Minister doen ‘steeds niks’ oor geweld teen busse

Fikile Mbalula, minister van vervoer. (Foto: GCIS)

Die DA sê die minister van vervoer, Fikile Mbalula, doen steeds niks om die voortgesette aanvalle op langafstandbusdienste te stuit nie en die party eis dat hy dadelik maatreëls tref om die vlaag aanvalle stop te sit.

Die jongste oproep kom nadat nog ʼn Intercape-busbestuurder geskiet is terwyl hy Sondag na ʼn bushalte in die Kaapstadse middestad op pad was.

Mbalula is al by verskeie geleenthede gekap oor sy versuim om ingevolge ʼn bevel van die Oos-Kaapse hooggeregshof ʼn nasionale aksieplan teen die geweld in werking te stel. Mbalula het teen die uitspraak geappelleer.

Ricardo Mackenzie, die DA se woordvoerder oor vervoer in die Wes-Kaap, sê Mbalula is in Oktober gelas om Intercape, sy bestuurders en passasiers te beskerm teen die voortslepende aanvalle.

“Hy het sedertdien nog niks gedoen om menselewens en die broodnodige infrastruktuur te beskerm nie en steeds ontken hy dat hy nie genoeg doen nie,” sê hy.

Onmin oor die uitreik van lisiensies, toekenning van busroetes en tariewe is glo die motief vir die geweld.

Mackenzie sê dit lyk of die eenheid vir geweldsmisdade wat gestig is om op vervoerverwante voorvalle van geweld te konsentreer, nie genoeg doen om die probleem op te los nie.

“Dit is ondenkbaar dat pendelaars in die Wes-Kaap nog ʼn bekostigbare metode van vervoer sal verloor nadat hulle reeds treindienste onder Mbalula se leiding verloor het.”

Die polisie het in Augustus bekend gemaak dat nog niemand sedert April verlede jaar in verband met die Intercape-aanvalle in hegtenis geneem is nie.

“Dit is kommerwekkend dat nog niks gedoen is om hierdie busdiens te beskerm nie. Die gebrek aan politieke wil om die kwessie te pak, beteken dat nóg lewensverlies gaan volg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Johann ·

Ek dink hy doen juis iets? Laat my nie vertel die bankrot ANC is nie kop en een mis met die Taxi bedryf nie. Ander as dit is hy bloot sy onbeholpe patetiese onbevoegde self!

kommentaar ·

Johann, mis beteken iets heeltemal anders as mus ou maat….

domheks ·

Hy dink hy is kat se snor. Hy is seker te bang die taxi-mafia kom vir hom. Voel niks vir die res van die mense nie.

Roek ·

Hy kan niks doen nie , skiet jy die een in die maag tref hy sy maatjie in die kop so diep is hulle in mekaar gekruip!

Danie ·

Wel of hy iets doen of nie hy moet vervolg word.Eerstens minag hy n hooggeregshofbevel.Hy faal in sy amptelike plig as vervoer minister om die landsburgers te beveilig.Hy het seker ook n kode van gedrag of etiket gesweer toe hy aangestel is.?Dis tyd dat ons politieke partye intree die onbekwame kader kan nie met moord wegkom nie.

Samuel ·

Die hooggeregshofbevel is nie van toepassing op ANC-kaders nie. Daar is twee stelle wette – een vir Jan Publiek en ander vir die ANC.

Ian ·

Ons liewe minister het nie die denkvermoe om enige probleem aan te pak en op te los nie.

Watsenaam ·

Die Oos-Kaapse hooggeregshof ʼn nasionale aksieplan teen die geweld in werking te stel. Mbalula het teen die uitspraak geappelleer. Nou wonder ek hoekom.

Henk ·

Hoe kan jy appelleer teen ‘n bevel om jou werk te doen? Ek verstaan nie, seker stupid.

Nie Verbaas ·

Dit is nie net met geweld teen busse wat hy niks doen nie. Hy doen absoluut niks oor die algemeen nie. Sit down before you get in.

Kokerboom ·

Die ou storie van maksimum voordele vir minimum verantwoordelikheid en aanspreeklikheid.

LANA is ELANè ·

So tipies, maar die oomblik as hy in die “limelight” kan staan dan is dit beloftes links en regs, maar by die uitvoering daarvan dop die man keer op keer die toets!

Of

Miskien is hy in die taxi verenigings se sak?
Niks verbaas my meer van die ANC regering nie.

CRDP ·

Nog ‘n baie goeie voorbeeld van “Talking the talk, but not walking the walk”

Samuel ·

Ek glo die agbare minister is kop in een mus met die taxibedryf. Hulle wil vervoer in die Wes-Kaap en elders kelder. Miskien is die minister ‘n taxi eienaar?

kommentaar ·

Maar het julle nie geweet nie? Fikile Mbalula = onbevoegdheid

Republikein in die Wes Kaap ·

Dié man moet weer gaan vir ‘n binneaarse Vitamien B booster.

Windhond ·

Hierdie ou het nog nie een suksesvolle amp beklee vandat hy die surkus deur die jare blootrug gery het nie – hy ploeter van een na die ander en dink hy maak n helse indruk met daai seep gladde bek van hom, hy sal beter doen as n kletsrymer

mattk ·

Watter een van die parlementêre narre, of kaders, soos hulle bekend staan, doen enigiets. Al die verskillende departemente kan na gekyk word, alles gaan agteruit en is besig om tot ashoop status te verval…… Viva ANC, viva

Kobus ·

Hy is deel van die probleem. Lankal in die Taxi vereenigings se mag

madels ·

Lyk my die beste ding om te doen is om na gewapende wag op elke bus te sit want nie sal skroom om te skiet as daar n gewelddadige situasie ontstaan nie

Jakes ·

Die agbare minister is welom bekend vir sy gebrek aan probleem oplossing. Dis n algemene probleem binne die ANC en wat verwag ons anders? Ramaphosa het hom en al die ander ministers aangestel maar blykbaar is onbevoegdheid die hood kriteria binne die ANC om n minister te word. Dus speek die hele stelael boekdele.

Karina ·

Ek het jare lank die busdiens gebruik, goeie diens ondervind. Nou bly ek by die huis omdat ek busse nie meer vertrou nie. Dit was altyd enigste bekosbare metode om by my familie uit te kom. Engelse sal dit noem “life sucks” en die CanCer government het dit nog meer uitgesuig. Beurtkrag maak ons klaar, besighede sukkel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.