Netcare-helikopter val, vyf sterf

Netcare 911-helikopter. Foto: Netcare 911

ʼn Netcare-helikopter het Donderdagmiddag in die Bergville-omgewing in KwaZulu-Natal neergestort.

Craig Grindell, besturende direkteur van Netcare 911, het bevestig al die insittendes van die helikopter, onder wie die vlieënier en vier mediese personeel, het tydens die ongeluk gesterf. Die oorsaak van die ongeluk is in hierdie stadium nog nie bekend nie.

“Ons is geskok oor die tragiese verlies van hierdie helde,” sê Richard Friedland, hoof- uitvoerende beampte van Netcare.

Netcare het sy medelye met die oorledenes se familie en vriende betuig.

“Almal by Netcare word stil en buig ons hoofde in respek, liefde en herinnering aan ons geliefde kollegas wat in die ongeluk omgekom het,” sê Friedland.

Kaptein Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat beamptes tans op die toneel is om ondersoek na die ongeluk in te stel.

Meer inligting sal later bekend gemaak word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Samuel ·

Wat sê ‘n mens oor so ‘n voorval? Dit is tragies. Simpatie met die families van die oorledenes. Gelukkig dat daar nie pasiënte aanboord was nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.