OB besorg oor ‘uitgelekte verslag’

Openbare Beskermer Busisiwe Mkhwebane (Foto: Thobile Mathonsi/African News Agency/ANA)

Die kantoor van die openbare beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, het Sondag in ʼn verklaring gesê sy neem met kommer kennis van ʼn artikel dat een van haar verslae glo aan ʼn Sondag-koerant uitgelek het.

Oupa Segalwe, waarnemende woordvoerder van die OB se kantoor, het gesê dit hou na bewering verband met ʼn ondersoek waarmee Mkhwebane besig is ná klagtes van die Demokratiese Alliansie en die Ekonomiese Vryheidsvegters teen die president.

IOL het berig Mkhwebane het pres. Cyril Ramaphosa skuldig bevind op aanklag dat hy die parlement “mislei het” en versuim het om ʼn skenking van R500 000 van Bosasa-baas Gavin Watson te verklaar. Dié skenking was vir sy ANC- presidensiële verkiesingsveldtog in 2017. Die koerant voer aan dit is ʼn voorlopige verslag wat Donderdag by Ramaphosa ingedien het, maar die Sunday Independent het dit glo onder oë gehad, “met vergunning van een van die president se vertrouelinge”.

Segalwe het gesê Mkhwebane en haar kantoor sal nie kommentaar lewer oor die inhoud van enige nuusberig of uitgelekte dokument wat aanvoer om een van haar dokumente te wees nie, omdat dit moontlik ʼn nadelige invloed kan hê op die ondersoek.

“Verslae van die openbare beskermer word amptelik deur adv. Mkhwebane vrygestel aan klaers, respondente en die publiek kragtes artikel 182(5) van die Grondwet, met artikel 8(1) en (3) van die Wet op die Openbare Beskermer,” het Segalwe bygevoeg. “Inhoud van kennisgewings wat deur die openbare beskermer uitgereik word, is streng vertroulik.”

Segalwe het dit benadruk dat geen persoon, kragtens die wet, by magte is om die inhoud van enige dokument bekend te maak tensy die openbare beskermer anders bepaal nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Andreas ·

Dis reg so dame, ek is lankal bekommerd, want hierdie Busisiwe is ‘n onbeMkhwame, openbare beskermer.

Johanna Botha ·

Ag dis presies wat mens verwag van haar …eintlik vertrou ek haar gladnie dat sy optree in die publiek se belang ……JUST GO !

Ellisras ·

Sy is meer bekommerd oor iets wat uitlek. Sy moed bekommerd raak oor die korrektheid van haar verslae. Eintlik is die verslae presies wat sy bedoel. Iemand het ‘n afstandbeheer wat haat knoppies druk.

Zoro I ·

Wat is die strooi met voorlopige vele elke keer – kan sy nie net n verslaag uit bring en klaar. Moet sy elke keer die sterkte van die stroom voel voor sy die boot in die water laat.

Hettie ·

Hierdie onbevoegde mens se salaris word deur ons belasting betalers betaal ,hoeveel mense moet nou nog vra dat sy verwyder word voor iemand luister ?

Gert van Wierdapark ·

Oupa se kommentaar oor die OB “gelekte” verslag, is deel van die OB se sir-kus! Uit haar verslae oor oa min Gordhan en pres CR, is dit duidelik dat sy haar uitleef in JZ se vertroue in haar. Die OVS kaartman, vriend Ys, kan vir-seker gesien as deel van die strategie met sy sabotasie verklaring oor die Reserwebank ens. Al die los drade maak deel uit van die vorige “bedeling” se poging om weer aan stuur van die Kakistokrasie te kom……. Kom Wat Wil! In die proses word SA al hoe nader aan die af-grond “bestuur”. Pres CR sal NOU MOET AKSIE NEEM, of ons is almal in ons maai in!!!

Andreas ·

Die magtigste mense in die land is:
1. Mogoeng
2. Die OB
3. Ace en Die Een van Mpumalanga
4. ‘n Paar kaders
5. Ander kaders in hoë posisies, daardie onaantasbares wat korrup is
6. Zuma wat uit die buitenste ruimte destruktief optree
7. Cyril wat van al bogemelde afhanklik is

Phillip ·

Ek stem volkome met jou saam Gert. Lerato wat het die DA met die OB te make.? Sy is Zuma se ANC meisie.

SjN ·

Alle bewyse van korrupsie is daar maar hul loop nog vry rond.

Diefie ·

Is dit die regte verslag of is dit die 1 wat sy wil hê die werêld moet sien.

Swart Piet ·

Aunty ons is ook lankal bekommerd. Ons is bekommerd oor jou.
Dat jy uiters onbekwaam is vir jou pos.

John ·

Hulle gaan haar moeilik uit haar pos verwyder kry want sy glo skynbaar dat selfs die hoofregter en die prez haar onderdane is. En haar vriende vertel dit daagliks aan haar:
Jy is magtig en kan doen wat jy wil. Wie is hierdie sluwe vriende?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.