Nog twee Phala Phala-verdagtes in ‘buiteland’ gesoek

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Stefan Heunis/AFP)

Nog twee verdagtes word in die buiteland gesoek in verband met die diefstal van duisende dollars op pres. Cyril Ramaphosa se Phala Phala-wildplaas.

Volgens lt.genl. Godfrey Lebeya, nasionale hoof van die Valke, is hulle op die spoor van die twee verdagtes.

“Hulle is nie tans in die land nie en daarom is dit nie so maklik om hulle in die hande te kry soos met die ander oortreders nie,” het Lebeya Donderdag tydens ʼn mediakonferensie oor die Valke se sukses in die afgelope boekjaar gesê.

Rakende die ondersoeke na Ramaphosa en genl.maj. Wally Rhoode, hoof van die presidensiële beskermingseenheid, het Lebeya gesê die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) besin nog oor vervolging aangesien daar nog kwessies is wat opgevolg moet word. Hy wou nie verder uitwei oor die besonderhede daarvan nie.

Twee van die drie verdagtes wat reeds in verband met die Phala Phala-diefstal in hegtenis geneem is, is vroeër die maand op borgtog vrygelaat.

Frolina Joseph (31) en haar broer, Ndilinasho David Joseph (27), is onderskeidelik op borgtog van R5 000 en R10 000 vrygelaat.

Hul medebeskuldigde, Imanuwela David (39), se borgtogaansoek sal eers in Desember aangehoor word nadat sy regsverteenwoordiger aangedui het hy sal eers dan weer beskikbaar wees.

Die staat voer aan al drie beskuldigdes het in Februarie 2020 op die president se wildplaas ingebreek en sowat $580 000 gesteel wat in ʼn rusbank in ʼn woonplek versteek was. Hulle staan op aanklagte van huisbraak en diefstal tereg.

Volgens die staat het hulle na bewering eers op 8 Februarie 2020 verkeerdelik saam met nog ander verdagtes op ʼn ander plaas ingebreek, maar niks gesteel nie omdat dit die verkeerde plaas was. Dit is eers die dag daarna dat hulle glo op die president se plaas ingebreek het.

Frolina het glo voorheen as ʼn skoonmaker op die president se plaas gewerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

annie ·

Die hele Phala-fiasko word nou bloot as a diefstal-saak hanteer. Die sitbank word nou ‘n geldbank wat dmv ‘n sluwe rooftog leeggemaak is. Is dit moontlik dat die president van SA nie ‘n bankrekening het nie waarin geld oorgeplaas kan word nie en moet dit in sy geval net dmv Amerikaanse dollars en ‘n ou rusbankkussing gedoen word? Wil iemand nie asb die man opvoed nie? Is ons regters ook so dom wat hierdie storie sal glo?

Johann ·

So….? Daar was dus geld. Wat nie Cerohl sin is nie want daars nie boekstawing van ‘n transaksie nie? Elkgeval was hy by phelle toe hy gephala is? Weet van niks? Die buffels loop nog hier rond. En so voorts….die een meer absurde scenario wat as feite verkoop word. En RamaNocio en trawante lieg saam in n span om ons te oortuig. KLUG

Oosieoos ·

Hoe kan daar a diefstal saak wees waar daar geen bewyse van die geld is of waar dit vandaan kom Case closed

Loun ·

Nie so maklik soos om ander misdadigers in die hande te kry nie…..?
En nou hoekom word die ander misdadigers soos dié van plaasmoorde nie gevang nie????

domheks ·

Die liegstories is amper soos ‘n sepie, word net meer en meer. En cr is vrygespreek deur sars en openbare beskermer. Kaders sorg vir mekaar.

gatgogga ·

“…. die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) besin nog oor vervolging aangesien daar nog kwessies is wat opgevolg moet word….”. Die omkoopbedrag is seker nog nie heeltemal na hulle sin nie.

JohanR ·

Die grootste skurk is reg hier in Suid Afrika. Hy is selfs die president van die land(nie deur die hele land gekies nie!)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.