Nuwe skolewet ‘moenie stelsel wurg’

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys. (Foto: Verskaf)

Die wysigings aan die skolewet moet nie die stelsel verwurg nie, sê Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, oor beplande wysigings aan die skolewet.

Maroela Media het vroeër berig vakbonde en belanghebbende organisasies moet teen 15 Januarie reageer op die voorgestelde wysigings aan die Wysigingswetsontwerp oor Basiese Onderwys. Volgens dié wetgewing sal die departement groter beheer oor skole kry. Kragtens die wysigingswetsontwerp kan die departement onder sekere omstandighede ʼn enkelmediumskool dwing om ʼn bykomende taal aan te bied.

“Die minister het vandeesweek met skoolbeheerliggaamorganisasies vergader. Dié organisasies het gevra om met die minister te vergader na afloop van die publiek se insette in die voorgestelde wetgewing,” sê Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement.

Volgens hom het partye tydens die vergadering onder meer die aanstelling van onderwysers, toelatingsbeleide en kriteria vir lede van skole se beheerliggaam bespreek.

“Die regulasies moenie ʼn struikelblok wees nie. Dit behoort eerder beskou word as belangrike toerusting om sommige van die uitdagings in ons skolestelsel te hanteer,” sê Motshekga.

Die minister sal nou met onderwysersunies en ander rolspelers ontmoet voordat die wetsontwerp in die parlement ter tafel gelê word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Sarel P ·

Die regering blyk nou na snel rat oor geskakel te wees om n outokrasie gevestig te kry waar die regering van die dag die enigste besluitnemer sal wees.

pan ·

So vat hulle bietjie vir bietjie todat die staat alle beheer het met hulle kommunistiese beleid,om te oorleef en ons voorbehoud is die nodigheid vir n onafhanklike tuis staat nou groter as ooit

Kobus ·

Nasionalisering?? Die Dept. wil sy eie tekortkoming verdoesel deur wetgewing.

M ·

Ag lekker man. Nou hoef ek ook nie meer skoolfonds te betaal nie.

Leon ·

Aangesien die ANC so baie van doe Kolonialiste hou, hoekom maak on nie Engels as die enigste voertaal nie en dan mag daar geen Moedertaal onderrig wees nie. Dan kan die wit en swart kinders mos op dieselfde voet kompeteer. Dan kan die Kolonialiste se Engelse kinders al die pad glimlag. Dan het dei ANC wat hulle en hulle Kolonialiste vriende net wat hulle wil hê.

Johan Venter ·

Kobus, dit is ou laai van die ANC regering en die ministers, hulle ontken presies dit waarmeer hulle besig is. Sy sê mos die nuwe skolewet moet nie die stelsel verwurg nie, so wat sy eintlik sê is hulle sal tot die redding kom en beheer van die skole oorneem sodat dit nie kan gebeur nie.

Schalk ·

20% TIPIES WIL DIT SEKER 0% MAAK DAN HET ONS % DRUIPELINGE EN KAN HUL TOI TOI MET BRILJANTE SLAAG SYFER EN TOEKENNINGS MAAK.

Landie ·

Die regering het lank reeds hulle visier op Afrikaans medium skole. Want die afrikaanse skole bewys steeds dat hulle standaaarde het en dat moedertaal onderrig noodsaaklik is. As die wetsontwerp deur gaan sal daar nie meer Afrikaanse onderrig in skole wees nie. En dis net wat die regering wil het. Die ANC/Regering het reeds alle staatsinstellings verwoes, die gesondheidsstelsel en veiligheidsmagte. Nou ons onderrig. Afdraende teen ‘n snelle pas.

Feite ·

Tot dusver het alle gewysigde wetsontwerpe wat die ANC ter tafel gele het groter beheer en dus meer mag aan die ANC besorg. Opposisiepartye moet dus saamstaan om enige gewysigde wetsontwerpe deur die ANC te stop, maak nie saak hoe mooi die ANC dit probeer kamoefleer nie. Angie is deel van n hebsugtige en magsugtige ANC, wie wanneer hulle mense paai met mooi woorde, mense mislei!

Bennie ·

Engels is die taal wat gebruik word deur die grootste onderdrukker wat die land nog in sy geskiedenis gehad het nl die anc.

Dankbaar ·

Ja nee daar gaan die ANC trein alweer in volle spoed. Moenie dink ons is dom nie. Ons sien wat jul beoog

Julie Jansen van Rensburg ·

Kyk, in beginsel het ek nie ‘n pyn met bykomende tale by skole nie – inderdaad, ek het my skoolloopbaan in ‘n Engelse skool in ’39 begin want my pa het daarop aangedring dat ek Engels MOET leer. En hier in ons Heimat dink ek sal dit ook voordelig wees as ‘n swart taal ookdeel van die kurrikulum uitmaak – ek sou sê Zoeloe, aangesien dit (in my opinie) die taal is wat deur meeste ander groepe verstaan word. Ek self is nou nie vlot Seswati-sprekend nie, maar kan minstens ‘n redelike gesprek daarin voer, en waar en wanneer ek met swartes in die handelslewe te doen het, skakel ek ook outomaties na Seswati oor – dit is een van die Nguni-tale saam met Xhosa, Zoeloe en Sindebele maar met sekere verskille hier en daar, maar basies dieselfde en mees verstaanbaar van Limpopo tot onder in dieOos-Kaap en alles tussenin… en wat meer is, om mekaar se tale te kan praat bring dit meer welwillendheid onder mekaar… Ek het baie jare terug ‘n man uit Estonië geken wat – toe hy hier aangekom het, reeds 13 tale magtig was, en takel hy toe onmiddellik Afrikaans, en binne ses maande daarna lê hy die hoër taalbond eksamen met lof af… my stiefpa, wat Zoeloe vlot kon praat, lees en skryf is deur die hof in Ermelo genader om as tolk op te tree, maar weens die afstand (40 myl) van die plaas af het hy dit nie aanvaar nie…

A Mac ·

So stadig maar seker, met ‘n wet hier en ‘n regulasie daar, jaar vir jaar, word ons skole uitgekalwe en verswak en onder staatsbeheer gesit. Ouers moet nou maar weet om finansieël beter voorsiening te maak vir hul kinders se onderrig en opleiding.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.