Nuwe pyn by brandstofpomp

(Argieffoto: Paul Brennan/pixabay)

Motoriste gaan Woensdag weer hoes by die vulstasie wanneer die jongste brandstofprysstyging in werking tree.

Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, het Dinsdag die brandstofpryse vir Oktober bekend gemaak.

Die prys van 93-oktaan-petrol styg met R1,08 per liter, terwyl dit voorts R1,14 per liter duurder is om met 95-oktaan-petrol vol te maak.

Die prys van diesel met ʼn swaelinhoud van 0,05% styg met R1,97 per liter en die prys van diesel met ʼn swaelinhoud van 0,005% styg met R1,94 per liter.

Paraffien (grootmaat) word met R1,51 per liter duurder, terwyl gas R2,50 per kilogram meer gaan kos.

Mantashe sê die prysstygings volg nadat die rand tydens die tydperk onder hersiening teenoor die Amerikaanse dollar verswak het.

Die gemiddelde internasionale produkpryse van petrol, diesel, paraffien en gas het gedurende dieselfde tyd toegeneem weens raffinaderye wat in die VSA tot stilstand gedwing is, ʼn wêreldwye tekort aan diesel, hoër pryse van propaan en butaan én hoër vragkoste vir gas.

Volgens Mantashe was die kumulatiewe balansfonds teen die einde van Augustus sowat R3,5 miljoen in die rooi, wat beteken dat ʼn balansfondsheffing van 31c per liter by die prys van brandstof in Oktober ingewerk is.

“Die departement is oortuig dat ontginning en ontwikkeling van nasionale olie- en gasreserwes kan help om die trefslag van hoë pryse op lang termyn te versag,” sê hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Cherokee ·

Waarom dink jy mantashe is nie ‘n kader? En op watter manier maak hulle geld uit die verhoging? Jou waarnemingsvermoeëns word bevraagteken.
Ek dink (met die hoop en vewagting dat ek reg dink) dat daar groot voertuig maatskappye is, wat ontsaglike bedrae spandeer aan brandstof, en dat anc & kie nie so maklik sal wegstap met brandstofbedrog, omdat hulle fyn dop gehou word.

Nico ·

Wonder nog steeds hoe ‘n vorige seer geagte Minister daarmee weggekom het om ons kosbare olievoorraad teen ‘n belaglike prys te verkoop ……. en GEEN haan het weer daarna gekraai nie.

Vonkprop ·

Ja lekker. Sit dit sommer met R10 op en spaar ons hierdie kort kort se opsit met R1 of 70c. Julle kry mos alles verniet so dit verander niks in julle gulsige lewens nie.

Mieke ·

M.a.w. daar word +- 27% van die prys verhoging gaan na die ANC koffers toe….

J. J. ·

As hulle die onnodige hoë belastings wegvat, sal dit klaar beter wees, maar dan het hulle minder om uit te “speel”. Mense moet ophou om aan hulle neuse rond gelei te word deur ‘n regering wat geen beheer het oor enigiets nie. Stem vir ‘n ander party wat NIE in die bed is met die anc nie.

Carel ·

SASSA reserwes is nou weer mooi op-ge-top.
Our People stem weer vir dieselfde regime in 2024

Martin ·

Die massiewe petrolprys verhoging gaan ‘n skerp effek hê op veral die arm mense omdat dit ‘n ripple effect het wat ALLE pryse gaan opjaag insluitende die prys van kos. Ons salarisse bly dieselfde maar alles raak net duurder. Sterkte aan die mense met die groot 3Liter SUV’s en bakkies die vulstasies love julle.

Mallie ·

Ek wou vanoggend petrol in gooi by die shell garage in Eldoraigne toe se die petroljoggie hulle het nie petrol nie net diesel. Nou verstaan ek hoekom, want die pryse gaan vanaand op. Dus sal ek hulle nie weer gebruik nie.

Frikkels ·

Nou sê ou slimjan dat ontginning van gasreserwes en olie gaan die pryse versag op die lang termyn. Hoekom versag sasol 1 en 2 nie ons uitgawes op brandstof nie. Die aanlegte is albei operasioneel en sasol se brandstof is net so duur as die ingevoerde ru olie. Hoe werk hulle dit uit hmmmmm!?

Elizabeth ·

Mantashe die vet gevrete vark. Sy tafel kreun wanneer hy aansit terwyl ander sukkel om kos op die tafel te sit en nog ander wonder waar kom die volgende maaltyd vandaan????????????????

Marius ·

Wonder wie se skuld is dit dat die Rand verswak het… Onbevoegdheid in ons land se regeerders… Raak ontslae van die cANCer… Net hulle met regering subsidies word bevoordeel… Janalleman moet stop met belasting betaling….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.