Niehaus gaan nou ook OB nader namens ANC-werkers 

Carl Niehaus.
(Argieffoto: Karen Sandison/African News Agency)

Carl Niehaus, wat verlede maand deur die ANC in die pad gesteek is, wil nou die Openbare Beskermer (OB) nader oor die ANC se “diefstal” van werknemers se werkgewersbydraes.

Niehaus het kort na sy afdanking klagte van bedrog, diefstal en korrupsie teen ANC-hooggeplaastes by die Johannesburg-Sentraal-polisiestasie ingedien.

Die klagtes is namens ANC-werknemers ingedien wat ontevrede is oor die R100 miljoen wat glo oor die jare uit hul salarisse in die vorm van werkgewersbydraes “gesteel” is.

Volgens Niehaus sal hy nou ook die OB versoek om ondersoek in te stel. “Dit is ernstig en kommerwekkend dat die betrokke regeringsinstansies nog nie aandag aan die kwessie gegee het van die ANC wat vir ’n lang tydperk aftrekkings van werknemers se salarisse gemaak het, maar dit nie aan die betrokke instellings oorbetaal het nie.

“Dit is ondenkbaar dat hierdie regeringsinstansies nie bewus was van sulke kriminele dade deur die ANC nie.”

Niehaus sal Maandag die klag by die OB se kantoor in Pretoria indien. “Die media sal ook op hoogte gebring word van die vordering rakende die strafregtelike saak teen die ANC, wat noukeurig deur die Valke dopgehou word en as ’n saak van prioriteit hanteer word.”

Werkers by ANC-kantore landwyd het in Augustus vanjaar aangedui hulle gaan weens onbetaalde salarisse staak.

Dié werkers het in Junie al betoog oor die benarde situasie waarin hulle hul bevind en hul uitstaande Mei-salarisse is destyds ná die betoging betaal.

Die ANC se kontantvloeiprobleme en stakings deur sy werknemers weens agterstallige rekeninge het dié party verder genoop om op 12 Augustus ʼn skarehulpfonds te stig om geld in te samel.

Die ANC pak die skuld vir sy “kontantvloeiprobleme” onder meer op die algemene ekonomiese situasie, die inwerkingstelling van die Wet op die Finansiering van Politieke Partye, asook ʼn dringende behoefte om die ANC se operasionele en finansieringsmodelle te moderniseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

JoHines ·

Ag shame, nou byt die hond die hand wat hom al die jare gevoed het.

Lourens CFG ·

Wel, hy het mooi geleer by sy boeties, én, die hand wat jou voed, is die naaste om te byt.

Sarel ·

Ag ouman…jy het al die jare net do lekker geskep
Tyd dat jy ook maar net jiu goed vat en stil stil
Verdwyn

Johanncb ·

Hoekom sluit Mnr Niehaus nie by die DA of VF+ aan die? Dit is ‘n veel makliker uitweg!

tweeling ·

Kan ook maar net nie van sy aandag sindroom afsien nie, word groot man

Pieter9 ·

Soos seker baie ander gelowiges het ek al, seker 10 Jr gelede begin bid dat die Here sal ingryp dat ons ‘n verteenwoordigende regering sal kry. Mens het toe al begin dink wat ons kan doen om die ANC uit die kussings te lug. Dit is toe dat daar’ n stem in my opkom wat se “dit is nie jou geveg nie, sal met hulle maak soos met Israel se vyande, hulle sal hulself vernietig”. En dit is waarlik besig om voor ons oe te gebeur. Die Here se tyd ons nie ons tyd nie, die ANC is in groot moeilikheid.

piper ·

hoekom het hy nie al jare terug die saak geopper nie? hy was toe te diep in hulle agterente ingekruip en toe niks daarmee verkeerd gesien nie. nou skielik wil hy hulle aanvat. siestog.

Shakespeare ·

Dit vat nogal guts om die hand wat jou voed aan te vat.

Casper ·

Carelkie wat nou my maat.Nou dat die hand wat jou gevoed het jou nie meer nodig het nie nou jaag hulle jou sommer weg ag same.Begin maar jou eie strugle Careltjie.

Sarel ·

Ky was mos deel daarvan vir baie jare…nou kla jy
en jou Pal Zuma…laat die OB ook jou
Oorlogsverklaring teen SA ondersoek

Christoffel ·

Meng met semels dan vreet die varke jou ” ou veteraan”

Piet ·

Mooi só carel jy het het jou knap gedra!!!!Daar steek jou swart vriende jou in die rug!!!Jy is pateties verby!!!!Gaan trek sommer by jz in by nkandla!!!!

Lood ·

Kan Maroela nie ophou om hierdie NUL mediadekking te gee nie?

annie ·

Carl kan gerus nou sy eie party stig en dit die Only Me Party noem.

Hondjie ·

Ag my liewenste hel….jys soos n deurmekaar ding wat ni weet water rigting nie.n maand terug wil jy oorlog verklaar en dit jou ni gepla ni en nou pla dit jo ?

Pablo ·

Hy het al die jare van die bedrog geweet maar niks gedoen nie. Noudat hy sonder n “haus” is begin hy te blaf “nie haus, nie haus” ek dink hy moet n nuwe bril kry.

KB ·

Hy herhinder sterk aan die eenkant-seuntjie wat nie maatjies gehad het nie, en toe die eerste boelie verbyloop, toe haak hy in.
Ag shame, siestog, die arme kind.

Jr ·

Maar nog steeds is hy die klein chiwauwau wat skuil agter die groot hond bully se been en blaf as of hy in beheer is en die sterkste hond is

Yvonne ·

Sjoe….lekker is toe nie meer so lekker nie….nou wil hy eers iets daaromtrent doen….en al die ander tye het hy saam gespeel….vertrou hom net so min

Nie Verbaas ·

Niehaus laat mens onwillekeurig dink aan n radio wat afgeskakel is maar nie wil ophou speel nie.

Perdeby ·

Ek hou nie van die man nie, maar iemand staan ten minste op vir die ANC werkers wat geen salaris ontvang nie en ja dit is eintlik diefstal omdat hulle geld verhaal en dit nie oorbetaal aan die instansie nie. Indien ‘n werkgewer nie jou belasting oorbetaal nie word die betrokke werknemers daarvoor verantwoordelik gehou.

Martie Smartie ·

Ag vader tog. Kry n kamer by nkandla. Eks seker hulle sal jou die oorblyfsels in die pappot laat uiteet saans

Lubbe ·

Lekker gooi hy nou ‘n tantrum…..dit pas my. Hy probeer jou maaitjie Zuma se taktiek hier maar dit gaan ongelukkig nie vir jou werk nie. Jy het jou bed by hulle op gemaak, so slaap nou mar in hom.

SomeOne ·

carel ou “maat”, jy het by die “bestes” geleer, stig jou eie vertroosting party, jy sal dalk gelukkig wees indien daar 100 van “our people” jou sal onderste bo steun

“dr” niewehuis confuse party

Peach ·

Viva kameraad Charl Niehaus……. hou aan om die goeie stryd te stry dapper kryger vd massas.

Casper ·

Neushuis jy praat van kriminele dade wat deur die ANC gepleeg is,wat se walglike afskuwelike dade het jy gepleeg teen onskuldige mense met die landmyne wat jy geplant het en laat plant het.Nou spoeg hulle net jou hare uit want die is bitter.

Dup ·

Kaal Niehaus sal enigiets doen om aandag te trek.Hy verstaan nie dat hy lankal reeds verby sy “sell by” datum is nie.Sy party het hom fyngekou en uitgespoeg.Miskien kan hy as ambassadeur van Kurdistan aangestel word.

Prikkie ·

Mense, julle moet verstaan, Carel het NIKS anders om die aandag op hom te vestig nie.

Johan ·

Dankie,Maroela,dit was lekker pret met 2x afgeleefde sirkus narre….

Bert ·

Soos ons Ingelse sê “there is no-one more virtuous than a reformed prostitute”…

Maar, laat waai Boet! Better late than never!
.!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.