Nzimande ‘speel met woorde’ oor Afrikaans as inheemse taal

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, se departement het uiteindelik ’n aangepaste definisie van inheemse tale in die Staatskoerant gepubliseer nadat die minister maande gelede onderneem het om die definisie aan te pas.

“Maar eerder as om eenvoudig die wetenskaplike definisie te gebruik – dat ’n taal inheems is in die gebied waar dit ontwikkel het – speel Nzimande met woorde om steeds teen Afrikaans te diskrimineer,” sê dr. Leon Schreiber, DA-LP.

Die nuwe definisie van inheemse tale, wat op 7 Julie in die Staatskoerant bekend gemaak is, fokus op tale wat inheems is aan ’n streek of land en gepraat word deur inheemse mense. Die term word in hierdie beleidsraamwerk uitruilbaar gebruik met ‘inheemse Afrikatale’ en dit verwys na voorheen gemarginaliseerde Suid-Afrikaanse tale waarvan die gebruik en status histories ingekort is.

Dié definisie is wel ’n verbetering op die oorspronklike wat gelui het dat slegs tale wat behoort aan die “Suid-Bantoe-taalfamilie” as inheems beskou word. Nzimande erken nou immers dat tale soos Afrikaans en Khoekhoegowab nie as “uitheems” geklassifiseer kan word bloot omdat dit nie “Suid-Bantoetale” is nie.

“Ongelukkig vind Nzimande met die nuwe bewoording ’n ander manier om Afrikaans steeds by te kom. Hy doen dit deur die erkenning van inheemsheid voorwaardelik te maak: slegs tale wat ‘histories ingekort’ was,” wys Schreiber daarop.

Dan is daar die verdere voorwaarde waardeur Nzimande ʼn taal slegs as volwaardig inheems beskou indien dit deur “inheemse mense” gepraat word. Schreiber sê hierdie voorwaarde is heeltemal onnodig en word “op tipiese ANC-wyse slegs ingesluit om Suid-Afrikaners te verdeel”.

“Dit is ontwerp om universiteite en ander hoëronderwysinstellings te noop om te vra: watter studente is inheems, en watter is uitheems? Dit gaan lei tot selfs verdere verdeeldheid en polarisering op grond van etnisiteit en taal; presies wat die ANC wil hê in die aanloop tot aanstaande jaar se verkiesing,” sê Schreiber.

‘Sluwe’ stekie ingekry

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Jan Bosman, hoofsekretaris van die Afrikanerbond, sê ook die minister het op ʼn “nuwe sluwe” manier ’n stekie ingekry wat Afrikaans betref.

“Dit blyk egter dat dr. Blade Nzimande nie tred hou met die realiteite van Suid-Afrika nie. Taaldiversiteit is iets wat nie summier deur ʼn ideologiese bril afgemaak en verdag gemaak kan word nie. Sy ommeswaai oor Afrikaans en standpunte vroeër oor Afrikaans en Afrikaanse universiteite, dui op ʼn dieperliggende afkeur van enigiets wat Afrikaans is.

“Deur sy oneerlike en agterbakse optrede blyk dit egter asof die minister alles ongedaan wil maak en dat hy eerder die land se ryke diversiteit sal laat verengels as om iets konstruktief by te dra tot die beskerming en bevordering van inheemse tale, Afrikaans ingesluit.

“Dit word nou ʼn ideologiese obsessie om Afrikaans se posisie nou al meer in te kort en te verskraal.”

Bosman sê die minister se “aggressie” teenoor Afrikaans ontbloot ʼn verdagte motief. Dit is ook duidelik dat die minister “geen vriend van Afrikaans is nie”.

“Inteendeel hy het geen begrip oor diversiteit en die rol van alle inheemse tale in hoër onderwys nie.”

‘Moeg vir taalgimnastiek’

AfriForum sê weer dit is duidelik dat taalgemeenskappe self verantwoordelikheid vir hulle tale se beskerming, groei en voortbestaan moet neem. “Enigeen wat glo dat die ANC werklik ernstig oor meertaligheid in die land, of die bevordering van diversiteit is, is naïef,” sê Alana Bailey, AfriForum se hoof van kultuursake.

Sy verwys na die feit dat geen openbare tersiêre onderwysinstelling meer alle kursusse in Afrikaans kan aanbied nie. “Ook waar instellings ander inheemse tale probeer akkommodeer en uitbou, het hulle uitdagings met befondsing. ’n Taalbeleidsraamwerk vir tersiêre instellings is nodig, maar van veel meer belang is ondersteuning aan die instellings om die uitvoering daarvan moontlik te maak.”

Minister Blade Nzimande. (Foto: @TrafficRTMC/Twitter)

Bailey sê vroeër kon die ANC se houding jeens inheemse tale (insluitend Afrikaans) as een van “welwillende verwaarlosing” beskryf word.

“Tans is dit egter een van die bevordering van Engels ten koste van alle ander tale – nie net in die onderwys nie, maar op alle regeringsvlakke en terreine. Nzimande se taalgimnastiek oor waar Afrikaans, Khoi- en Santale inpas, en die omstrede Bela-onderwyswetsontwerp is voorbeelde van die ANC se drang om eentalige Engelse onderrig af te dwing.”

Bailey sê op ander terreine is instellings soos die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad, die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe (beter bekend as die Artikel 185-kommissie) en die Menseregtekommissie veronderstel om taalregte te beskerm, maar hulle word deur uitdagings soos onderbefondsing, kaderontplooiing en ’n gebrek aan uitvoerende magte gekniehalter.

“Dit is duidelik dat taalgemeenskappe wat ernstig oor hulle taalregte is, self moet inspring om eie onderriginstellings te vestig en hulle tale te bevorder,” sê Bailey.

Dit beteken ook dat meer mense deur regeringsverteenwoordigers se lippediens oor die waarde van moedertaalonderrig, veeltaligheid en diversiteit sien en gaan saamspan om ministers soos Nzimande aanspreeklik vir hulle taalregteskendings te hou – ook met litigasie waar moontlik, sê AfriForum.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Boeretroos ·

wel as ek dit so lees word afrikaans die 3de meeste gepraat in Suid Afrika teen 13.5 % maar ek mag verkeerd wees

Marius ·

Ja dr , jy wil nie my taal erken nie maar ek moet bydrae om jou salaris elke maand te betaal om in possisie te sit waar jy niks beteken en doen om die land te bou nie.
Jy sal eerder snert kwyt raak as om te bou aan n toekoms in die land.

Michiel ·

‘n Familielid van my seg onlangs: “Almal praat Engels waar kan jy nog regkom met Afrikaans. Nee man praat Engels.”.

marius ·

Wat anders is verwag ? Hy is ‘n kommunis en staan in beheer van opvoeding .

MAGRIETHA ·

Hy weet seke nie in hierdie land is daar van alle rasse wat Afrikaans magtig is en wat bakly vir afrikaans hy moet net sy oe en ore oopmaak dan sal hy dit ook beleef

Hendrik ·

Die anc regering is terdee bewus daarvan dat hul in diens staan van globalisme. So ons is nie net beperk in stryd tot die anc as vyand nie, maar ons vyand is oorheersend wereld wyd.

JohanR ·

Net nog ‘n arrogante en nuttelose SAKP/ANC kader soos soe baie van hulle! Kommunis maar hy lewe te lekker.

Lesly ·

Hulle sal nie rus voor Afrikaans heeltemal verdwyn nie. As hulle bietjie van geskiedenis geweet het, sou hulle geweet het dat die Engelse dit baie lank terug ook probeer het. Die Afrikaner is ‘n kanniedood en hulle plan sal faal.

Republikein in die Wes Kaap ·

Indien ‘n woning deur Afrikaners bewoon sal Afrikaans gepraat word. Dit sal al plek wees waar kinders die taal sal leer, behalwe in sekere privaatskole. In klein ondernemings met baie Afrikaanse klante sal Afrikaans gepraat word. Verder gaan Afrikaans maar klippe kou. Dink maar wat gebeur by openbare universiteite, staatsdiens, parlement, howe, groot maatskappye.

Bolandse Nooi ·

Solank Afrikaans gepraat word, sal Afrikaans bly voortbestaan. Hulle vergeet alte gerieflik dat die Engelse hulle méér onderdruk het (oor ±150 jaar, vanaf 1806 tot 1948) as die sg. A’frikaanssprekende Afrikaner”, tog ‘gooi’ hulle die Engels (hoewel krom en skeef) alte lekker. Wat van die Randlords, wat hul voorsate ‘dom en arm’ gehou het as mynwerkers in JHB? Hulle vergeet dat Afrikaans voorheen, juis na die ABO II. ingekort was … deur die Engelse!

Mundus ·

Ja, Afrikaans was ‘histories ingekort’, soos die nuwe definisie nou vereis, net langer gelede.

Gerhardus ·

Dalk is dit net ek, maar ek beskou myself as inheems, my voorsate is immers al hier vir meer as 10 geslagte, so dit maak afrikaans ‘n inheemse taal. Afrikaans is ingekort deur die Britte, so weerheens voldoen afrikaans aan die vereistes vir ‘n inheemse taal.

domheks ·

Los tog net ons taal en Godsdiens uit. Ons is nie kommuniste nie!

Michiel ·

Afrikaanssprekendes verengelst uit vrye wil:
– “Ag ons praat maar Engels”
– “Almal praat Engels waar kan jy nog regkom met Afrikaans. Nee man praat maar Engels.”.
– “Hahahahaha jy met jou Afrikaans niemand verstaan jou”

Wat die Engelse in 1910 – 1920s nie kon regkry is die ANC heel erg veel suksesvol mee. Afrikaanss se tafelpote is afgesaagd. Nou is nog net die verbryselde tafelblad oor.

Volke wat ‘n geografiese meerderheid het, selfs so klein soos Zwaziland, kan sy eie taal handhaaf. Ons het geen eie kulturele grondgebied, so ons is onderworpe aan de grille van die ANC-regime.

Afrikaans staan vir naasteliefde, orde, geregtigheid en verbinding.

Bolandse Nooi ·

Wha-ha-ha-ha … ou Blade …. slaat jy jou naam met ‘n hele akkerboom!!!! Afrikaans IS ‘n voorheen-ingeperkte taal …………………… vanaf vroeg in die 1900’s, was Afrikaanssprekendes nie toegelaat om hul “kombuis Hollands” (Afrikaans) te besig in howe, skole en regeringsplekke nie. Die voertaal was Engels. Afrikaans is eers heelwat later (ek dink in die 1920’s) as offisiële tweede taal in SA aanvaar.

Lian ·

Ons is wel van Europese afkoms, maar NOU is ons hier EN Afrikaans het HIER ontstaan ( die naam se selfs so). Ons het net soveel reg as al die ander taalgroepe om voort te bestaan . Ons het ook ‘n struggle gehad om ons van Britse oorheersing te bevry.

Papsak ·

Ja weet jy jy like nie my taal of kleur nie jy wil weg doen met dit maar my geld is reg om jou salaris te betaal elke maand ne hoekom doen jy nie liewers weg met jouself nie dit sal wonderlik wees

Papsak ·

Hy het self nie n opvoeding gehad nie nou kom raak hy slim dom onnooslik shame afrikaans sal bly

Nonnie ·

Die beste van alles is hierdie anc ministers en meelopers se uitsprake van sekere engelse woorde is SKREEUSNAAKS EN DUI OP ALGEHELE ‘UNEDUCATED INDIVIDUALS TRYING TO BE OH SO ENGLISH’…..he he he he

Theresa ·

Definisie van n woord kan nie aangepas word deur n SA minister of enige jan rap en sy maat nie, dis n beskrywing van die woord, dit is wat dit is…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.