Mpumalanga-munisipaliteit met miljoene beboet vir besoedeling

Foto bloot ter illustrasie (Foto: AfriForum)

Die Bethal-landdroshof het die Govan Mbeki-munisipaliteit in Mpumalanga ʼn boete van R200 miljoen rand opgelê vir die oortreding van omgewingswetgewing.

Die munisipaliteit is op ses aanklagte wat verband hou met die oortreding van omgewings- en waterwette skuldig bevind.

Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) is daar bevind die munisipaliteit het tussen November 2019 en September 2020 onwettige dade gepleeg wat aansienlike besoedeling van die omgewing veroorsaak het. Dit het verband gehou met die verwydering en verspreiding van rou en onbehandelde riool.

Die staat en munisipaliteit het ʼn pleit- en vonnisooreenkoms aangegaan. Adv. Beauty Cibangu, staatsaanklaer, het aan die hof gesê die munisipaliteit se aksies het ʼn nadelige uitwerking op ekologiese stelsels gehad wat burgers se reg op welstand beïnvloed het.

Ter versagting van vonnis het die munisipaliteit se regspan aangevoer die munisipaliteit het verantwoordelikheid vir sy dade geneem deur skuldig te pleit wat ʼn teken van berou is.

Die munisipaliteit is met R200 miljoen beboet waarvan R50 miljoen vir ʼn tydperk van vyf jaar opgeskort is op voorwaarde dat die munisipaliteit nie aan ʼn soortgelyke oortreding skuldig bevind word nie.

Die munisipaliteit is verder beveel om alle geïdentifiseerde toerusting teen Desember 2026 te herstel en teen 30 Mei 2025 weegbrûe by alle vullisterreine te installeer.

Die NVG het die vonnis verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Raadsman ·

Ek bly in Govan Mbeki area. Die munisipaliteit is meer as 2R bijoen in die rooi. Watter verskil gaan die R200m aan hulle maak?? Ons het nie eers meer straat ligte aan nie , die water is nie genoeg vir die area nie. Dreins is ‘n gemors en ek praat nie van die paaie nie.

Manie ·

Die staat beboet dus die staat met 200 Miljoen rand, plaas hulle beboet diegene verantwoordelik om vir ‘n jaar lank elke dag, naweke ingesluit onder toesig self die probleme reg te maak.

Johan ·

ongelukkig straf die hof nie die munisipaliteit nie maar die arme inwoners sal weer daarvoor moet opdok. die munisipale Bestuurder en stads-ingeneur moet hiervoor krimineel aangekla word

Republikein in die Wes Kaap ·

Die belastingbetalers daar sal betaal vir die dade. En die res sal steeds vir die ANC stem.

Aai ·

So hoe gaan dit die probleem oplos nou het hulle nog minder geld om iets te doen.

fafa ·

Hierdie pleitooreenkoms is belaglik- die Munisipailiteit moet boete aan Staat betaal uit fondse wat hulle uit Staatskas en inwoners verkry -die amptenary behoort behoort beboet te word ?? Die 200m kon eerder aangewend word om dienste te herstel -adv Beauty het nie mooi gedink nie….

Marius ·

Dis nou stupid.
Kla die mense in hulle persoon aan.
Nou straf hulle inwoners wat klaar nie dienste kry nie.
eish….

Shakespeare ·

Die ANC onbevoegde, korrupte useless amptenare is die besoedeling wat vervang moet word met eerlike, bevoegde en hardwerkende mense maar ek dink nie hulle het sulke kwaliteit mense noe.

Dries ·

Stem saam met Manie & Kie, die amptenare moet in hulle private hoedanigheid beboet word. Sinneloos om die reeds bankrot Munisipaliteit (m.a.w die inwoners) te beboet.

koos10 ·

Dis NOU tyd dat die howe die onbevoegdes uit hulle poste verwyder. Belasting geld moet gebruik word om boetes te betaal, terwyl die onbevoegde amptenare in hulle poste aanbly en salarise ontvang, en moontlik nog bietjie koedrankgeld ook nog kry.

Korrelkop ·

Pragtige boeteoplegging….. waar gaan DAAI geld vandaan kom? Never gonna happen!

Oom Charles ·

Mmmm
Die boete uit die belastingbetalers se sak
Dermiljoene rande net letterlik in die water- geld wat eintlik vir ordentlike diensverskaffing gebruik sou kon word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.