Nuwe SAUK-raad uiteindelik aangestel

Argieffoto

Pres. Cyril Ramaphosa het uiteindelik die nuwe SAUK-direksie aangestel nadat hy onder hewige kritiek van opposisiepartye deurgeloop het vir die doelbewuste vertraging daarvan.

“Die parlement het op 6 Desember verlede jaar deur konsensus tot die lys van kandidate ingestem, maar Ramaphosa het die proses vir ʼn verdere 133 dae vertraag,” sê Dianne Kohler Barnard, die DA se woordvoerder oor kommunikasie.

Volgens Barnard is dit weens hierdie ongegronde vertraging dat die president hom tans in ʼn konstitusionele hofaansoek deur die burgerlike samelewing bevind. “Hy het versuim om sy grondwetlike pligte uit te voer.”

Barnard sê die hele land weet dat die president en voormalige minister se probleem met die voormalige SAUK-nuushoof, Phathiswa Magopeni, die rede vir die vertraging van hierdie aanstellings was.

“Die DA verwelkom veral Magopeni se aanstelling,” sê Barnard. “Ons vertrou dat sy goeie werk sal doen, selfs ná sy so swak deur die ANC behandel is.”

“Die direksie het ʼn hoë berg om te klim met skuld wat eksponensieel toeneem, en kontrakte van die hoof- uitvoerende beampte, bedryfshoof en finansiële hoof wat oor ʼn maand verval,” sê Barnard.

“Ons hoop hulle kry dit reg om hierdie sukkelende korporasie in die openbare uitsaaier te verander wat dit veronderstel is om te wees,” sê Barnard.

Só lyk die nuwe SAUK-direksie:

  • Renee Horne
  • Tseliso Thipanyane
  • Khathutshelo Ramukumba
  • Nomvuyiso Batyi
  • Phathiswa Magopeni
  • Aifheli Makhwanya
  • Magdalene Moonsamy
  • Rearabetsoe Motaung
  • David Maimela
  • Dinkwanyane Mohuba
  • Mpho Tsedu
  • Palesa Kadi

Khathutshelo Ramukumba is as voorsitter van die direksie aangestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

SjN ·

Die direkteure se name weerspieel die ware toestand in die land.

Kokerboom ·

Dit laat mens ontuis in jou eie land voel!!!Dis maar ANC doelwit

Papsak ·

Ek kyk nie meer tv nie die programme en gesigte daarop walg my tot die dood toe en alles word oor en oor gewys en die klomp seoies is pateties want dit is noual indiers chinese swartes ens dit walg my regtig maar jy moet tv lisensies betaal vir die klomp gemors

david ·

Ek wonder of die ANC ooit sal erken dat die SAUK in 1936 deur blankes begin is ? Of die ANC ooit sal eken hoeveel radio stasies in hulle onderskeie tale aan hulle geskenk is ?
Die nuwe Raad is maar weer ‘n ontkenning van die waarheid : julle is nie die werklike en regmatige eienaars van die SAUK nie …..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.