Mogoeng sê jammer oor pro-Israel-uitlatings

Voormalige hoofregter Mogoeng Mogoeng. (Foto: Jacques Naude/African News Agency/ANA)

Voormalige hoofregter Mogoeng Mogoeng het nou om verskoning gevra vir die pro-Israel-uitlatings wat hy in 2020 gemaak het.

“Ek word nou deur die wet gedwing… om onvoorwaardelik om verskoning te vra,” het Mogoeng Donderdag in ’n verklaring gesê.

Dié verskoning volg byna ’n jaar nadat die Regterlike Dienskommissie (RDK) se gedragskomitee bevind het dat Mogoeng in 2020 by ʼn politieke omstredenheid of aktiwiteit betrokke geraak het toe hy tydens ʼn paneelgesprek kritiek gelewer het op die ANC-regering se eensydige benadering tot die stryd tussen Israel en die Palestyne.

Die voormalige hoofregter, ’n toegewyde Christen, het kort daarna appèl aangeteken teen dié uitspraak wat hom dwing om verskoning te vra en sy pro-Israel-uitlatings terug te trek. Die appèlaansoek het egter misluk.

Mogoeng het in Junie 2020 tydens ’n webinaar van die Israeliese koerant Jerusalem Post pro-Israeliese uitsprake gemaak en ook gesê die Bybel se gesag is hoër as dié van die Suid-Afrikaanse Grondwet.

Die RDK het kort daarna met ʼn ondersoek begin nadat verskeie organisasies, waaronder die drukgroep Africa4Palestine, ʼn klag teen Mogoeng ingedien het.

Die Suid-Afrikaanse regering ondersteun die Palestynse saak en het in 2019 sy ambassade in Tel Aviv tot ’n skakelkantoor afgradeer.

Mogoeng het vir tien jaar die land as hoofregter gedien voordat hy in Oktober die tuig neergelê het. Onderhoude vir die nuwe hoofregter word vandeesweek gevoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

tweeling ·

Ek dink jy het nie mooi gelees nie. Hy het om verskoning gevra vir sy uitlating. Hy het nog steeds dieselfde opinie dat israel wettig is en ondersteun moet word en mag dit net nie sê nie. Dis soos baie jare terug het iemand in die parlement gesê die opposisie is klomp skape. Hy moes dit terug trek en toe sê hy die helfte is nie ‘n klomp skape nie.

Jacobus ·

Regter u het u punt klaar gemaak. Die dwang waaronder u geplaas is is ook verstaanbaar . Respek.

Boatsie ·

Groot teleurstelling dat ‘n mens jou Christelike beginsels so maklik kan prysgee, veral iemand in sy posisie.
Die hele onsmaaklkheid is volgens my kommunisties gedrewe en d.m.v. ons eensydige regstelsel wil hul dit nou in ons kele afdruk.
Die man het sy werk baie goed gedoen, maar die regering word nou aan hul neuse gely deur een geloofsgroep wat hul sin wil kry en alle ander gelowe met absolute disrespek behandel.

Oom Jaap ·

As jy die berig mooi lees sal jy sien hy sê: “Ek word nou deur die wet gedwing.”
Hy het dus nie sy standpunt verander nie, maar sê dat hy gedwing word om iets te sê wat hy nie wil nie.
Almal weet steeds dat hy pro-Israel is

Jacobus ·

Wat vir my afgryslik is, dat hy waarskynlik dmv sy pensioen afgedryg word. Ons moet almal kennis neem!!

AndrewL ·

Ek het groot respek vir die man, veral nadat ek hom persoonlik ontmoet het en met sy personeel kon praat.

Dit het belangriker geword om polities korrek te wees. Die ANC regering steun eerder ‘n spul Palestynse terroriste voordat hul iemand se geloofsoortuiging respekteer.

Christene in Suid-Afrika kom al hoe meer onder druk deur politieke besluite en die aanvaarding van nuwe “waardes” wat lynreg teen die Bybel se vaste waardes is.

Julia ·

Jy kan verskoning vra vir dit wat geplubiseer is sonder om jou persoonlike opinie te verander. Jy glo in jou hart wat reg is. God het gese dat die hele wereld teen Israel sal draai maar op die einde sal almal sien dat Hy altyd Sy beloftes gestand doen. Hulle is Sy uitverkore volk en sal dit altyd bly maak nie saak wie wat se nie.

Misky ·

Die boodskap was duidelik en die land het kennis geneem en weet van die magsbehepte ANC. Dankie regter Mogoeng, jy het standpunt ingeneem en daarby gehou.

Cherokee ·

Teleurstellend. Oorspronklik het hy daarop gewys dat die Bybel se gesag groter is as diè van die regering. Hy kan niks verloor deur by die waarheid te hou. Nou maak hy ‘n ommeswaai en sê hy word daartoe gedwing. Hy behoort by sy stelling te hou.

Robert ·

Sy verskoning is eintlik ‘n versterking van sy standpunt. Sy vyande is te dom om dit te sien.

Annatjie ·

Regter ons verstaan jou besluit en ons respekteer jou vir jou opregte geloof.

Michael ·

Toe nou nie so toegewyde christen soos hy verkondig het nie. Die Bybel se gesag toe nou nie so hoog wanneer hy vervolging in die gesig staar nie.

Samuel ·

Ek wonder wat sou Michael gedoen het as hy in die voormalige hoofregter se skoene was? Maklik om klippe te gooi né?

Vlooitjie ·

As jy weer lees, sal jy sien daar staan “deur die wet verplig”. Dit is duidelik dat dit nie is omdat hy voel hy was verkeerd en wil om verskoning vra nie.

Kobus ·

Wat het van Vryheid van Spraak geword? Mag ek Israel ondersteun? Palestina is glad nie engeltjies nie. Die RDK gaan seker nie die verskoning aanvaar nie omrede ” hy nie opreg rou betoon nie” …..klomp twak hierdie sirkus wat tyd op sulke onbenullighede spandeer.

annie ·

Indien die regter Israel heftig aangeval het en die Bybel afgeskiet het was hy nou ‘n held. Onthou die ou wat gesê het die aarde is rond en nie plat nie? Mind you: Die aarde is dalk plat vir diegene wie se koppe plat is… En die gevolge sal moet dra…

casper ·

Die ANC weermag loop trots rond met hulle Israeliese Galil wapens wat onder lisensie gemaak is maar niemand mag iets positief oor Israel se nie???
Ontwapen jou weermag dan as julle so ernstig is !!!

anniekiewiet ·

Dieselfde met alles wat engels is, die anc en hulle mense skiet alles af wat kolonialisties is/was, maar engels moet hulle praat en skool en besigheid doen. Simpel.

Samuel ·

Wel, die oud hoofregter weet wat hy doen. Waarom kan jy nie Israel ondersteun nie? Ons is nie almal kommuniste nie. As Christen het hy die reg om pro-Israe te wees.

SlinkseKoljander ·

Ja jammer soos ek oor partheid, en dan beweeg ons maar net weer aan na die volgende patetiese stelling

Pieter ·

en so sal die waarheid verdruk word, maar dit sal steeds die waarheid bly.

Jaco ·

Hy het baie Christelike goed oor Israel te sê gehad, maar hy was doodstil oor die grondwet en ons regstelsel en wette wat sê regstellende aksie en BEE is reg en dat die gevolglike openlike rassisme teenoor wit mense dus reg is. Maar nouja, ek neem aan dat sy salaris van omtrent R3miljoen per JAAR seker harder gepraat het as sy Christelike beginsels. Wat sê die Bybel nou weer oor “dis makliker vir ‘n kameel….”?

JohanR ·

Het die ANC al ooit in nou amper 28 jaar, jammer gese vir enigeiets?

Deon ·

Hulle het eintlik, elke keer voor verkiesings, as hulle werf dan se hulle jammer oor die twak wat hulle aanjaag maar hulle wil graag n volgende kans gegun word.

Shakespeare ·

Simson teen die ANC Fillistyne. Toemaar Regter die ANC verag God se uitverkore volk Israel. Jou verskoning vra gaan jou nie uit die Hemel hou nie, daarenteen gaan die ANC hulle straf kry.

Jaco ·

As die ANC net so bietjie dieper na Israel se beleid teenoor die Palestyne kyk, sal hulle dalk besef dis iets wat in SA kan werk. Die Palestyne is ‘n minderheidsgroep waarvan Israel nie baie hou nie. So toe gee Israel vir die Palestyne die Palestinian Authority, wat maar basies ‘n selfregerende tuisland is. Maar die res van die wêreld is só jammer vir die Palestyne dat hulle die Palestyne help en die Palestinian Authority erken. Israel laat ook buitelandse belegging in die Palestinian Authority toe. Ek gee toe, dis VER vanaf ‘n 100% onafhanklike Palestynse Staat, maar dis beter as niks.
Die ANC kan mos dieselfde met die gehate wit mense in SA doen: “dump” ons in ‘n tuisland in die Wes-Kaap, laat buitelandse beleggings daar toe, belas dié tuisland hoog en uiteindelik wen albei groepe tog. Wit mense is op hulle eie en die res van SA cash in uit belasting op die wit tuisland se florerende ekonomie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.