Moordverdagte wil nuwe regspan hê

Gerhard Jansen van Vuuren in die hooggeregshof in Johannesburg. (Foto: Anja van der Merwe/Maroela Media)

Gerhard Jansen van Vuuren het Dinsdag in die hooggeregshof in Johannesburg aangedui dat hy ʼn private regsverteenwoordiger gaan aanstel.

Jansen van Vuuren staan tereg op die moord van sy gewese meisie Andrea Venter (25).

Jansen van Vuuren se regsverteenwoordiger, adv. Innocent Mthembu, het in die hof aangevoer sy kliënt wil ʼn regsverteenwoordiger van Middelburg, Mpumalanga, aanstel. ʼn Familielid het glo dié regsverteenwoordiger verwys.

“Jansen van Vuuren het reeds ʼn afspraak om Vrydag met die nuwe regsverteenwoordiger te konsulteer,” het Mthembu in die hof gesê.

Regter AJ Matjele het egter sekerheid geëis oor dié nuwe regsverteenwoordiger en die feit dat Jansen van Vuuren wel die regskoste sal kan betaal.

“In belang van geregtigheid en om die saak nie verder te laat sloer nie, sal die beskuldigde Maandag saam met die nuwe voorgestelde regsverteenwoordiger in die hof verskyn. Hulle moet gereed wees sodat ons die saak kan voortsit,” het Matjele in die hof aangedui.

Die staatsaanklaer, adv. Makwena Mokwatedi, het aangedui Jansen van Vuuren het reeds in die verlede ʼn paar keer van regsverteenwoordigers verander.

ʼn Nuwe regshulp-advokaat is in April verlede jaar aan hom toegewys, gevolg deur Mthembu in Oktober.

Die staatsaanklaer sal as Jansen van Vuuren se regsverteenwoordiger dien totdat die nuwe regsverteenwoordiger die leisels oorneem.

Dries en Kobus Venter, Andrea se pa en broer, het Dinsdag na afloop van die hofsaak aan Maroela Media gesê dat hulle uiters teleurgesteld is.

“Ons sal egter nie moed verloor nie, en glo geregtigheid sal geskied,” het ʼn moedelose Dries gesê.

Maroela Media het vroeër berig Jansen van Vuuren het verlede Dinsdag gevra om vir psigiatriese evaluasie gestuur te word.

Mthembu het aangevoer Jansen van Vuuren was onder die invloed van steroïde toe hy Andrea vermoor het. Die hof het dié versoek egter van die hand gewys en die verdediging was gereed om Dinsdag met die verhoor voort te gaan.

’n Paneel psigiaters het reeds in 2012 Jansen van Vuuren geestelik geëvalueer en bekend gemaak dat hy toerekeningsvatbaar was toe hy Andrea vermoor het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Brakkies ·

Stop om dit te vertraag. Aanvaar verantwoordelikheid vir jou dade en
Doen jou tyd in die tronk.punt..

Androclus ·

Nee wat hy moet sak vir die tronk,hyt tyd om te mors nou.

Annelize ·

Vertragings tegniek, dis al.

Oom Dries en familie, hou asb moed, hy kan nie verewig met sy kat en muis speletjies aanhou nie. Staan sterk!

Rooikopheks ·

Elke dag sit hy en lag in sy gedagtes agter daardie masker. Hy het geen reg om die saak te laat sloer nie. Dis tyd dat hy boet, en lewenslank is nie eers genoeg nie. Steroïde gebruik is geen verskoning nie.

Perdeby ·

Hy kan maar aanstel wie hy wil, dit is op video vasgelê hoe hy haar vermoor. Sit gaan hy sit.

ES ·

Toemaar julle, die regter is ook besig om moeg te raak hiervoor – hy gaan met die saak aangaan, of hy en sy regsverteenwoordiger reg is of nie.

james ·

oudste vertragings tegniek, laat hy maar foute begaan moet hom nie reghelp nie, die regter sal sy skoot inkry tydens vonnis opleging

Wondermaarnet ·

Ek wonder waar kry boetie die geld vir ‘n privaat regs verteenwoordiger.

Johan ·

Hulle moet sy pa aankla vir regsverydeling, dit was hy wat hom die land uit gesmokkel het gaan probeer “wegsteek” het in die buiteland. Sy pappa moet saam met hom in die beskuldigdebank staan!! Hoop hul albei ry deeglik aan die pen…….

Francois ·

Dit is raak dalk tyd dat wette verander word dat n beskuldigde slegs een keer van regsverteenwoordiger mag verander. As hy nie regsverteenwoirdiging kan bekostig nie, gee een keer n paar name uit n poel van geskikte verteenwoirdigers in die staat se diens, en dan moet hy/sy daarby bly. Verandering van regsverteenwoodigeers het n duur speletjie geword, geskep deur Zuma. En dis gewoonlik die mense wat verseker nie hulle eie geld gebruik om verteenwoordiging aan te stel nie, wat die speletjie die hardste speel en howe se tyd mors terwyl ander sake moet oorstaan.

Swerwer ·

Wonder of die man dink die ANC gaan hom enigsins begenadig wees as hy hul optredes so naboots.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.