‘Moet nooit die All Blacks afskryf,’ waarsku Le Roux

Willie le Roux (Foto: Springbokke/X)

Die Springbok-heelagter Willie le Roux sê sy span sal dit nie waag om die All Blacks die naweek tydens die Wêreldbeker-eindstryd op Stade de France te onderskat nie.

Die Springbokke en All Blacks meet Saterdag kragte om die eerste land te word om die Wêreldbekertrofee ʼn vierde keer omhoog te hou.

“Jy kan nooit die All Blacks afskryf nie,” sê Le Roux in aanloop tot die titaniese stryd.

“Daar is beslis baie respek tussen die All Blacks en Springbokke.”

Le Roux erken die emosies het die laaste twee weke “redelik hoog” in die Bokkamp geloop nadat die Springbokke die kwart- sowel as die halfeindstryd, teen onderskeidelik Frankryk (29-28) en Engeland (16-15), met ’n enkele punt gewen het.

“Maar wanneer jy van die veld afstap en daardie aand gaan slaap, word jy die volgende oggend wakker en dis die volgende taak.

“Hierdie week is Wêreldbeker-eindstrydweek. Daardie hoogtepunt (van die kwart- en halfeindronde) is verby. Ons het nou een taak om op te fokus.”

Hulpafrigter Felix Jones sê op sy beurt die atmosfeer in die Bokkamp “is soos jy sou verwag vir ’n Wêreldbeker-eindstryd.

“Almal is verskriklik opgewonde; almal is skerp gefokus. Almal sal vroeg in die week die praktiese detail wil afhandel en daarop konsentreer om ’n uitmuntende vertoning te lewer.”

Jones sê die span is natuurlik bewus van die wedywering tussen die Bokke en Nieu-Seeland. “Hulle is bewus dat dit nog ’n keer is dat ons Nieu-Seeland in die eindstryd sal ontmoet.

“Dit verhoog die opwinding en dit dra by tot die geleentheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Sê Ook Maar Net ·

Huuhhh? Die All Blacks is in die finals. Wie sou nou die All Blacks afskryf? Nou of ooit. Dis nou n belaglike opskrif.

Tokkel ·

Hoop jy kyk nie rugby nie. Le Roux het nie rubriek geskryf nie, hou op om mense te stenig gedurig en geniet liewers die rugby

Republikein in die Wes Kaap ·

Jammer Tokkel, ek mis nie ‘n enkele wedstryd van die All Blacks nie.

Niklaas ·

Min regdenkende mense sal hierdie Allblack span “afskryf” of nie as wen gunsteling beskou nie.

Jean ·

Sy span… Die man “knock” so gereeld die All Black gaan net wag vir sy foute.

Docpietza ·

Ai Willie.. maar ok..
Ek hoop vir doodse stilte van die skare saterdag as die AB die Haka doen…uit respek.
Go Bokke!!

vuurvliegie ·

Ek is bly om te sien die All Black ondersteuners groei daagliks. Dis seker soos om ‘n suurlemoen te eet vir party mense.

Republikein in die Wes Kaap ·

Absoluut. Die All Blacks is ‘n volwasse span sonder fieterjassies.

Pawiljoen Rot ·

Ek sê weer. Iemand gaan hulle woorde sluk maandag. Wie laaste lag, lag die lekkerste.

Kirst ·

Daar is net een span wat nog nooit ‘n WB finaal verloor het nie…

Niklaas ·

Dalks verras die Bokke ons met ‘n oorwinning. Niks is onmoontlik nie . Maar niemand wat ek ken is oorgerus oor SA se kanse nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.