‘Moeilike naweek’ wink vir Tshwane

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Christel Cornelissen/Maroela Media)

Benewens die ysige temperature en onbeplande kragonderbrekings die afgelope paar dae moet die inwoners van Tshwane boonop ook hulself staal om dalk dié naweek sonder water te sit.

Cilliers Brink, burgemeester van Tshwane, het Vrydag gemaan dat dit ʼn “moeilike naweek” vir Tshwane gaan wees.

Dít omdat die kragtoevoer van Rand Water se Mapleton-aanjaer- (booster) pompstasie, wat water aan die meeste dele van Pretoria-Oos en Mamelodi verskaf, Donderdagaand onderbreek is. Dit raak nou dié pompstasie se kapasiteit om water na Tshwane te pomp.

“Volgens Rand Water is tegnici by die pompstasie besig om die fout op te spoor,” sê die Tshwane-metro in ʼn verklaring.

“Dit is egter onduidelik wanneer die fout reggestel gaan word.”

Die onklaarraking van hierdie aanjaer-pompstasie raak verskeie reservoirs wat gebiede soos Mooikloof, Elarduspark, Garsfontein, Moreletapark, Rooihuiskraal, Valhalla en Klapperkop bedien.

Volgens die metro ervaar verskeie woongebiede reeds lae tot geen waterdruk wat dalk nie vinnig gaan verbeter nie.

Die metro gaan watertenkers oor die hele Tshwane ontplooi.

Brink het reeds gesê dat die herhaalde wateronderbrekings in die stad ʼn aanduiding is dat daar groot fout by Rand Water is.

Rand Water verskaf sowat 70% van Tshwane se water en sedert Desember verlede jaar is daar geredelike wateronderbrekings wat soms sonder enige vooraf kennisgewing of ander kere op baie kort kennisgewing deur Rand Water gekommunikeer word.

Brink het reeds aan die voorsitter van Rand Water oor die kwessie geskryf en dieselfde brief ook aan die minister van water en sanitasie gerig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Diepoppie ·

ja nee kyk. Ons bly in benoni, ons water moes net vir 24uur afgewees het(van dinsdag and 19:00 tot woensdag aand 19:00). Dis vrydag middag en ons sit nogsteeds sonder water al word dit belowe.. Mense moet maar altyd ekstra water he in die land van ons..

Antonk ·

Ek bly nie in tshwane nie,want ek bly in PETORIA.Dis net die stadsraad wat se naam verander het na tshwane.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.