Nog ’n skool in Soshanguve brand

‘n Gedeelte van die skool het in puin gelê weens die brand (Foto: Panyaza Lesufi/Twitter)

Die Soshanguve High School in die noorde van Pretoria was Woensdag vroegoggend in vlamme gehul. Dit is die vierde skool in Soshanguve wat brand sedert die landwye afsondering op 26 Maart ingestel is.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement van onderwys, het gesê die skoolhoof is vroeg die oggend deur ʼn lid van die gemeenskap in kennis gestel dat die skool brand. Hy het daarna na die skool gejaag. Die brandweerdiens en polisie was toe reeds op die toneel.

Die brand is etlike ure na hul aankoms op die toneel geblus.

Volgens Mabona het die blok met die administrasiekantore tot op die grond afgebrand. Die waarde van die verlies moet nog bepaal word. “Die dak het in daardie gedeelte van die skool heeltemal meegegee en alles is tot as verbrand. Al die waardevolle toerusting en meubels is ook daarmee heen,” sê Mabona.

Panyaza Lesufi, LUR van onderwys in Gauteng, is ontsteld omdat nog ʼn skool in dieselfde omgewing weens ʼn brand in die slag gebly het.

“Ons weet regtig nie wat in Soshanguve aangaan nie. Dit is kommerwekkend; dit lyk asof dieselfde modus operandi gebruik word. Dit wil vir ons voorkom asof daar ’n sindikaat in die gebied is. Hoe gouer hierdie lafaards vasgetrek word, hoe beter,” het Lesufi gesê.

Volgens Mabona het altesaam 22 skole reg oor Gauteng reeds onder inbrekers of vandale deurgeloop sedert die algehele landwye afsondering verlede maand ingestel is.

Die brandweer en polisie het ʼn ondersoek van stapel gestuur om vas te stel wat die brand kon veroorsaak het.

Lesufi gaan Donderdag die vier skole in Soshanguve wat in puin lê, besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Susan ·

Vir wat doen hulle dit? Wonder wat se di president van di spul as hy iets sal se more oormore kla hulle hulle kry ni onderrig ni daar is ni woorde ni rerig hulle brand af nog steeds na hoeveel jare di lockdown aan di eenkant di anderkant di virus dan panic koop hulle en en

Anne-Marie ·

Ek dink nie die regering worry nie. Dit sal nooit ophou nie. Wens die regering kon almal se comments lees en wakker skrik. We are fighting a loosing battle met die ANC.

Boortor ·

Hy wil die skole gaan besoek? Wat wil hy sien?? Ek dog ons moet nie onnodig rond ry nie. O ja.. dit is net ons wat nie mag buite kom nie. Hoop hy herbou die skool as hy klaar gesien het. Hy is nou daar.

Gawie ·

Boortor, het jy nie die berig gesien dat die minister wat die naweek rondgeloop het nou geskors is nie. Uiteindelik word almal oor dieselfde kam geskeer.

Andre ·

Hulle glo nog die slagspreuk: No education before liberation.

Gawie ·

Dis regtig tragies. Duidelik is daar elemente daarbuite wat hierdie toestand in die land uitbuit om kwaad te doen.

Snowball ·

Grendelstatus bring òf die beste in mense na vore, òf die slegste. Hierdie begeerte om verwoesting te saai, hierdie siek behoefte om te skaad en te vermink is die uiting van ‘n baie verwronge, skeefgetrekte psige.

J ·

Telkens, voor elke groot verval van ‘n beskawing na BARBARISME …. word die ‘boeke’ verbrand!

Ek vermoed die afbrand van skole is deel van die politieke MAGSPEL binne die ANC.

Dit is Ramaphosa se opposisie wat die skole afbrand.

Dit is ‘verraad’ teen die staat daarom moet die skuldiges in ‘n militêre hof verhoor en toepaslik gestraf word.

Gerhard ·

Lesufi loop te vertel “hulle weet regtig nie wat aangaan in Soshanguve nie”…vir my lyk dit of hulle geen idee het wat aangaan in Suid Afrika nie…

Wielspore ·

Soshanguwe is ‘n plek met goed ontwikkelde infrastruktuur, goeie paaie, goeie winkels, goeie skole. Daar is selfs privaat skole in die dorp, waarvoor sal die skole afgebrand word?
Gedurende 1993 was die situasie dieselfde met skole wat afgebrand word agv politieke redes, soos die skole gebou word, is dit afgebrand.
Speel politiek dalk ‘n rol in 2020, waarskynlik.

MakersMark ·

More word daar getoitoi oor die skole wat gister afgebrand is.

Yvonne ·

Mnr Lesufi het seker oplossings…prop die goeie skole vol

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.