Nóg ʼn brand in Johannesburg

(Foto: Yusuf Abramjee/Twitter)

ʼn Brand het Dinsdagmiddag in Braamfontein, Johannesburg uitgebreek ná ʼn gaspyp vermoedelik ontplof het.

Mgcini Tshwaku, LUR vir openbare veiligheid, het gesê die brand is onder beheer gebring en die Egoli Gas-pype is geïsoleer.

Die voorval het op die hoek van Bertha- en De Kortestrate by die South Point-gebou plaasgevind. Geen beserings is aangemeld nie.

Die oorsaak van die brand is nog nie amptelik bevestig nie.

Dit volg ná ‘n brand verlede week Donderdag wat ʼn vyfverdiepinggebou in Johannesburg verswelg en die lewe van minstens 74 mense, onder wie 12 kinders, geëis het. Nog 61 mense is beseer en na verskeie hospitale vir behandeling geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Waarnemer ·

Dit klink wragtig net te toevallig,die derde brand/ontploffung binne n bestek van n maand-dut spel vir my SABOTASIE!!!

Waarnemer ·

Baie toevallig….eers n hele straat in Jhb wat onyplof,dan n 5 verdieping gebou wagt brand en nou wweer n “gas” ontploffing- ek ruik n rot.

TrueMan ·

As jou teorie waar is, waarom is Kaapstad, die pienk hoofstad, nie al lankal vernietig nie

Harley Davidson ·

Die onvermoë om die krag krisis te hanteer gaan nog baie brande veroorsaak.

Vonkprop ·

Apartheid jaag nou baie aan daar in die middestad. Hy sal moet padgee en baie vinnig. So stouter.

ES ·

Klink vir my Johannesburg is een groot gas bom. Bly maar liewer weg…

Bolandse Nooi ·

“Egoli/Johannesburg goes up in flames” … eers die metaangas ontploffing in Breë Street, toe die 5-verdieping “gekaapte” gebou wat op die grond afbrand en nou hierdie? G’n wonder die Gautengers vlug almal Wes-Kaap toe nie! “It’s getting dangerous there!”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.