Nog inhegtenisnemings in Thabo Bester-saak

Die Porsche Cayenne waarop beslag gelê is (Foto: Verskaf)

ʼn 44-jarige man sal na verwagting vandag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn in verband met die Thabo Bester-sage.

Die verdagte, wat Dinsdag in hegtenis geneem is, is ’n werknemer van ʼn maatskappy wat gekontrakteer is om kameras by die Mangaung-maksimumveiligheidsgevangenis te installeer en in stand hou. Die verdagte sal tereg staan op aanklag dat hy hulp aan ’n veroordeelde gevangene verleen het om uit wettige aanhouding te ontsnap, regsverydeling sowel as die skending van ’n lyk.

Volgens brig. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, is daar intussen in Lichtenburg, Noordwes, op ʼn wit Porsche Cayenne beslag gelê wat glo aan dr. Nandipha Magudumana behoort. ʼn 28-jarige bestuurder is ook in die verband in polisie-aanhouding vir ondervraging.

Bester, Magudumana en ʼn Mosambiekse burger is verlede week in Tanzanië vasgetrek. Bester was sedert Mei verlede jaar op vrye voet nadat hy sy dood vervals en uit die maksimumveiligheidsgevangenis in Bloemfontein ontsnap het.

Genl. Fannie Masemola, nasionale polisiekommissaris, het gesê die net span al stywer vir diegene wat Bester help ontsnap het.

“Enigiemand wat by hierdie saak betrokke is, word gewaarsku om hulself aan die owerhede oor te gee. Óf hulle gee hulself oor óf ons gaan haal hulle self,” het Masemola gesê.

Zolile Sekeleni (65), Magudumana se pa, en Senohe Matsoara (39), ʼn voormalige bewaarder by die Mangaung-maksimumveiligheidsgevangenis, het Dinsdag vlugtig in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn vir hulle beweerde betrokkenheid by die saak.

Aanklagte van moord, dwarsboming van die gereg en medepligtigheid staar die twee beskuldigdes in die gesig. Sekeleni staan ook tereg op aanklagte van bedrog, terwyl Matsoara van brandstigting verdink word.

Die saak is tot 17 April uitgestel wanneer Sekeleni en Matsoara aansoek om borgtog kan doen.

Die tydlyn van gebeure na Bester se ontsnapping wys dat regeringsamptenare al maande lank geweet het dat Bester op vrye voet is en nie in sy sel doodgebrand het soos voorheen aangevoer is nie.

Dié onthullings is Woensdag gedoen tydens ʼn sitting van die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie waarin die omstandighede rakende Bester se ontsnapping bespreek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Jaco ·

Nou net op ander media gehoor onbevestigde berig maar alle indikasies is hulle is terug in Suid Afrika

Johanna ·

Nou skrik almal wakker. Hulle almal het mos geweet van die skelmstreek.

Wondermaarnet ·

Geld het gepraat daarom het die mense wat geweet het stilgebly anders droog hul geldkraan op.

Shakespeare ·

Bonny and Clyde. Waar kry hulle al hul biljoene vandaan ? Sal nie verbaas wees as dit strek tot by die kabinet nie.

Marthinus Johannes ·

Hoekom nou eers begin aksie vat as hulle al maande lank al weet of steek hulle iets weg. Net toe dit op die lappe kom en onder die publiek se aandag toe word daar aksie genoem. SLANG in die gras.

Watsenaam ·

Ja, ek stem alles wat die land skade aandoen, en die land se beeld na buite verwoes is moontlik.

TruthDealer ·

Wat IS dit aan hierdie Thabo Bester mansmens dat so baie mense oor hul voete geval het om hom te help? En Nandipha haar suksesvolle wonderlike leefstyl, kinders en toekoms weggegooi het? Kan dit regtig net gaan oor finansiële vergoeding? Wat is so kosbaar en spesiaal aan hierdie verkragter en moordenaar? He has to be The most supernaturally persuasive person in human history, seeming almost capable of actual mind control. I know in SA bribery is natural as breathing. But Nandipha? I will never be able to comprehend her reasons.

SjN ·

Volgens ander nuus brokkies het die korrektiewe kader minister geweet van die voorval en niks gedoen nie?

Perdeby ·

Sy is ‘n doodgewone Dr wat so luuks leef, daar moes al lankal vrae gevra geword het. Hoe betaal sy al daardie eiendom en voertuie?? Van Bester se scam geld???

Korrelkop ·

Lichtenburg van alle plekke, hoe verwaand! So reg onder die boere se neuse

gpsa ·

Dan is die regerings amptenare wat daarvan geweet het medepligtig.

Amelia ·

Hoe veel het die regergns amptenare gekry en waar kom die 2 se geld vandaan of wat weet hul v amptenare hier is meer aan die gang as wat ons dink

Di ·

Daar is BAIE persone betrokke hierby waarvan sekeres skynbaar in baie hoë poste sit asook persone in die Politieke arena. “Geld wat stom is maak reg wat krom is” Daar is NIKS in die land wat GELD nie kan koop OF doen nie

Amelia ·

Ai sien kommentaar nie goedgekeur ai kom stel dit so die mense het geld Wat hul waarvandaan af kry porsch huis van 12 miljoen glo ook seker paar mense omgekoop ens vraag waar kom geldjies vandaan en aangesien n van ministers geweet het hy ontsnap en niks gese nie laat mens wonder

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.