het die verdagte besef dat die polisie op hom toeslaan, waarna hy ’n skoot afgevuur het. Die polisiebeamptes het egter teruggeskiet en die betrokke verdagte is in die proses noodlotting gewond.

Die vriendin se huis is deursoek waar polisiebeamptes op ’n sak met nege pistole, twee gewere en magasyne met ammunisie afgekom het. ’n Wit Mercedes-Benz AMG is ook in die erf aangetref. Dié motor is vermoedelik gekaap, het Makhubele gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

marius ·

Een booswig dra nie nege pistole nie . Hoop hulle vind die ander …in soortgelyke omstandighede .

Karlahari ·

Hy was seker oppad om die vuurwapens onder amnestie in te handig…..
As jou handwapen se lisensie verval het vereis hulle dat jy hom inhandig en weer aansoek om n lisensie doen.
Die vrou het 11 ONWETTIGE vuurwapens in haar huis gehad.
Hoe nou meneer Cele?

Okmardom ·

Plaas was hy in die regering. Baie ryker geword het en nog vandag geleef het. ..roof sonder vuurwapens!

Jack ·

Een minder hoeveel om te gaan? En die vriendin kom seker maar skotvry want hoe gaan die ondersoek beampte nou n saak kan bewys.

Riaan ·

Dankie tog hulle het nie sigarette by hulle gehad nie, want dan moes hulle nog die slip soek ook

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.