Moordsaak dreig teen Middelburg se topbestuur

Die Steve Tshwete -plaaslike munisipaliteit se kantoor in Middelburg. (Foto: CoGTA/Facebook)

Die EFF het Donderdag ʼn moordsaak teen die Steve Tshwete- plaaslike munisipaliteit se topbestuur aanhangig gemaak, nadat vier stakende werkers Woensdag buite sy hoofkantoor geskiet is.

Die party meen dit is onaanvaarbaar dat ʼn private veiligheidsmaatskappy wat deur die munisipaliteit aangestel is, die werkers geskiet het.

Een van die betogers is tydens die voorval dood, terwyl die res na ʼn hospitaal gehaas is.

Prudence Magutle, woordvoerder van die munisipaliteit, het intussen aan Maroela Media bevestig dat slegs een van die vier beseerdes aan sy wonde beswyk het.

“Een van die beseerdes is wel in ʼn kritieke toestand in die intensiewesorgeenheid, maar niemand buiten die een betoger is dood nie.”

Die munisipaliteit het onlangs ʼn veiligheidsmaatskappy aangestel om onder andere die burgemeester, raadslede en die perseel te beskerm nadat stakings weer opgevlam het.

Die stakings hou glo verband met salariseise wat slegs deur ʼn hoër gradering van die munisipaliteit bewillig sal word. Om dít te verseker is egter ʼn langdurige proses wat nie oornag sal gebeur nie.

Mhlonishwa Masilela, burgemeester van die Steve Tshwete -plaaslike munisipaliteit. (Foto: Facebook)

Mpho Edward Morokolo, streeksvoorsitter van die EFF, sê die party het Donderdag ʼn saak van moord en poging tot moord teen die burgemeester, Mhlonishwa Masilela, waarnemende munisipale bestuurder, Thokozile Zulu, en die munisipaliteit se finansiële hoof, Mothiba David Mogofe, aanhangig gemaak.

Die EFF beweer dat die topbestuur sy “mag misbruik het deur gewapende veiligheidsmagte te mobiliseer om skerp ammunisie na stakende munisipale werkers af te skiet, wat veg vir regmatige eise.”

“Ons gaan ook voortgaan om ʼn mosie van wantroue teen bogenoemde amptenare in te dien omdat hulle hulle skuldig maak aan misdadige aktiwiteite,” sê Morokolo.

Die Menseregtekommissie (MRK) gaan glo ook genader word om die voorval te ondersoek.

Magutle sê die munisipaliteit is bewus van die strafregtelike klagte teen sy topbestuur, maar weier in dié stadium om kommentaar daaroor te lewer.

“Ons laat die polisie se ondersoek oor die gebeure eers ontvou voordat ons op die aanklagte kan reageer,” sê sy.

Ná die skietery het die polisie die munisipale kantoor vir ʼn paar uur gesluit, terwyl beamptes die toneel gefynkam het. Die polisie sal na verwagting eersdaags ʼn amptelike verslag oor die gebeure bekendmaak.

Teen Donderdagmiddag het die betogers nog nie tot ruste gekom nie. Inwoners in die gebied sê die stakende werkers het amok in die strate gemaak en asblikke omgegooi. Geen skote is egter Donderdag afgevuur nie.

Munisipale dienste is steeds ontwrig, terwyl sakeondernemings en skole op hul hoede was vir enige gewelddadige aktiwiteite.

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het intussen ʼn span na die munisipaliteit gestuur om saam met die betrokke partye te werk om die situasie te beoordeel en oplossings vir die krisis te vind.

“Die minister het die munisipaliteit se leierskap en werkers versoek om hul arbeidsgeskille dringend deur onderhandeling op te los, veral weens die hoë werkloosheidsyfer wat tans in die land heers.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

domheks ·

Skiet die gemors! Dit hou al MAANDE aan. Mens kan ook net soveel opvreet van die stakers. EFF weet nie eers wat werklik aangaan nie.

Elizabeth ·

Die EFF moet hier uitbly. Dit het niks met hulle te make nie en is ñ saak vir die gereg. Waarom moet Jan Publiek verontrief word deur die vandale as hulle niks daarmee te doen het nie? Wat van HUL regte? Nie net kriminele wat regte het nie. Waarom op aandag spring vir die klomp. WERK VIR Ñ BETER GRADERING. Niks is verniet.

Maritza ·

EFF soek net rede om betrokke te raak dat die skare moet “dink” hulle is aan hulle kant maar hulle voel vrede vir hulle. EFF wil net al die stemme he om die land oor te neem

Casper ·

Daar is mos nie blanke amptenare betrokke nie Julias.Sê vir die stakers hulle moet onderhandel deur hulle vakbond.Daar is mos ‘n interdik teen hulle uitgereik dat hulle naby die munisipale geboue mag kom nie.

Waarnemer ·

“Regmatige eise” se julle?Was dit regmatig om skade aan munisipale eiendom te veroorsaak asook aan private eiendom en voertuie?Was dit regmatig om munisipale amptennare se lewens in gevaar te stel?Al wat regmatig was is dat die stadsraad die hele spul onwettige stakers moes afgedank het.

Oosieoos ·

Elke dag bewys die Eff al hoe meer dat hulle totaal en al geen benul het van die wet of om a selfstandige besluit te kan neem nie. Onnosel verby

Di ·

Ek wil nou maak soos Cele en vir Malema se “SHUTUP” Dis deur hierdie tipe onwettige stakings dat die land lam gele word en mense nie meer wil bele in hierdie HOOL nie. Neem die veilgsheidsmaatskappy se mense nie kwalik nie, kyk maar wat by CLOVER gebeur het, 2 onskudige mense DOOD agv hierdie nonsens.

Henry ·

Raak ontslae van al die vakbonde. Dan sal dit baie beter gaan hier in rsa

Jr ·

Julius kry dhali mphoofu om julle te verteenwoordig. Dan verloor julle al weer

Yvonne ·

EFF krap meeste van die tyd waar dit nie jeuk nie….nou moet julle maar pa-staan vir julle lede

#013 ·

Hul orrtree die wet en moet die konsekwensies dra. Geen simpatie vir die stakers nie.

Harley Davidson ·

Dit is wat gebeur as die land nie ‘n werkend polisie mag het nie anargie heers en die eff het die voortou geneem maar hulle doen ten.minste iets wat doen die Vf+ vir hulle kiesers.

Wondermaarnet ·

Kan die ANC en EFF lede nie gaan vir IK toetse nie? Dalk sal hulle dan besef hoe stupid hulle optrede is.

Jack ·

Nie geweet die kopdoek lewe nog nie. Wel as daar wapens in die hande van die stakers was en lewens bedreig was sou die reaksie wel geregmatig kon wees. Ons sal moet sien hoeveel youtubers daar was.

Boatsie ·

Wil kopdoek nou vir hoedkop help om sy werk te doen???????

domheks ·

April grappie – ou juliaaaas van aff is moegoe van die week!

Swerwer ·

Wat het die EFF te doen met stakende werkers. Natuurlik moet daar ‘n organisasie aangestel word om reg en geregtigheid uit te voer te beskerming van die werkers in die gebou. Stakers moes lankal geskiet geword het want dan was daar nou nie soveel wanorde in ons land nie. Die Miskruiers loop en soek heeldag strooi om bymekaar te rol maar weet nie op die ou end wat om met die strooibal te doen nie, daarom bly lê dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.