Nege in groot ongeluk beseer

Twee minibustaxi’s en drie motors was in die ongeluk betrokke. (Foto: Verskaf)

Nege mense is Maandagmiddag in Vanderbijlpark in Gauteng beseer toe twee minibustaxi’s en drie motors teen mekaar gebots het.

Hoewel die reuse-ongeluk by ʼn besige kruising in die gebied plaasgevind het, is geen ernstige beserings of sterftes aangeteken nie.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici is om 12:00 na die toneel ontbied waar hulle die motors en talle mense in die middel van die pad aangetref het.

“Een van die mans was in ʼn motor vasgekeer wat tussen die twee minibustaxi’s ingewig was. Reddingswerkers moes gespesialiseerde toerusting gebruik om die man uit die motor te bevry,” sê hy.

Die man het matige beserings opgedoen.

Die ander agt beseerdes het slegs geringe tot matige beserings opgedoen.

Die beseerdes is op die toneel behandel voordat ʼn paar van hulle na plaaslike hospitale geneem is vir behandeling.

Plaaslike owerhede was op die toneel en ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marius ·

Land van geen wet en orde dis hoekom die stert swaai die hond rond

Waarnemer ·

Ja nee kyk,solank as wat daar n taxi op die pad is sal daar iewers n botsing plaas vind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.