Munisipale besteding ‘buite beheer’

Die enorme onreëlmatige verliese wat 170 Suid-Afrikaanse munisipaliteite gedurende die 2021-’22-boekjaar getoon het, was genoeg om twee hospitale te bou, die beurse van 40 000 NSFAS-studente te betaal en die hele “riooldam” buite Kimberley in die Noord-Kaap te herstel. Só het die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) Woensdag gesê.

Daar sou boonop nog geld oorgebly het wat vir ander noodsaaklikhede aangewend kon word.

Dit was egter helaas (en weereens) nie die geval nie.

Die IRV se opmerkings volg op ʼn onlangse voorlegging deur die ouditeur-generaal (OG) in die parlement, wat onthul het dat munisipaliteite gedurende dié finansiële jaar ʼn verlies van R5,2 miljard weens wanbestuur en korrupsie gely het.

Dié verliese, wat aan “materiële onreëlmatighede” (MI’s, material irregularities) toegeskryf word, is hoofsaaklik gely weens goedere en dienste waarvoor betaal, maar nooit ontvang is nie; onbillike en onmededingende praktyke; en die betaling van R1,6 miljard (of 35% van die munisipale finansiële personeel se loonrekening) aan konsultante om dieselfde werk te doen as wat aangestelde personeel reeds doen.

Die OG definieer hierdie sogenaamde MI’s as “finansiële (of moontlike finansiële) verliese of beduidende skade (of moontlike skade) aan openbare instellings of die breër publiek, weens die nienakoming of oortreding van wetgewing, bedrog, diefstal of die verbreking van ʼn fidusiêre plig wat tydens ʼn oudit deur die OG geïdentifiseer is”.

In die jongste verslag is 268 van dié MI’s tydens ʼn ouditproses in die 2021-’22-boekjaar aangemeld, waarvan 194 MI’s tot die verlies van die vermelde R5,2 miljard bygedra het.

Die MI’s in die jongste verslag is ook heelwat meer as die 185 MI’s wat in die 2020-’21-boekjaar aangemeld is, en die 96 MI’s wat in die 2019-’20-boekjaar aangemeld is.

Hoewel daar meer oudits (170 in 2021-’22 teenoor 94 in 2020-’21) as vroeër jare gedoen is, dui dit steeds daarop dat wanbestuur en korrupsie skerp toeneem en dat munisipale besteding buite beheer is.

Organisasies is ook bekommerd dat nog net 21% van die 268 MI’s teen November 2023 opgelos was, terwyl stappe deur die betrokke munisipaliteite nog net tot die verhaal van R182,75 miljoen in finansiële verliese gelei het.

Luidens die verslag het munisipaliteite darem teen November stappe gedoen om verliese van R18,85 miljoen te voorkom, terwyl prosesse voortduur om nog R310,16 miljoen se verliese te verhaal.

Sou laasgenoemde suksesvol wees, het meer as R4,4 miljard na raming steeds verlore gegaan.

‘Regering kan besteding nie beheer’

Die IRV sê dit is duidelik dat die regering eenvoudig geen beheer oor sy besteding het nie.

“Die OG se jongste opmerkings bevestig die IRV se standpunt dat die regering beheer oor sy inkomste verloor het, en verplig moet word om dissipline uit te oefen om minder finansiële hulpbronne te gebruik om behoorlike dienste te kan lewer.”

Die IRV is ook bekommerd oor die 29 gevalle in die OG se voorlegging waar MI’s tot die besoedeling van waterbronne gelei het, asook die swak bestuur van stortingsterreine.

“Verder merk die OG op dat hierdie wesenlike onreëlmatighede, hoewel baie, slegs verteenwoordigend is van die steekproefmunisipaliteite van sowat 170 uit die totale 257 munisipaliteite landwyd.”

Die IRV sê voorts Nasionale Tesourie behoort gehoor te gee aan die IRV se oproep om BTW van 15% na 11,5% te verlaag.

Volgens dié instituut sal dit die regering dwing om meer gedissiplineerd met sy fondse om te gaan, deur minder hulpbronne tot sy beskikking te stel. Dit sal ook buitensporige finansiële druk op lede van die publiek verlig. Sodoende sal mense meer vryheid hê om hul geld te spandeer soos hulle wil.

“Dit sal groei stimuleer deur verbruikersbesteding te verhoog en pryse van goedere en dienste af te dryf. Groei sal ook plaasvind waar die regering staatsfinansies bekwaam bestuur, verliese (weens vrugtelose en verkwistende uitgawes) tot die minimum beperk en die maksimum waarde vir hul geld kry wanneer hulle goedere of dienste aankoop.”

Statistieke weerspreek presidentspraatjies by Sona

Die Vryheidsfront Plus sê hoewel die OG munisipaliteite herhaaldelik aangemaan het om regstellende stappe te doen, is nog weinig gedoen om verliese in te vorder.

“Dit is in skerp teenstelling met pres. Cyril Ramaphosa se stellings Donderdagaand [tydens sy staatsrede] oor die sogenaamde suksesse van die ANC-regering se distriksontwikkelingsmodel (DDM), wat skynbaar ten doel het om munisipale dienslewering te verbeter,” het Michal Groenewald, die VF Plus se woordvoerder oor samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), gesê.

“Meer as R100 miljoen is al bestee aan die beplanning van hierdie model sonder enige noemenswaardige resultate. Indien verder in ag geneem word dat Cogta én provinsiale regerings oor wydlopende magte beskik om munisipaliteite tot orde te roep, is dit duidelik dat daar geen politieke wil in ANC-geleide regerings bestaan om die korrupsie en wanbestuur hok te slaan nie.

“Die ANC-kultuur van wetteloosheid en die stroping van openbare hulpbronne is eenvoudig te diep ingewortel op alle regeringsvlakke.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Marius ·

Wel ek reken dit is beslis nie al wat buite beheer is nie, alles is buite beheer in die land.

Dankie anc.

electricmango ·

Die oukies sukkel om n kar te bestuur wat nog van n munisipaliteit…. niemand in die hele wereld verwag dat julle dit kan doen nie dis oraait om te misluk vra maar vir zuma en die guptas..

Spyker ·

Die feit dat daar nog geen persoon tot orde geroep, ondersoek, aangekla of aangespreek is nie, is duidelik n bewys dat nie een van die departemente instaat, onbevoeg en deurdrenk is met skelms.
Dit is geneties vasgelê en genetika kan nie in n duisend jaar verander word nie.

Jacobus ·

Twee items wat die afgelope weke tersprake gekom het nl. ons ekskursie na die DRK en ons belaglike IGH intervensie kon die kostes gedek het. De laaste ontplooide Kader ry met sy Audi of 4×4 en daai belaglike antie van COGT wat reken dat ons krag probleem nie so erg is nie is ‘n sprekende voorbeeld van onkunde oor die vernietiging van plaaslike infrastruktuur.

Jacobus ·

Twee items wat die afgelope weke tersprake gekom het nl. ons ekskursie na die DRK en ons belaglike IGH intervensie kon die kostes gedek het. De laaste ontplooide Kader ry met sy Audi of 4×4 en daai belaglike antie van COGTA wat reken dat ons krag probleem nie so erg is nie is ‘n sprekende voorbeeld van onkunde oor die vernietiging van plaaslike infrastruktuur.

Marous ·

Aankoper van raad het 3 verdieping huis in sekuriteits kompleks en besit voertuie va by R8 miljoen ! Dit terwyl die dorp ‘n hool is en rou riool die strate vol le . Skelms !!!!!

Jacobus ·

Die hamas terroriste in Israel kon darem honderde kilometers se tonnels wys met al die dollers wat die wereld aan hulle geskenk het. Die anc terroriste het net n geplunderde land en hongersnood vir sy mense om te wys met al die miljarde dollers wat gebedel is by die weste.

Papsak ·

Dit is iets om van te kots niks is meer oraait nie dankie ANC julle agterlosigheid !!!!!!!

Karoo ·

Dis soos ‘n koshuis kind in’ n lekker winkel… vergryf homself, want…. as ek dit nie vat nie, dan gaan jy.

Aggie ·

Wat my dronkslaan is die groot aantal kommentators wat die anc bedank vir al die korrupsie???

Cassie Carstens ·

Die ANC se hande is steeds in die laaie, so hulle kan nie bekostig om die langvingers op muniupale vlak te dissiplineer nie, want dan verloor hulle stemme. Hulle besef nie eens dat dit hulle eie mense is wat te na gekom word nie.

Elméne ·

Cassie, ek stem 100% met jou saam. Hoe kan die munisipliteite aangespreek word as hul die voorbeeld van hul “piesang regering” kry, en soos jy tereg sê: anc narre “regering” kan nie WAAG om vingers te wys nie, want HULLE hulle is die GROOTSTE KRIMINELE!!

Johan ·

ANC Circular ” Tax them to the utmost,, this will enable us to continue the struggle.”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.