Noue ontkoming wyl Ford brand

Geskryf deur: Alet Engelbrecht en Elaine Krige

Die uitgebrande Ford Kuga langs die pad. (Foto: Verskaf)

ʼn Mosselbaaise ma is dankbaar sy en haar twee seuns leef nadat haar Ford Kuga verlede week op pad skool toe aan die brand geslaan het.

Jolene Smit was op die N2 op pad na Groot-Brakrivier waar haar twee seuns, Luke (8) en Joshua (6), in die skool is, toe daar rook by die voorkant van die motor begin uitkom. Kort nadat die drie uit die motor padgegee het, het ʼn klein ontploffing die windskerm gebreek en is die voorkant van die motor in vlamme verswelg.

“Dit spook elke oomblik van die dag by my dat ek en my kinders tydens die eerste ontploffing nog in die motor kon gewees het. Ek is emosioneel, huilerig en kan op niks konsentreer nie,” sê Smit.

Sy vertel dat sy altyd by die afdraande voor die Kleinbrak-oprit die motor uit rat haal en dan die enjin laat vryloop tot waar hulle die oprit neem. Dié oggend het die motor se batteryliggie egter aangegaan en sy kon die voertuig nie weer in rat kry nie.

Terwyl sy gesukkel het om die motor na die kant van die pad te stuur, het daar iets wat lyk soos stoom by die enjin uitgekom, wat haar laat dink het die motor is aan’t oorverhit. Sy het vir die kinders gesê hulle moet net ʼn rukkie wag voor sy weer die motor aanskakel. Die “stoom” het al hoe erger geraak en haar oudste seun het uit die motor geklim om te kyk wat aangaan.

“Hy het vlamme aan die kant van die voertuig sien uitkom en vir ons geskree dat die kar brand. Ek het toe besef dat die stoom al die tyd rook was. Ek het my handsak gegryp en ek en die kinders het wegbeweeg van die motor. Ons was seker so drie meter weg toe ons die eerste ontploffing hoor. ʼn Vrou in ʼn silwer Fortuner het by ons gestop en gesê die kinders moet inspring sodat sy hulle na veiligheid aan die ander kant van die oprit kon neem, weg van die toneel af.”

Smit vertel sy het onbedaarlik begin huil. “Ek was histeries, in skok.”

Veiligheidspersoneel van Hartland Estate waar sy werk, was oomblikke later op die toneel.

Albei Smit se broers, een uit George op pad na Mosselbaai en die ander uit Albertinië op pad na George, het toevallig verby die brandende motor gery en hul suster se voertuig herken.

“Hulle was baie geskok toe hulle sien dit is my motor wat brand. Ek was so dankbaar dat hulle daar was vir my en my kinders.”

Die uitgebrande Ford Kuga langs die pad. (Foto: Verskaf)

Mosselbaai se brand-, redding- en rampbestuursdienste was vinnig op die toneel en Smit is baie beïndruk met die wyse waarop hulle haar seuns hanteer en die situasie aan hulle verduidelik het.

Volgens Smit het die motor die afgelope sewe maande probleme gegee deurdat die temperatuurmeter gewys het die enjin oorverhit. Sy het die motor in Desember na ‘n Ford-handelaar geneem, en dié het gesê dit is haar waterpomp wat foutief is. Die waterpomp is vervang, maar ʼn paar weke later het die motor weer oorverhit en die waarskuwingslig op die motor se beheerpaneel het geflikker.

Tegnici kon egter nie ʼn probleem opspoor nie en die motor het nie oorverhit terwyl dit by die handelaar was nie. In Maart vanjaar het die motor dieselfde probleem gegee en die motor se vonkproppe is vervang. Die probleem het egter wéér ʼn paar weke later opgeduik en wéér kon tegnici niks fout vind nie.

Toe die motor twee weke vóór die insident weer tekens van oorverhitting toon, het tegnici aan Smit gesê die probleem lê by die sensor wat aandui hoeveel water in die motor is. In dié geval het die sensor aangedui die watertenk is leeg, terwyl dit glad nie die geval was nie.

“Hulle het vir my gesê dit is ʼn elektroniese fout en sou R19 000 kos om te vervang. Ek is onder die indruk gebring dat dit nie ʼn ernstige probleem is nie, aangesien ek net self die watervlakke in die motor moes monitor. Ek het toe besluit om nie die fout te laat herstel nie. Twee weke later het die motor gebrand.”

Ford SA se woordvoerder het aan Maroela Media gesê hulle is bewus van die voorval en het bevestig dat die eienaar van die motor twee weke voor die voorval die Ford-handelaar in Mosselbaai besoek het, weens kommer oor die werking van die motor.

“Die handelaar het ʼn kwotasie uitgereik vir noodsaaklike herstelwerk aan die motorenjin, maar die kliënt het die kwotasie van die hand gewys.”

Ford beweer ook dat die betrokke voertuig meer as 200 000 km op die klok het en laas op 80 000 km by ‘n Ford handelaar versien is. Smit sê egter die motor word gereeld versien.

Ford moes in 2019 miljoene rande opdok nadat altesaam 56 Kugas tussen 2015 en 2017 aan die brand geslaan het. Ford het altesaam 4 500 motors herroep. Die motors wat herroep is, is die Ford Ecoboost, 1.6 L wat tussen 2012 en 2014 in Spanje vervaardig is. Smit se motor is dieselfde model.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Linda ·

Ja nou verontskuldig Ford hulle. Die kwotasie was vir noodsaaklike herstelwerk. Intussen het die spul poppe geen idee eers gehad wat die probleem veroorsaak het nie.

Wielspore ·

Uit die berig is dit duidelik dat die eienaar oor ‘n lang tydperk probleme met die voertuig gehad het en sy elke keer moes betaal vir hulle brouwerk.

Net ek ·

Ek voel jammer vir jou Me Smit, uit hulle reaksie op media navrae gaan hulle al die skuld op jou pak. Hierdie gaan jou skade en verlies word. Ford gaan geen bystand bied nie, ongeag wat jy bewys en sê. Ek wil ook graag weet wie het in vandag se tyd ‘n los R20 000.00 vir onvoorsiene herstelwerk aan ‘n motor? Beslis nie ek nie, so ek sou ook die kwotasie van die hand gewys het.
Baie sterkte aan u en die kinders om die traumatiese gebeurtenis te verwerk en die verlies van ‘n voertuig wat groot finansiele impak gaan hê.

Waarnemer ·

Bele liewer in Mahindra.Ford het sy tyd gehad.Mahindra is veel goedkoper,meer betroubaar en bo alles veel ligter op brandstof verbruik.

Kuver ·

Jy lewe in n droom wereld, Mahindra is nog n groter gemors, gaan lees maar die klagtes op helopeter, Ford *over rated*, gelukkig hou ek nie van beide vervaardigers nie

Wondermaarnet ·

Sê ek ook en nou wil Ford hul verontskuldig oor die hoeveelheid kms op die voertuig.

Koos 100 ·

Die top(skuus, ken nie die Afrikaanse woord nie) kraak agv oorverhitting en mors olie op die uitlaat passtuk. Oorverhitting is agv ontwerp fout van die koelingstelsel. Het ook al met Mustangs gebeur, gelukkig mors die olie nie op uitlaat nie.

Bolandse Nooi ·

Nou ja, Koos klink vir my na ‘n man wat weet waarvan hy praat. As die motor soveel keer terug was by die handelaar, hoe kon die tegnici nie die oorsaak van die oorverhitting opspoor en regmaak nie? Iemand weet duidelik hier nie wat hy doen nie en Ford SA sal natuurlik ook nie die kliënt tegemoet kom met bv. ‘n afslag op ‘n ander voertuig (net nie wéér ‘n Kuga nie, mevrou!!!) … Nee, hulle sal eerder volstaan daarby dat ‘n kwotasie van R19 000.00 deur die kliënt afgewys is.

Karoo ·

Dankbaar dat die Ma en kinders ongeskonde is, nou is hulle tenminste ontslae van die voertuig. Die voertuig was foutief van die begin af, nou alerhande onderduimse verskonings van Ford. Wonder hie haar en versekering gaan reageer?

Misky ·

Ek het ‘n Kuga gehad en dis herroep daai tyd vir die tegniese deel van motor “veilig maak” en dat dit nie brand nie. Nooit het daai kar probleme gegee of gewys dat dit oorverhit nie. Paar jaar later was daar ‘n olie lek en toe tegnikus die enjin moes uithaal om by lek te kom, kry hy nie weer enjin terug nie. Al hoe hy dit kon verduidelik, is dat die motor op ‘n stadium moes oorverhit het en dit het as’t ware geswel. Ingeneur moes toe help om daai enjin weer terug te kry. Derduisende rande later het ek net verkoop en gesê nooit weer nie.

Philip ·

So die engine het geswel en kon toe nie in die voertuig pas nie…die Maan is sekerlik van kaas gemaak…wie glo sulke bog?

Misky ·

Philip, ek het die woord geswel gebruik, want dit is hoe die ingeneur dit aan my en my man verduidelik het en hy self gesê hy nog nie so iets gesien nie. Die gesprek van Kuga’s wat uitbrand het opgekom en ons maar besluit om net dankbaar te wees dit kon so anders uitgedraai het.

Bolandse Nooi ·

Misky, ek sal maar mooi dink voor ek weer ‘n voertuig na daardie handelaar/hersteller toe neem. As daai tegnikus nog daar werk – ek weet nie of hy veel meer van kar-enjins af weet as ek nie, want sowaar as vet, ‘n kar se enjin kan nie “swel” nie. Jo-jo-jo-jo!!!!!!!!!!!

Trotse Boervrou ·

Ford, julle weet mos nou wat gaan volg indien jul nie die eienaar van die voertuig tegemoet kom nie. Julle is sekerlik nie so dom nie. Almal koppel jul nog steeds aan julle destydse blapse.
Indien ek julle was gee ek vir haar ‘n splinternuwe kar vir goeie publisiteit. Jul gaan dit baie minder aan jul sak voel as almal wat nou reeds en weereens negatief is oor julle. Almal kan mos darem aflei wie se skuld dit is.

Patch ·

Al gee hulle my weer ‘n splinter nuwe Ford sal ek dit nie neem nie. Ek sal eerder die vergoeding neem en na ‘n ander voertuig fabrikaat gaan.

Rudolf ·

R 19 000 om n sensor te vervang ? Vervang vonkproppe as gevolg van oorverhitting ? Ek is nien werktuigkundige nie, maar dit klink nie reg nie. Nie dat ek Me. Smit in twyfel trek nie – inteendeel.

Alewyn ·

Uit die berig is dit duidelik dat Ford se tegnici Raai Raai gespeel het en later moed opgegee het en toe besluit het dan moet ons maar alles vervang.
Ford sal nie verantwoordelikheid aanvaar nie alhoewel Ford weet dat die ontwerp nie veilig is nie.

Johan ·

Kan jy glo? Ek was onder die indruk hierdie Kugas het al almal uitgebrand.

Bolandse Nooi ·

Ha-ha-ha, Johan … dit sal geensins enige skade wees nie. Lyk my die Ford Kugas was almal “default factory duds”.

Wielspore ·

Die handelaar en Ford kan maar voorgaan om sy kliente te boelie maar berigte soos die laat mens wonder oor die bevoegtheid van die tegniese span wat voorheen aan die motor gewerk het. Lesers verloor hulle vertroue in ‘n vervaardiger oor berigte waar kliente slegte behandeling ontvang. Sterkte aan die gesin.

Wondermaarnet ·

Dit is hoekom ons die “share” opsies moet gebruik en die artikel die wêreld instuur op sosiale media as Ford nie die kliënt gaan tegemoetkom nie.

miavos ·

Moet nooit die motor uit rat haal nie. Noodsaaklike werkende dele staan dan stil.

capie ·

miavos is reg. Niks met die uitbrand van motor te doen nie maar die beheer van die voertuig. Kan nie al die detail onthou nie maar miskien kan Brain of ‘n ander guru ‘n artikel doen.

Bolandse Nooi ·

Huh????????????? “Moenie die kar uit rat haal nie”? Uhm … waarvoor is neutraal dan daar? As jy nie die kar uit rat moet haal nie, wat van as jy (handrem opgetrek), staan en luier by ‘n rooi verkeerslig (dis mos die regte manier van bestuur, volgens die K53). Ek trap sowaar nie heeltyd koppelaar in as ek by ‘n rooi verkeerslig staan nie. Ek sit my kar dan in neutraal. Baie van ons “free” ook afdraande – ek het nog nooit gehoor dat om vir ‘n entjie te “free” ‘n kar laat brandslaan nie!

es ·

Jammer om dit te hoor, dankie julle is veilig. Wonder manet….vonkproppe vervang op n diesel kar????

Sandra ·

hulle noem dit ‘n glo-pug – word minder as ‘n vonkprop vervang, seker 4x duurder as vonkproppe. AS daai ding klaar is, staan jou kar, hy sal nie ‘start’ nie

Marius ·

En wat leer ons hiermee ???
Moet nooit ford koop nie , die goed brand en hulle help jou nie nadat die geld in hulle rekening is nie.

Bolandse Nooi ·

Dis ‘n RANGER, nie ‘n Kuga nie. Dié goed brand vinniger as ‘n vuurhoutjie wat getrek word!

Merlin ·

Dis die eerste keer dat ek hoor te min water sal die enjin laat brand. Wanneer n enjin baie water verloor sal dit wel oorverhit maar die enjin sal vas “sieze”
En n water sensor water sensor wat R19000 kos….dis n bollie storie…..
Gaan kry n prokureer en n ander werktuigkundige om vir jou die waarheid op papier te sit. Ford sal jou op enigemanier n rat voor die oë probeer draai….

Danie ·

Ford SA is sekerlik die swakste as dit by dienste kom. Ek het vir my vrou in 2020 n nuwe Ford Ecosport gekoop. Op Ford Boksburg se aandrang het ek n Traffic Adisionele waarbog uitgevat. Ek het gekla dat die koppelaar nie reg werk nie. Ford het net gese ons sal dit oopmaak en kyk of dit die voertuig se probleem is en of dit die bestuurder se probleem is maar ook bygese ek sal x bedrag geld moet betaal vir die oopmaak van atkas om te sien wat fout is. Ek het op 75000km diens gevra en later weer op 90000km diens geen maar geen ondersteuning van Ford Handelaars of selfs Ford SA nie. Ford het niks maar niks vervang in 3jaar en 105000km later nie. Hoe jy kla help niks val op dowe ore. Geen windveers of remskoene niks maar niks en ek sal ook nooit enige iemand aanbeveel om n Ford produk te koop of selfs weer n Ford produk koop nie. Swak uiters Swak.

Hendrik ·

Baie negatiewe kommentaar van mense wat duidelik nie ‘n Ford besit nie. Wel ekt ‘n Kuga en ekt al Ford se diens eerstehand beleef. My clutch het gebrand in die bloedige Afrika son toe ek swaar gesleep het en in swaarder verkeer beland het en Ford het dit herstel sonder dat ek ‘n sent betaal het. Ekt ‘n Hilux voorheen besit en my driveshaft het afgebreek terwyl ek 120km/h gery het en Toyota het my 3 weke laat wag vir ‘ n part en ek moes alles self betaal.

Johanncb ·

As die handelaar nalatigheid aan die kant van die eienaar bewys, sal lg moet opdok vir herstelwerk! As die voertuig 120000 km laas gediens is, het die eienaar probleme! Ons kan ook nie voortgaan om die produk óf handelaar te blameer nie. Sake het altyd twee kante. Ek eintlik drie: joune, myne en die volle waarheid!

Frank ·

R19 000 om ‘n SENSOR te vervang klink vir my na uitbuiting van ergste graad en om dan boonop die berugte brand van Kuga’s op die eienaar wat nie soveel wil of kan betaal vir ‘n blote sensor nie is sleg, sleg, sleg

Niklaas ·

Dis jammer dat sulke voorvalle nie in Ford se guns tel nie. Ek geniet my Ford bakkie en sedan, maar hul werkswinkel personeel diens was so ellendig dat ek na 3 herstelwerk pogings en taamlik baie onkostes , moes gaan aanklop by die Nissan handelaar in ons dorp , om ‘n probleem reg te laat maak.

Kalla ·

Ek het jare terug netso met my Ford Kuga gesukkel, hulle kon nie probleem opspoor nie. Nadat ek die motor by die Motor Ombudsman raporteer het en geen terugvoer van hulle ook ontvang het nie was ek genoodsaak om my motor in teruil op ‘n ander Ford. Trots bestaan nie meer nie.

Wondermaarnet ·

Ford moet nie nou kom met verskonings van kwotasie wat van die hand gewys was nie. Maak julle gemors reg Ford!

Patch ·

As ek reg onthou het daar so twee of drie jaar gelede ook paar Kuga’s gebrand en dit was herroep?

Bolandse Nooi ·

‘n Paar??? 56 van hulle, om presies te wees. Nou OK, as jy in ag neem hoeveel van dié “mêts-bokse-op-wiele” wat verkoop is, is dit seker nie té veel nie, maar as jy die skade (en lewensverlies) wat daarmee gepaardgaande is in oorweging neem … Dan sal ek maar vier keer dink voor ek ‘n Ford koop.

JohanR ·

Nog ‘n Kuga op in vlamme, maar dankie tog die mense het uitgekom. Die Kuga het denetief ‘n probleem gehad. Ek het eens op ‘n tyd na die Kuga gekyk om te koop, maar toe die eerste brand verslag uitkom toe se ek maar dankie, maar nee dankie.

Jackie ·

Eks dringend op soek na n lae kilometer 2de handse Kuga. Bereid om soveel as R100 of enige laer prys te betaal.

Bolandse Nooi ·

Joh!!!! Jy kom hoog in met jou prys!!!! Ek sal R10.00 aanbied.

Bolandse Nooi ·

Hene, so 3-4 jaar gelede, was die Ford Kuga die bespotting op almal se lippe. Mense, leer tog net uit ander se foute en ellende. Ons het nie verniet gesê – as kinders – Ford is V[F]rot nie!

Ansie ·

Dis haas ongelooflik dat Ford steeds hulle gemors se skuld op die voertuigeienaars probeer pak. Hierdie houding sal hulle klante kos, want hulle dra ‘n beeld van onbetroubaarheid uit.

Sue ·

Dis die risico wat jy loop as jy nie jou kar by n Ford handelaar en gereeld laat diens nie, maar by n fly by night. Gebeur met alle karre Google gerus burning BMW.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.