Minstens 20 trokke brand binne dae

(Foto: Twitter)

Nog vier vragmotors is Woensdagoggend omstreeks 05:30 op die N2 tussen Piet Retief en Ermelo in Mpumalanga aan die brand gesteek.

Maroela Media het vroeër berig dat vragmotors op verskeie plekke geteiken en dan aan die brand gesteek word. Minstens 20 vragmotors is sedert die naweek op hierdie manier geteiken.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, sê drie van die vragmotors in die jongste voorval is ernstig beskadig terwyl een van die vragmotors skade aan die kajuit opgedoen het.

“ʼn Vrouepassasier het brandwonde aan haar voete opgedoen toe sy na bewering in een van die vragmotors aan die slaap geraak het. Paramedici het haar vir mediese behandeling geneem.”

Een van die vragmotors wat in Mpumalanga aan die brand gesteek is. (Foto: SA Polisie)

Mohlala sê gewapende aanvallers het glo onverwags uit die veld langs die pad te voorskyn gekom. Die vragmotorbestuurders is met vuurwapens aangehou en gedwing om uit die voertuie te klim.

Die vragmotorbestuurders is gedwing om uit die voertuie te klim, waarna dit aan die brand gesteek is. (Foto: SA Polisie)

“Die verdagtes het glo vir die bestuurders gesê dat hulle saam met die trokke sal brand indien hulle nie gehoor gee nie. Die bestuurders het gemaak soos die verdagtes gesê het en weggehardloop.”

Mohlala sê die motief vir die aanvalle op vragmotors is in dié stadium steeds onbekend.

“Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek duur voort.”

Bheki Cele, minister van polisie, en ander toppolisieoffisiere sal Woensdag meer inligting oor die vlaag voorvalle bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Althes ·

Wentel die polisiemagte af na die provinsies. Die ekonomiese sabotasie wys weereens hoe swak ons polisiediens is.

JACF ·

Gebeure soos wat tans plaasvind kan in geen taal regverdig word nie.
Wat jou ontevredenheid ookal mag behels Sal nooit deur sodanige gedrag opgelos word nie.
Nouja, kan ek dit maar weer bevestig, ons het die land oorhandig aan mense wat nie die selfde dink en reageer soos beskaafde mense nie en nou word vrugte gedra wat maar moet pluk.

Manie ·

Dis nie gewone kriminele elemente wat die aanvalle op trokke doen nie. Dit vind hoofsaaklik in KZN en MP plaas. Wat vervoer die trokke, wie is die bestuurders? Dit mag dalk meer lig werp oor wie hieragter skuil.

Shakespeare ·

Ons is nou 3de in die wêreld tov “CRIME”. Ek is seker julle kaders kan beter doen. Ek het baie hoop dat ons die 1ste plek gaan beklee. Viva !!!

Shakespeare ·

Al my insette wat FEITE is word afgeskiet agv die ooglopende dat ons tog asseblief nie op die hordes kriminele in ons land se toontjies moet trap nie. Ons moet hulle blykbaar met respek behandel. SIEK MAN SIEK.

MJLS ·

Ek stem. Die kriminele geniet voorkeur en die nie-kriminele het geen vryheid nie. Ons moet onsself ten duurste beveilig en beskerm, want ons polisie en weermag beten niks vir Jan Publiek nie.

Hendrik ·

Dis reg, nie gewone kriminaliteit nie. Die motief is polities georienteerd. Gaan vra malema. Dis duidelik.

Pietertjie ·

Een van die dae is vragmotor-skade groter as die Staatskaping-skade…

Eugene ·

Dit gaan Al hoe meer gebeur. Ramp-phosa en cele keur dit goed. Hoekom is daar in die een trok n’ vrou passasier? Is dit toelaatbaar? Of miskien was dit n’ seks werker.

Gert ·

Trokke moet maar net aanhou ry en dit wat hulle blok trap beter ‘n bietjie skade as ‘n uitgebrande trok

Perdeby ·

Haal al die trokke af en gebruik weer spoorvrag ek wil sien hoe kry hulle ‘n trein gestop!

Jeanette ·

Nou is my vraag hoe stop jy so groot vragmotor? Party van hulle jaag asof die duiwel agter hulle sit, nou se die berig die aanvallers het net skielik uit die bos te voorskyn gekom. Hier is iets nie baie pluis nie. Ek verstaan die 2de en 3rde een want die 1ste een blok hulle pad, man ry en ry alles in jou pad uit die pad, daar sal net 1 voorbeeld gemaak word dan is dit op ‘n end!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.