Olieprys op hoogste vlak in jare

(Argieffoto: pixabay)

Die prys van olie het Vrydag op die hoogste vlak in amper twee jaar gesluit nadat produsente ingestem het om voorraad vanaf April met ʼn kleiner as verwagte hoeveelheid te verhoog.

ʼn Vat Noordsee-Brent-ruolie vir lewering in Mei het in Londen met 3,9% tot $69,63 (R1 069) gestyg – die hoogste sluitingsprys sedert April 2019.

In New York het die prys vir lewering in April met 3,5% gestyg tot $66,09 (R1 015) – die hoogste sluitingsprys die afgelope 22 maande.

Die aankondiging deur olieproduserende lande dat hulle uitset met minder as die verwagte hoeveelheid gaan verhoog, het gelei tot pryshoogtes wat ʼn paar maande gelede nog bykans ondenkbaar was.

In April verlede jaar, terwyl die Covid-19-pandemie wêreldwyd ekonomiese verwoesting gesaai het, het die prys van olie tot minder as nul dollar per vat gedaal – ʼn negatiewe olieprys. Dit is bestempel as ʼn ongekende gebeurtenis wat nog nie eens naastenby in die verlede gebeur het nie.

Donderdag se besluit deur die Organisasie vir Petroleumuitvoerlande (Opul) en sy bondgenote om produksie net effens te verhoog, is bestempel as ʼn teken van “merkwaardige selfbeheersing” en het gehelp om oliepryse al hoe nader aan $70 per vat te stoot.

“Die tempo waarteen die prys sedert die donker dae van negatiewe vlakke toegeneem het, is ongekend,” het Bjornar Tonhaugen, hoof van oliemarkte by Rystad Energy, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Danie ·

Maal dit met die Rand wat binnekort nog verder gaan verswak en ons het reuse brandstof prys verhogings oppad!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.