Moord ondersoek ná kaping naby monument

Die kapingstoneel naby die Voortrekkermonument in Pretoria. (Foto: ER24)

Die polisie sê ʼn saak van moord en poging tot kaping word ondersoek ná ʼn voorval Donderdag waartydens ʼn vermeende kaper doodgeskiet is.

Maroela Media het vroeër berig die man is doodgeskiet toe hy en nog makkers glo ʼn motoris in ʼn grys Porsche Cayenne op die R101 naby die Voortrekkermonument in Pretoria wou kaap.

Kapt. Augustinah Selepe, polisiewoordvoerder, sê vyf verdagtes in ʼn rooi Toyota-dubbelkajuitbakkie het glo die motoris genader.

“Hy het dadelik sy vuurwapen uitgehaal en op een van die verdagtes geskiet,” het sy gesê.

Die res van die groep het gevlug.

“Die verdagte se vuurwapen en ammunisie is op die toneel gevind. Die vuurwapen sal vir ballistiese toetse gestuur word om vas te stel of dit in ander ernstige misdade gebruik is.”

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het vroeër gesê paramedici, die polisie en veiligheidsmaatskappye is omstreeks 18:30 na die toneel ontbied waar hulle die man met ʼn skietwond aangetref het.

Hy het in die pad gelê en was in daardie stadium in ʼn bedenklike toestand.

Volgens Campbell het die man se toestand vinnig versleg en hy is op die toneel dood verklaar.

“Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en poging tot kaping. Ons doen ʼn beroep op mense met inligting wat kan help om die verdagtes aan te keer om die polisie se Stop Misdaadnommer by 08600 10111 of hul naaste polisiestasie te bel,” het Selepe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Piet Snot ·

Ek raak skaam dat my land se regstelsel mense wat bloot hulself verdedig, so swak behandel.

Casper ·

Die eerste toets waarna gekyk moet word is;wat sou die redelike persoon gedoen het in so ‘n situasie.Tweedens moet daar gekyk word of die verdagtes die motorists genader het met vuurwapens wat hom uit noodweer laat optreë het.Daar was wel 5 verdagtes maar die motorists se lewe was nog nie bedreig nie.Hierdie vrae moet eers beantwoord word tydens die ondersoek en dan sal die D O V ‘n beslissing maak.

Pollie ·

Casper die “redelike persoon” en noodweer in hierdie gevalle subjektiewe toets en ek is amper seker ek sou ook my lewe as in gevaar geag het as 5 onbekende mans met vuurwapens op my afgestap gekom het.

Soms help die groot woorde nie?!?

Snowball ·

Hierdie is die verwarrendste berig. Die kapingsvoertuig is ‘n rooi Toyota bakkie. Die Porsche was die kapers se teiken. Nou waar pas die wit Audi wat met die Porsche gebots het in die prentjie? Was dit ook ‘n kaper?

Anton ·

Net so. Ek wens die verslaggewer wil sy berug lees voirdat hy dit plaas

Stefan ·

Ek wens jy wil ook jou ‘berug lees voirdat’ jy dit plaas!

Jakes ·

Hierdie misdaad sou nooit plaasgevind het nie as die eienaar naby n strand , kerk of kroeg gewees het nie. DIE HOED SOU DAN DAAR GEWEES HET!

Daizee ·

As onse agbare Baywatch Cele sy werk in die eerste plek doen in plaas van op die strande rondhang sou dit nie nodig wees vir die Publiek om hulself te verdedig nie!!

Pollie ·

Ja want so mag ons mos nie onsself verdedig teen MISDADIGERS nie

Mallie ·

Casper vandag in Suid Afrika kan jy nie vrae vra nie. As jy wil oorleef moet jy eerste skiet.

Meyndert ·

Casper die berig sê uitdruklik die verdagte se vuurwapen en amunisie is op die toneel gevind en gaan balisties ondersoek word. Die eienaar was reg om een van hulle ‘n statistiek te maak. Hy was ook reg om op te tree voor hy ‘n statistiek was.

Meyndert ·

Ek wonder altyd hoe ‘n mens ‘n redelike persoon bly as jy in jou voertuig is en gedwing wird om te stop en dan sak 5 kriminele uit 5 verskillende rigtings op jou toe. Dit lyk asof in nabetragting dit van jou verwag word om te handsup en op vlug te slaan en te verwag die krimineel gaan jou nie van agter skiet nie want jy het hulle mons gesien en sal hulle erken. Totaal onrealistiese verwagting vir die slagoffer en ook vir die misdadiger. Daai misdadiger gaan jou nie laat ontsnap nie. Wat jy ookal doen, jy is uitgelewer, as die misdadiger jou nie uithaal nie, dan haal die regering jou na die tyd uit. Dit is ‘n misdaad om lewendig uit so situasie te kom in Suid Afrika.

dada ·

As hy nie geskiet het nie, kon hy of sy kinders dalk nou dood gewees het. Moord is in elk geval voorafbeplan hoe gaan hul dit bewys?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.