Nog ’n minister toets positief vir Covid

Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling. (Foto: Verskaf)

Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, het nou ook positief getoets vir Covid-19.

Dít volg enkele dae nadat die minister van binnelandse sake, dr. Aaron Motsoaledi, ’n positiewe toetsuitslag ontvang het. Dié minister is tans in self-isolasie en sterk goed aan.

“Dit het alles begin met ʼn krapperige keel en ek het niks vermoed nie,” sê Zulu wat haar Sondag vir die koronavirus laat toets het nadat dié simptoon net nie wou wyk nie.

Sy het Maandagoggend haar positiewe toetsuitslag ontvang.

“Ek voel goed en ek kan dit toeskryf aan die feit dat ek ten volle ingeënt is,” sê Zulu te midde van al hoe meer vrese oor die Omikron-variant wat onlangs kop uitgesteek het.

Zulu is in hierdie stadium tuis in isolasie en sal van daar haar pligte as minister van maatskaplike ontwikkeling sonder enige ontwrigting uitvoer.

Sy het ook pres. Cyril Ramaphosa se pleidooi benadruk dat soveel as moontlik Suid-Afrikaners hul moet laat inent.

“Soos president Ramaphosa gisteraand beklemtoon het, is inenting die kragtigste instrument wat ons het en dit is nie te laat om ingeënt te word voordat die vierde vlaag ons hard tref nie,” sê die minister.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Johan ·

En wat van die wat reeds herstel het…die natuur het nie “boosters” nodig nie.

Deon ·

Geagte minister, ek wil jou n vraag vra, watter verskil is in jou herstel en n ander persoon wat wat nie die inspuiting ontvang het nie, en ook die virus het wat ook maar by die huis moet aansterk.

Julius ·

Nou hoe het sy covid gekry, sy was reeds daarteen ingeënt? So die entstof werk nie.

Alleen Wolf ·

Belangriker vrasg is hoe het sy aangesteek, as sy die protokolle gevolg het soi dit mos nie kon gebeur nie.

Esme ·

Dit is kommerwekkend – ten volle gevaksineer, maar sy het Covid.

Baardman ·

Niemand het nog gesê dat die inspuiting covid doodmaak nie, dit verhoed ernstige hospitalisasie en dood

Wielspore ·

Baardman, dit so waar wat jy sê, dit wys net hoe sleg is die mense ingelig ten spyte van al die publikasies oor Covid.

Janine ·

Ag foeitog. Lees en verstaan asseblief dat die ent simptome nie so dodelik maak nie. Almal met iets sê, maar vele lees niks….

Zombie ·

War het jy gelees dat persone wat ingeënt is, nie die virus kan opdoen nie? Sover ek weet, het niemand dit nog ooit gesê nie. Mens ys om te dink dat daar steeds mense is, wat nie die basiese beginsels van ń inenting begryp nie.

Wielspore ·

Julius, is jy betrokke by die EFF…. die entstof voorkom nie Covid, dit verminder die erns van die siekte. Jy het ‘n beter kans op oorlewing met inenting as daarsonder.

Pietertjie ·

Is sy al in ICU op ‘n ventilator, of kry sy voorkeurbehandeling? En het sy al ‘n vaksien-paspoort?

Esme ·

Die artikel gelees en die vraag wat by my opkom is, sy is ten volle gevaksineer maar sy het Covid 19. Dit is irrelevant of sy tuis of in die hospitaal aansterk. Kan sy dan ander aansteek?
Is daar enige waarborge dat gevaksineerdes nie in hospitale sal opeindig?
Dit is immers die bemarking foefie wat ons President gebruik om Suid-Afrikaners aan te moedig om gevaksineer word.
In haar huidige toestand is sy dus nie veel beter af, as ‘n ongevaksineerde nie.
Word daar ‘n skriftelike Waarborg saam met die Vaksineringsertifikaat uitgereik tydens vaksinering?
Hierdie artikel laat my met veel meer vrae as antwoorde.

Strandloper ·

Geen selfdissipline nie…as jy die reels volg sal jy dit NIE kry nie! Party en jy betaal die duurste prys…keuse is joune.

Hein ·

Darm snaaks hoe dit die in geënte mense is wat Covid nou kry

piet ·

Korrek as hulle nie ingeent was nie was daar nog meer positief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.