Nóg hoës vas in VBS-skandaal

(Foto: GULSHAN KHAN/AFP)

ʼn Voormalige munisipale bestuurder van die Elias Motsoaledi- plaaslike munispaliteit en die voormalige burgemeester van dié munisipaliteit is Woensdag op Groblersdal in Limpopo in hegtenis geneem as deel van ʼn voortgaande ondersoek deur die Valke na onwettige beleggings deur munisipaliteite in die nou geslote VBS Mutual Bank. Die voormalige burgemeester is tans die burgemeester van die Sekhukhune-distriksmunisipaliteit.

Die twee sou kort ná hul inhegtenisneming op verskeie aanklagte van korrupsie, geldwassery en die oortreding van die Munisipale Finansiële Bestuurswet asook die Bankwet in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn.

Hul inhegtenisneming spruit ʼn voortgaande ondersoek deur die Valke ná verskeie munispaliteite se betrokkenheid by die onregmatige belegging van miljarde rande se staatsgeld by VBS Mutual Bank, wat sedertdien gelikwideer is.

Daar is destyds bevind dat die Elias Motsoaledi- plaaslike munisipaliteit R190 miljoen onregmatig by VBS belê het, en dat die beleggings – saam met dié van verskeie ander munispaliteite – ʼn skending van die bepalings van die Wet op die Bestuur van Munisipale Finansies was.

Kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, sê die voormalige bestuurder was glo “instrumenteel” in die R190 miljoen-belegging, waarin die voormalige burgemeester glo meer as R300 000 se voordele ontvang het, insluitend kontant, verblyf en vliegkaartjies. Dit is glo gekanaliseer deur ʼn maatskappy wat aan haar kinders behoort.

Action SA het die verdagtes se inhegtenisneming verwelkom en gesê dat dit beslis “hoop onder inwoners van Limpopo in die regstel sal herstel”, veral kwesbare slagoffers wat hul pensioen weens die plunderaars se optrede verloor het.

“Ondanks die ANC se voortgesette pogings om hoë amptenare te beskerm, vertrou ons dat die verdagtes hul dag in die hof sal kry om verantwoording vir hul aandeel in die skandaal te doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Harley Davidson ·

Nou vang hulle die klein vissies en die groot visse met rooi oorpakke kom weer skotvry soos gewoonlik.

Anel ·

En wat van die hoof verdagte? Of is hy hier ook onaantasbaar?

Nico ·

Gaan hulle ooit die geld wat gevat is kan terug betaal, die howe sal niks aan hulle doen nie.

Nie Verbaas ·

Nog hoës vas? Nou wanneer kom hulle uit by die laer groepie soos byvoorbeeld Malema?

Di ·

Wanneer word Malema en Brian Shivambo ook in hegte nis geneem? Hulle het OOK aandeel hierin gehad. O jammer, vergeet die skelm rassiste is “untouchable”

Cibie ·

Dis baie snaaks, ons hoor heeldag van kaders wat gearresteer is en in die hof verskyn het, maar het nog nie gehoor van iemand wat in oranje oorpakke is nie. Is hierdie aksies nie maar net weer ‘n manier om ons te laat dink daar word iets gedoen?

Frederik C ·

Hoop die Valke wil AfriStrat ook ondersoek. Hulle het ook ‘n hele klomp pensioenarisse in bedelaars verander.

Mellivora ·

Sal graag wil weet hoekom die JSE nie stappe teen hulle neem nie, of het hulle geen veranwoordelikhede teenoor beleggers nie?

minnie muis ·

wat van die joker , na laas jaar se oproer en hy wat massas aangemoedig het, en boonop sy aandeel in vbs, en hy hardloop nog seets vry …… hoekom ?

Lillian ·

Vaderland, hoeveel geld was daaar in daai bank? Maar so kry almal borg en niemand sit agter tralies nie.

Yvonne ·

Ek hou nie my asem op nie…..die regstelsel is vir hulle soos n hond sonder tande…..ek hoop iemand bewys my verkeerd asb!!!!!

SjN ·

Lekker tjo tjo geld gekry, plaas betaal hul die skuld, nou doen hul beleggings, viva anc.

Danie ·

Die gesloer van optrede is duidelik in die regstelsel n saak word nie met mening aangevat en afgehandel nie.Dit sterf n natuurlike dood.

marius ·

In hierdie hool is niemand wat hoog vlieg vas nie . Daar word woer woer met die patetiese regstelsel gespeel . Die hele spul van bo tot onder is soos spaghetti inmekaar gevleg . Al die komissies en ondersoeke is rookskerms om net verder hul kloue in hardverdiende belasting geld te slaan . Dis die waarheid .

SwartBees ·

Wanneer gaan die Floyds en die Juliusse vas getrek word? Of gaan hulle maar heeltyd net die laag hangende vrugte pluk?

Jerry ·

LEWER VBS BANK BESTUUR UIT AAN DIE PUBLIEK. SEKER DIE VERLOORDERS WIL N PAAR VRAE VRA.

Christo ·

Waar is Juju en sy gabba? Tyd dat hulle bietjie tronk toe. Hulle altwee kan dan Pauw se nuwe boek lees agter tralies, of as hulle nie self kan lees nie(en ek dink dis die geval) kan een van die bewaarders dit vir hulle doen.

JohanR ·

Shamila Batohi – On 4 December 2018, she was appointed national director of public prosecutions by President Cyril Ramaphosa, and assumed the office on 1 February 2019. 1 February 2023 sal sy 4 jaar in bevel wees. Wat het sy in amper 4 jaar bereik? Wie is tronk toe? Soe paar lightweights, maar geen van die ANC of EFF.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.