Nuwe minimum loon veroordeel

ʼn Nuwe nasionale minimum loon van R23,19 per uur sal vanaf 1 Maart in werking tree.

Die vorige minimum loon was R21,69. Thulas Nxesi, minister van arbeid en indiensneming, het gesê huiswerkers en plaaswerkers moet minstens die nuwe nasionale minimum loon verdien.

Solidariteit het die nuwe minimum loon ten sterkste veroordeel. Volgens Solidariteit sou min. Nxesi ʼn veel positiewer uitwerking op die arbeidsmark en die ekonomie gehad het indien hy bloot net geheel en al van die minimum loon ontslae geraak het.

“Dit is ondenkbaar dat die land met die hoogste werkloosheid op die planeet aanhou om mense se kanse op indiensneming te vertrap. Terwyl die ekonomie steeds sukkel om te herstel ná die vernietigende trefslag van Covid-19 en die instelling van sommige van die strengste inperkingsmaatreëls ter wêreld, is dit absurd om ons reeds onsinnige minimum loon met meer as die inflasiekoers te verhoog,” sê Theuns du Buisson, ekonomiese navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut.

Die kommissie oor die nasionale minimum loon hersien jaarliks die verhogings in die loon en doen aanbevelings aan die minister. Volgens die kommissie neem hy onder meer inflasie, lewenskoste, bruto binnelandse produk en die waarskynlike uitwerking van die aanbevelingaanpassing op indiensneming of die skepping van indiensneming in ag wanneer die jaarlikse aanpassing bepaal word.

Solidariteit meen die beste manier om beter lone te verseker is om beter vaardighede aan te leer en ervaring op te doen. “Regulasies soos hierdie sal verhoed dat mense ervaring opdoen omdat daar nou nog minder werksgeleenthede vir nuwe toetreders tot die arbeidsmark sal wees,” het Du Buisson gesê.

“Die arbeidsmark is soos ʼn leer wat ʼn mens deur jou loopbaan klim. Ons wil graag hê dat almal boaan die leer moet uitkom. Die minimum loon skuif egter niemand na ʼn hoër trap op die leer nie. Dit verhoed net dat diegene wat op die vloer staan, die kans kry om die eerste paar trappe te mag gebruik.

Haweloses in Johannesburg (3 Februarie 2022) (Foto: Marco Longari/AFP)

“ʼn Verdere kommerwekkende gevolg van ʼn hoër minimum loon kan ook ʼn toename in vreemdelinghaat en onwettige arbeidspraktyke wees. Die minister maak dit al hoe duurder vir werkgewers om Suid-Afrikaners wettig in diens te neem, wat bloot ʼn aansporing daarstel vir sommige werkgewers om eerder van onwettige immigrante se dienste gebruik te maak.”

Solidariteit voer aan dat die regering self die teenproduktiwiteit en skadelikheid van die minimum loon ten toon stel, deur hulself van die bepalings te vrywaar.

“Die staat besef self dat die Wet op die Nasionale Minimum Loon op die ashoop hoort in die lig daarvan dat dit nie vir sy eie projekte geld nie. Werkers wat aan die staat se program vir uitgebreide openbare werke deelneem, sal slegs R12,75 per uur ontvang. Hoekom geld afsonderlike reëls vir die staat aan die een kant en vir gewone mense en privaat ondernemings aan die ander kant?

“Dit is juis omdat die regering tog besef dat enige werk beter is as geen werk nie – ʼn werklikheid waarmee sowat ʼn derde van werksoekers tans gekonfronteer word – en dat die beste roete na goeie werk is om eers net enige werk te hê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

casper ·

En boem – Nog ‘n paar honderd duisend mense sonder werk.
Moet net nie dink die regering gee enigsins om daaroor nie!!

Jacques ·

Nie een van die mense wat die minimumloon veroordeel, lewe op ‘n minimumloon nie………
Sê maar net……

Schalk ·

Dalk is jy korrek maar dink net so ook dat mense oor jare verhoudinge opbou met jou werkers en ander aanvulings doen wat bydra to vergoeding. Bv. Ekstra voedsel, klere en medisyne om te help. Nou forseer jy ‘n minimum loon op goeie verhoudinge af wat dikwels die finale strooi is om iemand aan te hou en nie sonder werk te sit nie. Daar is ook die uitbuiters wat besighede bou op minimum lone en maksimum profyt.

VaalDonkie ·

Ek het vir jare lank vir R900/m gewerk. En ek praat hier van 2002 tot 2004, nie die 80’s nie. My huur was R800/m.

Annatjie ·

Ek weet nie wat jou punt is nie maar die mense wat die minimumloon veroordeel gee mense ‘n geleentheid om ook iets te verdien.

Danie ·

So jy dink ek moet liewer die man wat in my tuin werk af dank sodat hy niks het nie as om hom R100 vir die dag te gee!?!?
Dit is nie my skuld dat daar meer monde is wat wil eet as wat daar werk in die land is nie
Niemand word gedwing om n werk te doen nie, as jy nie tevrede is met jou vergoeding nie kan jy n ander werk gaan soek maar laat die man wat bereid is om vir min geld te werk sodat hy iets het om te eet dan daarvoor werk
Mark kragte moet die salaris bepaal, dit moet nie deur die staat op jou af gedwing word nie. Hierdie ding gaan nog eendag in die regering se gesigte ontplof

Hoekom ·

Ja, ek het hard gewerk op skool en my 12 jaar skool klaar gemaak, toe het ek hard gewerk om genoeg geld bymekaar te maak om te gaan swot. Daarna het ek hard gewerk om klaar te maak met my studies sodat ek ‘n diploma kon kry wat sê ek kan werk vir ‘n goeie salaris. Ek maak nie staat op die staat om te bepaal wat my salaris moet wees nie…

JohanR ·

Se nou maar NDZ werk as ‘n huishulp sewe uur ‘n dag want sy moet taxi in die more vang en taxi in die aand van wat jy nog voor moet betaal, sal sy R162.33 ‘n dag maak. Ek dink die ou stadige pensionare sal liewers by haar miljoene salaris elke jaar bly!

Samuel ·

Die minimumloon is skandalig. Wie kan daarop oorleef? Afriforum se werkers? Pffffffft

Danie ·

So dit gaan met hom beter gaan as hy geen werk het nie!?!?
Duidelik weet jy nie hoe mark kragte werk nie…

Marius ·

Die middel klas wat die meeste steun aan die land se ekonomie gee het nie meer geld om die werkers se salarisse ( 7 ure = R 150 per dag, R 3 000 per maand). Belasting, prys en tarief verhogings laat ons finansies krimp. Sal eerder maar self in die tuin werk en huis skoonmaak.

battleaxe ·

En wat van die pensionarisse wat op Sassa van R1900 moet lewe en kinders wat nie werk kan kry nie moet help? Kan ons ook die verhoging kry? Dan kan ons ook kos op die tafel sit vir ons kleinkinders.

SlinkseKoljander ·

Ek betaal lankal nie meer vir daai dienste nie, die regering sorg moes vir hulle.
Nog meer weklose mense a.g.v die ANC

VaalDonkie ·

Kyk hier, man. As jy nie iemand R200 kan betaal vir 8 ure se werk nie, dan moet jy maar jou eie werk los en dit self doen. Ek sou myself dood skaam as ek so min moes betaal. Daai arme vrou moet maklik R40 per dag aan taxi’s betaal net om agter jou te kom skoonmaak.

VaalDonkie ·

Nee dit is nie. Dit is by die tannie wat dink R200/dag is aanvaarbaar. En dan raak hulle nog slim en laat die “girl” net 6 ure werk en betaal haar R150. Ek sou nie kon slaap as ek so was nie.

VaalDonkie ·

Ek kannie iemand anders so uitbuit nie. Dis vir my net nie reg nie.

Danie ·

Hoe kan dit uitbuiting wees, as dit nie vir haar winsgewend is om vir die geld te werk nie, hoef sy nie. Wees asb logies oor dit, as n gemiddelde huishouding se uitgawes op n stadium kom waar hulle moet sny omdat die regering die lone opsit, dan sit daar net nog werkloses. Dit beteken baie keer dat daar 4 meer monde is wat wat van die staat afhanklik raak. As die staat dit nie meer kan bekostig nie dan verhoog hulle die belastings wat dan op sy beurt die uitgawes van n huishoding net weer opstoor. Dis n wrede kringloop.

piet ·

Dis waar vir die “casual” huishulp. Taxi’s is duur en in die gebiede waar hulle woon is dit dikwels die enigste vervoer wat hulle het en dan moet hulle soms ook meer as 1 taxi gebruik. Ek moes al casuals wegwys bloot opgrond daarvan dat dit nie vir die werker ekonomies sou wees om te werk as jy die vervoerkoste in ag neem nie (hulle bly te ver). Foeitog, van die mense is desperaat maar wat kan jy doen, mens moet maar realisties wees en vir hulle verduidelik dit gaan nie die moeite werd wees nie. Ek kan ook nie sommer bekostig om meer te betaal nie so dan bly mens maar sonder en die casual sit sonder werk.

AmY ·

So, ás ek ooit ‘n werker in diens neem, en sy is binne vier ure klaar met haar werk in my piepklein plekkie (dit neem my so twee ure om dit skoon te maak), moet ek haar dan net vir daai vier ure betaal? Want ek het geen idee wat hulle deesdae vir ‘n dag se werk vra nie.

piet ·

Dis die minimum-loon per uur so sy kan net vir se 2-ure werk sover ek weet, ek dink nie daar is ‘n minimum bedrag wat sy moet kry ongeag die ure nie. Dis die probleem wat ek ook het. ‘n Woonstel waarvoor ek net ‘n persoon vir 3-ure nodig het. Dis dan onekonomies vir so ‘n werker as sy baie vervoerkostes het. Dis ‘n probleem so jy moet eintlik iemand kry wat naby jou woon en na jou plek toe kan stap sonder vervoeronkostes maar om so iemand te kry is moeilik, die mense bly wyd.

Delilah ·

Ek stem saam met Afriforum ek is seker baie mense sal eerder iets verdien as niks – elke bietjie geld wat jy maak bring kos op die tafel. Die werklooshieds syfers sal ook dan nie so hoog wees nie. Bedelaars verdien genoeg om werkloos te bly.

Pannies ·

Diegene wat dink die minimumloon is min neem nie die betrokke werkers se opleiding en vaardighede in ag nie. Ook nie die feit dat daar n totale ooraanbod van ongeskoolde, onopgeleide mense is nie.
Indien daar nie n minimumloon is nie, het hy/sy die kans om indiens geneem te word en vir iets gratis opgelei te word bv: soos plaaswerkers. Intussen het hy blyplek, kos, klere,ens. Die persoon kan mos self besluit of hy vir die pakket wil werk of nie.

VaalDonkie ·

Ek weet nie hoe dinge daar by jou werk nie, maar hier rond moet plaaswerkers huur aan die boer betaal.

krodedil ·

Wat is fout daarmee dat ‘n plaaswerker huurgeld moet betaal? Boere het ook slim geraak. Sommige betaal die werkers R15 000 per maand en dan kom die nodige aftrekkings soos kos, huur, water, ligte, ens. Dis hoe dit werk in enige besigheid. Jy betaal vir wat jy gebruik.

Jacques ·

So om ongeskoolde te wees, beteken in jou boek dat mens nie ‘n menswaardige loon werd is nie.

Sê my, het jy al probeer kinders groot maak op minimum loon?

Nee, want jy praat uit jou gemakstoel uit jou voorstedelike huis met ‘n wit brood onder die arm, nê?

Empatie met jou medemens kos niks, of is dit ook TE VEEL gevra?

VaalDonkie ·

Netso, Jacques. Ek het byvoorbeeld nooit my graad klaargemaak nie oor geld. Tegnies het ek net Matriek. Maar ek werk al 15 jaar as programmeerder en “konsultant”. As ek ‘n graad moes gehad het vir die werk, sou ek heel waarskynlik nou nog moes los joppies doen vir huurgeld.

SomeOne ·

hoe vergelyk Thulas Nxesi, minister van arbeid en indiensneming, se salaris met die loon ????

Pannies ·

Hulle wil die werkgewers beroof net soos hulle die staatskas beroof met buitengewone hoë salarisse en minimale teenprestasie. Die kommissie verstaan sekerlik nie die werking van die ekonomie nie.
Hierdie minimumloon gaan verseker bydra om die SA ekonomie verder te verniel.

Miskruier ·

My dogter het kelnerin werk begin. R120 vir 6 ure se werk. Ek is dankbaar.

VaalDonkie ·

Ek het R200 per skof gemaak by die Spur in 2005. En dan het ek nie eens probeer nie.

Alfred E Neuman ·

Sy gaan nou R19.14 meer verdien. Steeds n skande en blerrie uitbuiting.

Nommer 7 ·

Presies. Die minimuim loon is ‘n skande. Ek weet van ‘n paar blanke skoolkinders wat hard in restuarante werk vir peanuts, en dan is daar jou werklik waar MM lesers wat hierdie uitbuiting ondersteun.

SlinkseKoljander ·

Sodat belasting betalers meer van hulle geld aan die armes moet gee, dit balanseer alles moes uit?

Wat n patetiese redenasie, meer werk verlief oppad. Dankie ANC!

Chantel ·

Als verhoog, petrol, kos, verblyf, tolhekke, tax, mediesefonds, versekerings en tog kry ek elke jaar ‘n verhoging wat volgens my werkgewer inflasie gekoppel is, maar my verhoging gaan net so in ‘n mediesefonds in, so op die oue end is ek slegter af, want als anders gaan ook op.
Hoe lank gaan daar van ons verwag word om net aan te hou en uit te hou.
Iewers gaan iemand werkloos wees en ongelukkig is dit die huis- en tuiwerkers want ek kan ook net soveel verhoog as ek nie enige uitkoms sien nie.

DieKriek ·

Nee kyk, die minimumloon is siesaklein maar party mense wil net werk hê.

JohanR ·

Ek doen my eie huiswerk, en dan einde van die maand vat ek myself en familie uit vir ‘n slapup. Omdat ek my eie huiswerk doen weet ek dit is deeglik skoon, en my suiker en koffie raak nie gou op nie.

Danie ·

Hoe kan dit uitbuiting wees, as dit nie vir haar winsgewend is om vir die geld te werk nie, hoef sy nie. Wees asb logies oor dit, as n gemiddelde huishouding se uitgawes op n stadium kom waar hulle moet sny omdat die regering die lone opsit, dan sit daar net nog werkloses. Dit beteken baie keer dat daar 4 meer monde is wat wat van die staat afhanklik raak. As die staat dit nie meer kan bekostig nie dan verhoog hulle die belastings wat dan op sy beurt die uitgawes van n huishoding net weer opstoor. Dis n wrede kringloop.

Tania ·

Ek betaal my werkers baie meer as die min loon, in vandag se dae is R3700 niks per maand nie.

NetMyOpinie! ·

Nie almal kan dit bekostig nie. Dis hoekom van ons slegs iemand in diens het vir paar uur elke maand.

Ida ·

Dis ‘n tweesnydende swaard, baie mense kan nie bekostig om die verhoogde loon te betaal nie en baie gaan nou sonder werk sit. Baie mense kan nie oorleef op so min geld nie, maar iets is beter as niks en nou gaan die wat darem iets verdien het ook niks verdien nie. Huis inbrake en diefstalle gaan nou weer erg styg.

fransdutoit3 ·

Gaan sassa pensioene ook tot die minimum loon aangepas word.??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.