Mila Guy, Bennie Fourie haak af

Mila Guy en Bennie Fourie is getroud. (Foto: Mila Guy/Instagram)

Die akteurspaartjie, Mila Guy en Bennie Fourie, het Saterdag 22 April in Kaapstad ewige trou aan mekaar beloof.

Dié paartjie het in Oktober verlede jaar verloof geraak ná ’n jare lange vriendskap en warrelwind romanse.

 

View this post on Instagram

 

A post shared by mila guy (@milaguy)

Mila en Bennie het in Mei verlede jaar bekendgemaak dat die liefde eindelik tussen hulle geblom het. Dít nadat hulle vir ses jaar lank mekaar as beste vriende beskou het.

“Dis mal hoe vinnig my hart so warm geword het. Hy was nog altyd my vriend, en nou kan ek nie glo dat hy my kêrel is nie. Dis vreemd, maar ook gemaklik,” het Mila vroeër aan Maroela Media gesê.

Dit het Bennie egter nie lank geneem om die groot vraag te vra nie.

“Dit was regtig soos iets uit ʼn fliek,” het Guy vroeër oor hul avontuurlustige verlowing aan Maroela Media vertel.

Die paartjie se Kaapse troue is deur talle bekende gesigte, wat onder meer Ansu van der Sluys, Simoné Pretorius, Bouwer Bosch, Peach van Pletzen, Donnalee Roberts, Ivan Botha en Kate Roothman insluit, bygewoon.

“Die besties is getroud want Hy is getrou,” het Ansu se boodskap aan Mila en Bennie oor hul groot dag op Instagram gelui.

Die paartjie is ook deur Anlia Star, Leah en Caroline-Grace Brüssow op Instagram gelukgewens.

“Baie, baie geluk julle! Diep, diep, diep gelukkig vir julle! Die Here seën in oorvloed,” het Caroline se boodskap gelui.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Samuel ·

Veelsgeluk. Ek wens julle ‘n lang en voorspoedige huwelik toe.

kommentaar ·

Yay! Bly vir julle. As daar een bekende couple is waarvoor ek hoop het is dit julle 2

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.