Nóg ’n klagte by MRK teen Malema ingedien

Julius Malema in die Wes-Kaap. (Foto: EFF/Twitter)

TLU SA wil ook nou hul stem dik maak oor Julius Malema se deurlopende oproepe tot geweldpleging en opstoking van rassehaat deur ’n formele klag by die Menseregtekommissie (MRK) in te dien vir die aanhitsing van geweld en haatspraak.

Die klag is gegrond op Malema se jongste uitlatings tydens ʼn EFF-saamtrek in die Wes-Kaap, waar hy lede van die party onder meer aangesê het om “nie bang te wees om dood te maak” as dit kom by interaksies met “rassistiese wit mense” nie.

Die VF Plus en AfriForum het reeds hieroor ’n klag by die MRK ingedien.

Hulle eis dat Malema se jongste uitlatings ondersoek word en dat die kommissie standpunt inneem en teen die gewelddadige retoriek optree.

“Julius Malema se dreigemente om te moor, is onaanvaarbaar en bedreig die stabiliteit van die land. Suid-Afrika, en spesifiek die regering, staan nou voor een van die strengste toetse vir geloofwaardigheid en vrede in hul hantering van die situasie,” sê Henry Geldenhuys, president van TLU SA.

Volgens Geldenhuys is dit heeltemal onaanvaarbaar dat ’n persoon blatant en in die openbaar ’n aanval teen die burgers van die land kan loods.

“Die feit dat hy ’n sittende parlementslid is, moet as verswarende omstandighede geld en die president, mnr. Ramaphosa, moet standpunt inneem en optree teen hierdie openlike dreigemente. Die staat moet enige moontlike middel gebruik om gedrag en opmerkings soos hierdie te beëindig.

“Dit is onmoontlik om stabiliteit in Suid-Afrika te skep wanneer die regering slegs ’n persverklaring vrystel in reaksie op hierdie gedrag. Dit is nie genoeg nie. Mnr. Malema het homself herhaaldelik bewys as een van die belangrikste destabiliserende faktore vir wet en orde, sowel as verhoudings in die land.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

MakersMark ·

Dis presies wat hy wil hê. VF Plus en Afriforum speel presies in sy hand. Plaas van hom ignoreer gee hul alewige gekerm by die howe vir Nalema superhero status onder sy trawante.

Sobymykoolkop ·

Onder sy trawante ja…. vir hulle is stilbly ñ teken van vrees. Dis van stilbly en ignoreer wat ons is waar ons is. As dit nie vir veral afriforum en solidariteit was nie was daar al baie groter moeilikheid

Byekonfyt ·

Dit spreek boekdele dat die regerende party hom nog nie in die bek geruk of aangekla het nie.

Manie ·

Die dag gaan kom dat Malema se smeek, soebat en kerm op dowe ore gaan val.

Chris ·

Hoekom sal Malema hom bekommer oor hofsake? Zuma ontwyk vervolging nou al byna 20 jaar ! Die huidige president se saak oor miljoene onwettige $ verkeer tans in ‘n rusfase en geen werklike aksie is nog daaroor geneem nie, behalwe lee beloftes. Hoekom sal Malema nou bang wees!

Danie ·

Geskiedenis die wereld heen het vir ons baie geleer as n mens n probleem word vir landsveiligheid.

Sarel ·

Die MRK het nie Tande nie…Malemma lag vir hulle want selfs ‘n Landroscen ‘n Hof het hom die Groenlig gegee

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.