‘Mnr. die president, jy mis die oorlog in jou eie agterplaas’

Ian Cameron (Foto: Action Society/Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa moet nader aan die huis kyk as hy iemand van “oorlogsmisdade” wil aankla.

“Terwyl Ramaphosa aanklagte van oorlogsmisdade in die Israel/Palestina-oorlog aanhangig wil maak, mis hy die oorlog wat in sy eie agterplaas aan die gang is en die persoon wat die ‘aanklagte’ moet trotseer, naamlik Bheki Cele, minister van polisie.”

Dit is volgens Ian Cameron, direkteur van gemeenskapsveiligheid van die drukgroep Action Society, in reaksie op nuwe navorsing deur die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) oor die moordsyfer in Suid-Afrika wat die afgelope dekade geleidelik toegeneem het en die afgelope boekjaar die hoogste in twee dekades is.

Die misdaadsyfers vir die tweede kwartaal van vanjaar word vandag deur Cele bekend gemaak en volgens Cameron verwag hy dat dit ʼn “bloedbad gaan wees”.

“Cele het hom in 2020 daartoe verbind om kontakmisdade binne vyf jaar met 30% te verminder. Hy is op koers om te sien hoe daardie getalle met 30% styg. As Ramaphosa versuim om Cele vir sy onbevoegdheid af te dank, moet hy persoonlik aanspreeklik gehou word, tesame met Cele, vir die pyn en lyding wat aan elke slagoffer van geweldsmisdaad veroorsaak word – veral die families van die byna 28 000 moordslagoffers, wie se sake nie in die volgende drie jaar aangehoor sal word nie weens die DNS-agterstand wat Cele veroorsaak het. Hy moet ook by Cele aansluit deur aan meer as 90% van die families te verduidelik hoekom hul geliefdes se moordenaars met hul misdade sal wegkom.”

Volgens die ISS se verslag het die moordsyfer in Suid-Afrika ʼn hoogtepunt van 45 sterftes per 100 000 mense in 2023 bereik. Daar is gemiddeld 75 mense elke dag oor die afgelope jaar vermoor.

Mediakonferensie van die regering se interdepartementele groep belas met justisie, misdaadvoorkoming en veiligheid

Bheki Cele, minister van polisie. (Foto: GCIS)

“Tussen die aanvang van demokrasie in 1994 tot 2012 het die moordsyfer met 55% gedaal tot die laagste vlak van 29,5 per 100 000 mense. Sedertdien het sosio-ekonomiese stagnasie en disfunksionele strafreginstansies bygedra tot ʼn 53%-styging in die koers,” lui die ISS se verslag.

“Wat die onverwerkte syfers betref, het die aantal moorde met 77% toegeneem. In die 2022-’23-boekjaar is 27 494 moorde aangeteken, teenoor 15 554 in 2011-’12.”

Maar ondanks hierdie krisis van geweldsmisdaad het die regering nie die behoefte aan ʼn gefokusde reaksie op die probleem, wat lewens, gesinne en gemeenskappe verwoes, in die openbaar erken nie, meen die ISS.

David Bruce, die ISS-konsultant wat die navorsing gedoen het, het bevind die hoogste moordkoerse per kapita is in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Wes-Kaap en Gauteng.

“Hierdie vier provinsies het ook die hoogste stygings in moordsyfers sedert 2011-’12 aangeteken. In 2022-’23 was die risiko om vermoor te word die hoogste in die Oos-Kaap, met ʼn koers van 71 moorde per 100 000. Naashoogste was KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap, albei met jaarlikse moordsyfers van 56 moorde per 100 000.”

ʼn Afname in die aantal moorde in Suid-Afrika sal nie net lewens red en trauma voorkom nie, maar help om toestande vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling en Suid-Afrika se aanloklikheid as ʼn beleggingsbestemming te verbeter, lui die ISS se verslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Plaaskind ·

Dankie Ian dat jy vreesloos die waarheid uit basyn, ongelukkig val dit meestal op opsetlik dowe ore. Ek is een van duisendes wat jou waardeer.

vuurvliegie ·

Hierdie mannetjie Ian Cameron het verseker baie “Guts”. Hy gaan nog baie ver gaan in ons politiek. Well done.

Surfer ·

Of die ANC of EFF se moord brigade gaan hom nie kans gee nie in die wettelose land.

Papsak ·

Ja dankie hulle noem die oorlog in ander lande volksmoord kyk hoe lyk volksmoord kyk hoe loop die bloed in SA soos ons wit boere vermoor word dankie Mnr Camaron Cele moet gaan vinnig ook en al sy kaders Ramaphosa in gesluit !!!!!!!!!

Hendrik ·

As dit tog maar net tot hulself sal deurdring maar die selfgeskepte apartheidshaat wat hul steeds koester terwille van politieke punte en internasionale simpatie maak dit onmoontlik.

David ·

CR, jy het ‘n baie groot voor en agterstoep om te vee voor jy ‘n ander ou se stoepe wil gaan vee.

Raadsman ·

Hou die druk hoog! ons is moeg daarvan om te hoor dat ons kant kies saam met tereur lande en teroriste organisasies. Daar het ‘n jaloesie en haat ontstaan by die ANC regering vir die Weste en dit gaan ons duur te staan kom.

George ·

Hoed af vir Ian Cameron wat die moed en durf het om die mislukte en onbevoegde ANC uit te wys vir hulle onbeholpenheid en onbekwame ministers en leiers van die land !!

George ·

Ramaphosa en sy ANC kaders insluitend die EFF moet hulle kommentaar en aanvalle teen Israel staak want spyt gaan te laat wees as Israel hulle rug op SA gaan keer

miche ·

Ian Cameron vir SA President!
Dís nou’n man wat sin praat, sy man kan staan. Well done, as always.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ramaphosa en Cele behoort in die internasionale strafhof aangekla te word van misdade teen die mensdom.

Anel ·

Daar is nie veronderstel om enigsins enige moord te wees nie. Om te dink dat +- 75 mense per dag vermoor word, is skrikwekkend, en ek dit is konserwatief. Ek dink daar word baie meer moirde gepleeg onder die ander bevolkingsgroepe wat nie eens aangemeld word nie, om verskeie redes.

Henry ·

hulle moet ophou om die splinter in ander se oe te sien terwyl daar n balk in hulle eie oe is.

Watsenaam ·

Ian, kry hulp en skryf you verslag in al die amptelikke tale en versprei dit op sosiaale media. Ek dink nie die regering lees hie wat jy geskryf het nie, ( dis in die onderdrukker taal Afrikaans) en al sou hulle probeer dink ek nie hulle verstaan eenvoudige statistiek nie. En , O Ja. probeer uitvind watse taal die eff verstaan en stuur dit in hulle taal aan hulle ook.

Althes ·

Ian ek salueer jou vir jou manmoedigheid. Ons almal in SA leef in vrees, maar pns regering is meer gepla oor ander lande se oorloë!

Mel84 ·

Waar kan ek vir Action Society stem in die opkomende verkiesing? DIS mos nou die intellek en logiese redenasies wat ons benodig!!!!!

skurweberg ·

Ons moet net nooit vergeet dat mense met geld in ‘n ander demensie leef as die wat min of geen het nie.

JAPIE ·

Dankie Mnr Cameron vir jou moed. Hoekom skaar die ANC, EFF, hul by Hamas en Putin,
is dit omdat hul minderwaardig voel teenoor die Westerlinge of is dit bloot soort soek soort. Mnr. Cele en Malema geniet dit om gesien te word, moet net leer om stil te bly,
want die verstand is maar skraps.
Susan.

domheks ·

Dankie Ian! Iemand moet dit onder cANCer se neuse vryf. Maar die 30 persenters sal nie lees nie!

Bevorder geregtigheid - Vrydenker Vlakvark ·

Ek het geen respek vir enige ANC-leier of EFF-leier van die verlede of hede nie. Finish en klaar.

Jacobus ·

Ian Cameron jy doen goeie werk hou aan om druk te sit op hierdie terroristiese anc bende. Wat verwag n mens as n klomp terroriste n land regeer? Net soos in Gaza.

Wielspore ·

CR en BC moet van volksmoord aangekla word, te veel onskuldige Suid Afrikaners sterf vir geen rede, bloot net omdat hulle in SA is. Hierdie prys moet betaal word en CR en BC moet pa staan vir dit.

Danie ·

Alles is gese dalk moet ons Ian ondersteun met n optog op n gepaste plek en tyd.Dit sal ons ondersteuning betrek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.