Nuwe adjunkpresident vir SA; ander pos vir Dlamini-Zuma

Paul Mashatile (Foto: Guillem SARTORIO / AFP)

Bheki Cele bly pres. Cyril Ramaphosa se minister van polisie en Gwede Mantashe minister van minerale bronne en energie.

Suid-Afrika het wel ʼn nuwe adjunkpresident: Paul Mashatile. Mashatile neem oor by David Mabuza nadat hy enkele dae gelede as parlementslid bedank het.

Dit is maar een van verskeie veranderings aan Ramaphosa se kabinet. Die vernaamste veranderings is sekerlik die aankondiging van twee nuwe ministers: die minister van elektrisiteit, dr. Kgosientsho (Sputla) Ramokgopa, en die minister van monitering en evaluering, Maropene Ramokgopa.

Lindiwe Sisulu is haar pos as minister van toerisme kwyt terwyl dr. Nkosazana Dlamini-Zuma na ʼn ander departement geskuif is.

Suid-Afrikaners het ook ʼn nuwe minister van sport asook van toerisme, vervoer én samewerkende regering en tradisionele sake.

Nuutaangestelde ministers

  • Minister in die presidensie: Khumbudzo Ntshavheni
  • Minister in die presidensie verantwoordelik vir vroue, jeug en persone met gestremdhede: dr. Nkosazana Dlamini-Zuma
  • Minister in die presidensie verantwoordelik vir beplanning, monitering en evaluering: Maropene Ramokgopa
  • Minister in die presidensie verantwoordelik vir elektrisiteit: dr. Kgosientsho Ramokgopa
  • Minister van kommunikasie en digitale tegnologie: Mondli Gungubele
  • Minister van samewerkende regering en tradisionele sake: Thembi Nkadimeng
  • Minister van staatsdiens en administrasie: Noxolo Kiviet
  • Minister van openbare werke en infrastruktuur: Sihle Zikalala
  • Minister van sport, kuns en kultuur: Zizi Kodwa
  • Minister van toerisme: Patricia de Lille
  • Minister van vervoer: Sindisiwe Chikunga

Nuutaangestelde adjunkministers

  • Adjunkministers in die presidensie: Nomasonto Motaung en Kenneth Morolong
  • Adjunkminister in die presidensie verantwoordelik vir vroue, jeug en persone met gestremdhede: Sisisi Tolashe
  • Adjunkminister in die presidensie verantwoordelik vir beplanning, monitering en evaluering: Pinky Kekana
  • Daar sal twee adjunkministers vir samewerkende regering en tradisionele sake wees: Parks Tau en Zolile Burns-Ncamashe
  • Daar sal twee adjunkministers vir water en sanitasie wees: David Mahlobo en Judith
  • Tshabalala
  • Adjunkminister van openbare werke: Bernice Swarts
  • Adjunkminister van kleinsakeontwikkeling: Dipuo Peters
  • Adjunkminister van openbare ondernemings: Obed Bapela
  • Adjunkminister van vervoer: Lisa Mangcu

Ramaphosa het Maandagaand in sy aankondiging gesê die veranderinge aan sy kabinet is bedoel om vakatures te vul en die regering te rig op die gebiede wat dringende en beslissende optrede benodig.

“Ek het probeer om die behoefte aan nuwe vaardighede en vermoëns te balanseer om die agenda te dryf wat ons uiteengesit het in die staatsrede met die belangrike taak om stabiliteit en kontinuïteit in die werk van die regering te verseker.”

Lees meer hier oor die nuwe minister van elektrisiteit wat daarmee getaak is om beurtkrag te pak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Henk ·

As die riool ophou vloei weens kragtekorte kry on seker ‘n minister van toilette ook. Die lys van ministers is belaglik.

Wynand ·

Net nog n klomp salarisse wat die belasting betallers se geld onnodig verkwis

Corne123 ·

reg mnr presedent ramtoestamt kom ons kyl of jou hoed minister van saps die 20ste met eff iets werd is of weer soos onder sy bewind die saps uitgedryf word en pvt mense die werk moet diem

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Ek het geen vertroue in en respek vir enige ANC-leier van die verlede en hede nie. Die aanstelling van hierdie kabinet skep geen hoop vir Suid-Afrika in my gemoed nie.

Harley Davidson ·

Wat n grap is ramaposa en sy regering nie ek glo jy moet ‘n idioot wees om ANC te stem in die volgende verkiesing.

Strandloper ·

Wie is nou die minister van trog uitdeel of is dit maar deel van almal se voordeele?

Andries ·

Cele moes gewaai het,maar die wiel draai stadig maar seker.Dit kan jy nie n kabinet noem nie,ouetehuis ja dit klink beter.

Nie Verbaas ·

Cele weet te veel van Ramaphosa se doen en late so hy sal nie afgedank word nie.

KB ·

…en ʼn nuwe minister van tolpaaie, slaggate en ongelukke (ekskuus hulle “vervoer”)!

Johan ·

Sirkus-e-Afrika, ek weet nie meer nie, moet jy lag of moet jy huil ?

Vrede & vreugde

Nommer 7 ·

Ek sou nie se^ dat die kaf irs nou van die koring geskei nie.

Nico ·

Net ‘n paar teks verse uit Prediker 10:1 wat sê, Dooie vlieë laat die salf van die apteker stink en bederwe; ‘n bietjie dwaasheid weeg swaarder as wysheid, as eer. Vers 5-6, Die dwaasheid word op groot hoogtes gestel, en die rykes moet in vernedering sit. Ek het slawe te perd gesien en vorste wat soos slawe op die grond loop. Die Bybelse beskrywing van die SA regering.

Amelia ·

Baie verse in bybel dink ek is beskrywngs van suid afrika en wat hier gebeur bybel se ook die regverdige sal oorwin en ons geloof moet sterk wees

annie ·

Is die twee Ramokgopla’s familie? Paul Mashatile en Zuma het glo nie langs dieselfde vuurtjie gesit nie. Miskien hoop Cyril op goedertrou, maar die man se oorywerige glimlag laat mens ongemaklik. Cyril glo skynbaar ook in die sterkte van ‘n groot paviljoen vol ondersteuners om gebeure op die veld dood te skree/toi met hom as die voordanser a la Zuma. Sy vol Phala-kussing het leeggeloop. Hoe vol is die staat s’n nog vir sy nuwe groot show?

christo ·

Die samestelling van ministers en adjunkministers is so tipies staatsdiens: ‘n direkteur vir dit en dat, ‘n menigte adjunk-direkteurs en nog meer assistent direkteurs. Orals is dit ” top heavy ” terwyl kritieke poste nie gevul word nie, veral nie in kritieke poste in die departement van Gesondheid. Ramaphosa se kabinet is net soos die staatsdiens, waar die mees ondenkbare benamings uitgedink word om nog ‘n ministerie ‘ te regverdig ‘.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis soos ‘n regime werk. Geen onderskeid tussen politici en amptenare nie.

Samuel ·

Watter nuwe vaardighede het ruggraatlose Cyril ingevoer? Snert. Dit is ‘n hopelose spul doodsbeendere in die kabinet.

Papsak ·

Ag hy het niks verander nie hoekom het hy nie ontslae geeraak van die wat hy moes laat gaan het nie nou het ou kopdoek net n beter pos gekry Ou Hoed nog steeds daar ja en belastingbetalers moet maar net op dok hy voel n flip so bad regtig mense

Antjiepat ·

Die arme jeug en vroue en persone met gestremdhede… o wee

André ·

Het ons nie ‘n Audit Generaal wat die werk van minister van monitering en evaluering doen nie?

Jacques Dawie ·

Paul is n groot EFF aanhanger. Hy het n duidelikke doring in die voet oor afrikaanse mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.