MRK gaan nou hof toe oor Malema

Julius Malema, leier van die EFF (Foto: EFF/Twitter)

Die Menseregtekommissie sê hy wil graag misverstande deur die EFF en sy leier Julius Malema, asook in sekere mediaberigte oor die stappe wat die MRK tot dusver gedoen het, regstel.

“Die bewerings deur die EFF en Malema dat die kommissie ongunstige bevindings teen hulle gemaak het, is verkeerd. Die kommissie het nie enige ondersoek uitgevoer nie en dus nie enige bevindings gemaak in die saak nie,” sê Wisani Baloyi, waarnemende woordvoerder van die MRK.

Die kommissie is by magte om te reageer op beweerde klagtes van haatspraak op twee maniere, naamlik om ʼn ondersoek van stapel te stuur of om ʼn hofsaak te bring.

“Weens die aard van sommige van die betrokke verklarings, het die kommissie bepaal dit is nodig dat dringende regstappe geneem word om ʼn dringende interdik te bekom. In hierdie verrigtinge moet die aansoeker ʼn prima facie-saak bewys en in daardie konteks moet die kommissie ʼn mening vorm of die vereistes voldoen aan die versoek vir ʼn dringende interdik.”

Die kommissie het daarna ʼn skrywe aan die EFF en Malema gerig om vir hulle die geleentheid te gee om die uitlatings terug te trek, om verskoning te vra en te onderneem dat só iets nie weer in die toekoms sal gebeur nie.

“Die verwagting was dat ʼn positiewe reaksie die behoefte aan ʼn dringende interdik in die hof sou uitskakel.”

Baloyi sê in die lig van die EFF en Malema se weiering om samewerking te gee, sal die kommissie nou ʼn dringende aansoek in die hof bring vir ʼn interdik. “As die kommissie ʼn ondersoek van stapel gestuur het, sou Malema die voordeel gehad het om te reageer op die bewerings, soos normaalweg gebeur wanneer ʼn besluit geneem word om ʼn beweerde menseregteskending te ondersoek. Die besluit om in die hof voort te gaan, eerder as om verder ondersoek in te stel, is geneem weens die kommissie se kommer vir dit wat blyk baie ernstige dreigemente van geweld te wees.”

Maroela Media het vroeër berig die EFF het te kenne gegee dat hy en sy leier nie om verskoning sal vra vir uitlatings wat volgens die Menseregtekommissie (MRK) op aanhitsing tot geweld en haatspraak neerkom nie.

Die MRK het sedert die saamtrek op 16 Oktober in Kaapstad verskeie klagte ontvang wat verband hou met Malema se uitlatings. Die VF Plus, TLU SA en AfriForum het onder meer klagte by die kommissie ingedien.

Die voorval het op 16 Oktober by die EFF se provinsiale vergadering in die Wes-Kaap plaasgevind. Malema het onder meer tydens die geleentheid gesê: “Julle moet nooit bang wees om dood te maak nie, ’n rewolusie vereis dat daar op een of ander punt doodgemaak moet word, want doodmaak is deel van ’n rewolusionêre daad.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Estelle ·

Mag hierdie hofaansoek tog net nie weer uitgestel word soos wat gereeld gebeur nie.

Pietertjie ·

Good luck. Afriforum en ander het ook al probeer. Malema se oom Zuma en wyle oom Bob het hom mooi geleer. En al kom daar iets van, die onderdane is reeds opgesweep, en vir al wat ons weet, gereed om tot aksie oor te gaan.

Suzette ·

Met alles in ag geneem het die onderdane reeds tot aksie oorgegaan.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hierdie perd het seker baie geraamtes in die kas wat hom kan sink.

Alta Alleman ·

10 teen een van ANC kaders . Dis waarom hy “untouchable” is.

Papsak ·

Moenie Asb hierdie saak uitstel of af stel nie maak voorbeeld van hom

Herpiet ·

Dis klaar in die hof getoets. Die regter kan weer in malema se guns uitspraak gee

almanie ·

Die Titanic het ook sterk gestaan, maar dit het ñ puntjie van ñ ysberg gevat om haar te laat sink.
Ek dink dit is moontlik…….daar is baie vrot plekkies in die Malema boot, dit kan die sink makliker maak.
My behoud in hierdie siek land van ons is om te bly gló dat die goeie die slegte gaan oorwin…..met God se hulp is niks onmoontlik nie.

Gideon ·

Mark my words….hier gaan NIKS van kom nie!!!Nes AL die ander sake teen hom!!

Jacobus ·

Almal is bang vir Malema, polisie, regters, magistrate, die president. Dit verbaas my heeltyd dat die media alles wat Malema sê of doen soveel aandag kry, wanneer jy ‘n grootbek of boelie ignoreer verdwyn hy met tyd.

annie ·

Het ‘n hof nie onlangs bevind Malema mag maar ‘Kill the Boer…’ sing nie? Hierdie sage is net ‘n opvolg. Die kanse is goed dat hy ook daarmee sal wegkom na ‘n lang ingewikkelde akademiese verduideliking uit navorsing van Ramases 2 van antieke Egipte nog voor die aankoms van die Israeliete. Miskien moet Malema verder studeer tov wat die Vader later in Egipte laat gebeur het toe Venus tydens haar geboorte die Aarde getref het sodat Israel kon vlug… Julius moet oppas vir die Hemelkommissie!

George ·

Aha, eintlik al wat jy moet weet van die MRK is “Die kommissie het nie enige ondersoek uitgevoer nie” dit weet ons al te goed.

Manie ·

Hy maak nou benoude spronge na die publikasie van Jacques Paauw se boek oor sy skelmstreke met die sigaret smokkelaar Mazotti. Wanneer kom sy vuurwapen saak weer voor? Hy moet op alle fronte aangevat word, hou hom besig en irriteer die rook uit hom.

Louis ·

Van wanneer af mag jy mense aanhits tot geweld en dan net gevra word om omverskoning te vra en dit nie weer te doen nie???

Andrew ·

Aanhouer wen een van die dae sien Malema en die EFF hul gatte

JohanR ·

Hoe lank nog gaan niks gebeur met Malema. Dit is soos ‘n oliphant in Kruger wat nagtelik verwoeting saai, wat doen moet gesoek word en uitgesit word sodat hy nie meer verwoesting kan saai nie. Die nou November 2022. Die saak sal eer November 2027 tot ‘n einde loop. By daai tyd het die MRK Malema nog ses keer hof toe gesleep op ander klagtes.

Karina ·

MalHema is blykbaar ontasbaar. Maak nie saak wat hy opper in die openbaar nie, hy kom weg met alles. Dink net wat hy in private geselsies opper.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.