Nog een vas wat by Mt. Frere ontsnap

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Nog ʼn gevangene wat verlede week saam met 11 ander uit die aanhoudingselle van die Mt. Frere-polisiestasie in die Oos-Kaap ontsnap het, is Sondag aangekeer en terug in die tronk.

Altesame 12 gevangenes het Donderdag in die vroeë oggendure deur ʼn gat in die muur van een van die selle ontsnap.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê een van die mans, Ayanda Madzikane, is Sondag by sy huis op Mt. Frere in hegtenis geneem. Hy was verhoorafwagtend op ʼn aanklag van roof met verswarende omstandighede ten tyde van die ontsnapping.

Twee van die ander voortvlugtendes is reeds opgespoor en aangekeer.

“Nkosikhona Ngcopheni, wat aangekla is van diefstal, is Vrydag ook by sy huis in Nkungwini in Mt. Frere aangetref, terwyl Sodlana Luphumzo dieselfde middag by Bislan in hegtenis geneem is. Luphumzo staan tereg op ʼn aanklag van huisbraak.”

Die oorblywende gevangenes is glo gevaarlik en moenie genader word nie. Die soektog na die ander voortvlugtendes duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Di ·

Ontsnap en vlug dan na hulle huise toe. Dis die 1ste plek waar hulle jou gaan soek, rerig!

Hennie J ·

So ploeter our people voort. Kaders laat pelle ontsnap; regte polisie moet hulle soek; as jy slim genoeg is om sonder hulp van binne te ontsnap, sal jy slim genoeg wees om nie by die huis te gaan wegkruipertjie speel nie.; die useless kaders wat hulle laat ontsnap het word nie ondersoek nie want diegene wat hulle moet ondersoek het meer geraamtes in die kas. VIVA PIESANGLAND!!

Owlie ·

Hoe is dit moontlik dat mense steeds dink gevangenis ontsnap – miskien een of twee maar beslis nie so baie so aanhoudend nie Dis mos voor die hand liggend dat hulle gehelp word om uit te kom en weg te kom – REGTIG ONTSNAP GHA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.