Die N2 is op twee plekke, onderskeidelik in die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal, gedeeltelik gesluit weens twee ongelukke wat vroeg Dinsdagoggend plaasgevind het.
Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, sê ʼn voetganger is raakgery op die N2 in die rigting van Kaapstad tussen Somerset-Wes en die R300 net voor Mew Way. Die voetganger het in die ongeluk gesterf.
“Die linkerbaan is tans gesluit. Ons vra motoriste om asseblief maar net geduldig te wees. Ons sal die ongelukstoneel so gou moontlik probeer opklaar,” sê Africa.
Intussen is die N2-Noord naby Ballito in KwaZulu-Natal ook gedeeltelik gesluit ná ʼn ongeluk waarby vier voertuie betrokke was. Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, sê die linkerbaan en noodbaan is tans vir verkeer gesluit.
Dit is nog nie duidelik of enigiemand in die ongeluk beseer is nie.
Die N2 tussen Somerset Wes en Kaapstad is maar ‘n risiko met al die opslaanhuise so langs die pad. Mens en dier loop waar en wanner hulle wil. Jy, as motoris moet ekstra versigtig wees, moet dan nog uitkyk vir die klippe wat so van nerens heen op jou motor te lande kan kom. Nou is die persoon wat die voetganger raakgery het, ook seker nog aangekla vir roekelose en nalatige bestuur alhoewel hy doodonskuldig was.