Nuwe Tshwane-speaker midde omstredenheid verkies

(Foto: Stad Tshwane/Twitter)

Die Stad Tshwane se nuwe speaker is ná ’n uitmergelende spesiale sitting van 14 uur lank eindelik verkies net om groot ongelukkigheid te veroorsaak.

Raadslid Mncedi Ndzwanana van The African Transformation Movement (ATM) is in die vroeë oggendure van Dinsdag met 105 teenoor 37 stemme tot speaker verkies, nadat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) 69 stemme as bederf verklaar het.

Dié stemme was almal ten gunste van Action SA se Kholofelo Morodi, kandidaat van die veelpartykoalisie in Tshwane. Die stemme was egter almal met ’n nommer in plaas van ’n kruisie gemerk.

Die koalisievennote (DA, VF Plus, Action SA, ACDP en die IVP) sê nou die stemme was verkeerdelik as bederf verklaar en as die OVK nié die sogenaamde bedorwe stembriewe uitgegooi het nie, sou Morodi met 106 van die 211 stemme geseëvier het.

Ndzwanana was die ANC en die EFF se kandidaat vir die amp van speaker.

“Ons glo dat OVK-amptenare onder druk van die ANC en die EFF was om hierdie stembriewe uit te gooi om die verkiesing van hul voorkeurspeaker te verseker, sê Jacqui Uys, Tshwane se gesamentlike koukusvoorsitter.

Die DA, ActionSA en VF Plus het tydens die tel van die stemme herhaaldelik daarop gewys dat die sogenaamde bedorwe stembriewe die bedoeling van die kieser duidelik aandui. “Daar was geen verwarring of onduidelikheid in die merke nie. Geen stembriewe is ook geskend nie,” wys Uys daarop.

Tog het die OVK die 69 stemme as “bederf” geklassifiseer weens die feit dat hulle nie met ’n kruisie gemerk is nie, maar met nommers.

Dít ten spyte daarvan dat literatuur van die OVK voorbeelde insluit van stemme wat met nommers uitgebring én wel as geldig beskou is.

“Die OVK se besluit is dus ’n gebrekkige een,” sê Uys.

Die DA beplan nou om regsadvies in te win. “Sodra ons daarvan voorsien word, sal ons regstappe oorweeg om die OVK-besluit om te keer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

B-Man ·

OVK oefen seker hoe om opposisiebriewe uit te gooi vir 2024.

Piet 6 ·

Mens aanvaar dat al die raadslede darem ń redelike mate van opvoeding het en dat hulle weet dat die normale manier van stem met ń “X” is. Ek dink hulle was moedswillig gewees om prosesse net verder uit te rek.

domheks ·

Wys jou maar weereens – 2 stelle reels, afhangende van die cANCer en eff se opdrag!

Kiepie ·

Ek weet nie wat is die snaakste nie, die feit dat daar ‘n Louis L’ Amour aanhaling onder aan die voorbeeld-stembrief is of die feit dat daar ‘n spelfout in die aanhaling is nie! Die “notion” is dat ons “nation” deur een van die skurke in ‘n L’Amour-boek gekaap is.

Danie ·

Agterbaks,skelm,oneerlik,wat sal die spul nog doen om Mag te behou?Absoluut geen gewete vir die publiek en dienslewering.

Barend ·

Dit tel nou nie juis as punte vir die koalisie nie. Weet nie hoe om saam te werk nie maar is koning met sameswering.

Hendrik ·

As ‘n inwoner van Tshwane (Pretoria was anders…), wil ek vir die DA sê: Doen beter! Hou op belaglike speletjies speel en kry julleself in rat. Ons belastingbetalers verdien beter as hiérdie grap. Ons het die vorige leierskap as narre beskou, maar nou lyk dit my julle wil in ‘n sirkustent optree. Is daar tussen julle nie een regsgeleerdie wat die OVK se reëls volledig kon deurlees en verstaan nie?

Pierre ·

al wat sal gebeer is dat n mosie van wantroue ingestel sal word en als begin weer van voor af.

Koos 100 ·

Ek het dit al gesê en sal dit weer sê. Die OVK is nie so onafhanklik, soos daar voorgegee word nie. Hulle hoof word deur die president aangewys/goedgekeur en hulle salarisse word duer die regering van die dag betaal. As die regering van die dag uitgestem word, is hulle ook aanstonds werkloos.

Hennie ·

Wat n sirkus. Hier kom nog n hofsaak. Geniet jou BMW en blou ligte vir n paar dae ou maat.

Vettiemaragartos ·

Genade die mense kan nie eens ‘n kruisie trek nie, maar wil ‘n stad regeer!!!!!

Republikein in die Wes Kaap ·

Mens kry die indruk een DA ghuru praat en die res luister. Die voormalige DA burgermeester vir Johannesburg wil daai kultuur nou verander deur Steenhuisen uit te daag vir party leierskap. Dalk sal sy beter doen. Steenhuisen kan dan voltyds betoog.

Pietertjie ·

Faksie-gevegte. Net soos pw voorspel het. Met gevolglike armoede vir die belastingbetalers.

Republikein in die Wes Kaap ·

DA, hou dinge eenvoudig. Kry vooraf klaring by die OVK oor jul plan om die verraaiers te vang. Dis nie studente politiek nie. Hoe gaan julle die land regeer?

Di ·

Korrupsie ORALS. Die spul sal SEKER maak die persoon word in die pos gesit wat hulle daar wil he, kom wat wil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.