Onafhanklike ondersoek kom ná skoolseuns verdrink

Matome Chiloane, die LUR vir onderwys in Gauteng, het die leerders se gesinne Woensdag besoek. (Foto: Verskaf)

Die Gautengse onderwysdepartement sal ʼn onafhanklike regsfirma aanstel om die dood van twee tienerseuns tydens ʼn skooluitstappie in Centurion te ondersoek.

Siphamandla Peterson (15) en Sibusiso Sibiya (17), leerders van die Daveton Skills School in Benoni, het Maandag in die Hennopsrivier verdrink. Matome Chiloane, die LUR vir onderwys in Gauteng, het vroeër gesê die seuns was deel van ʼn dissiplinekamp by ʼn oord langs dié rivier.

Die departement se besluit volg nadat Chiloane die skool en die seuns se familielede Woensdag besoek het. Dissiplinêre stappe sal ook teen enigeen ingestel word wat nalatig opgetree het en tot die dood van die seuns bygedra het, aldus Chiloane.

Sibusiso Sibiya (17). (Foto: Verskaf)

Die LUR het voorts gesê hy is teleurgesteld dat sommige skole in Gauteng nie bykomende voorsorgmaatreëls tref om leerders se veiligheid tydens uitstappies te verseker nie, en ook nie aan die departement se nodige protokolle vir uitstappies gehoor gee nie.

Siphamandla en Sibusiso se dood volg kort na dié van Latoya Temilton, ʼn gr. 7-leerder van Laerskool Queenswood in Pretoria.

Latoya is dood toe sy in Januarie op ʼn leierskapsuitstappie by die Wag-ʼn-Bietjie-kampterrein in Olifantsfontein verdrink het.

Siphamandla Peterson (15). (Foto: Verskaf)

ʼn Onafhanklike regsfirma is ook in dié geval deur die departement aangestel om die omstandighede rondom haar dood te ondersoek.

Die firma het bevind dat die skool, kampterrein en tot ʼn mate ook Latoya se ouers nalatig was toe sy verdrink het.

Die skool het luidens die verslag nie die nodige protokolle vir die uitstappie gevolg nie en versuim om voldoende voorsorgmaatreëls te tref.

Daar was glo nie enige toesig by die swembad toe die voorval plaasgevind het nie en Latoya kon ook nie swem nie. Die oord en onderwysers word ook daarvan beskuldig dat hulle nie vinnig gereageer het toe ander leerders alarm gemaak het nie. Luidens die verslag was die ouers ook nalatig omdat hulle haar swemklere vir die uitstappie ingepak het, wetend dat sy nie kan swem nie.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

etienne ·

Hoe in die lewe verdrink 2 kinders op n dissipline kamp, hoe gebeur dit.

Porseleintjie ·

Wat soek kinders wat weet dat hulle nie kan swem nie in die water?

Juanita ·

Hoe is dit nalatig van ouers om swemklere in te pak vir ‘n kind wat nie kan swem nie? Ek is 44 en kan nie swem nie. Op skool uitstappies het ek my swemklere aangehad en in die vlak water gespeel. As die kind in julle sorg geplaas is, is dit julle verantwoordelikheid om die kind veilig aan die ouers terug te bring. Niemand neem meer verantwoordelikheid vir hul dade nie. Vingers word altyd elders gewys.

Casper ·

Verbied alle kampe wat by riviere,damme of swembaddens aangebied word.Om ‘n vrywaringsbrief te teken gaan nie die probleem oplos nie.

Misky ·

Maar hulle seksonderrrig inbring in skole. Maak swemlesse verpligtend en red so lewens.

Pampoen ·

Toe ek n kind was, het ons sonder toesig in damme en riviere geswem soos normale kinders. Geen hoeveelheid toesig kan voorkom dat daar mense verdrink nie. Leer eerder jou kinders swem. Van jongs af.

Lettie ·

Stem saam met Casper. Geen skool uitstappies by riviere en swembaddens.

Anel ·

Sekere lede van ons bevolking is bang vir water. Ek weet van hierdie disipline kamp. Daar is net anderkleuriges as toesighouers en leiers. Dis ‘n disipline kamp. Kinders wil nie daar wees nie!! Hulle probeer gereeld weghardloop. En die is nie babatjies nie. So niemand kan verantwoordelik gehou word nie.
Voortrekkers hou gereeld vlot bou en vlotvaarte. In al die jare het nog nie een kind verdrink nie. Vandat skole gemeng is, verdrink net ‘n sekere bevolkingsgroep se kinders! Dis nie wat ek sê nie, dis wat ek waarneem.

koos10 ·

Stop alle uitstappies, punt. Dit is vir die onderwysers, hoof en beheerliggaam net hoofbrekings. As daar kampe nodig is doen dit as dagkampe by die skool. Jammer, want ek is byna 50 en kan al my skool uitstappies nog onthou.

SwartBees ·

Op kampe soos die word daar workshops gehou en alles vind plaas teen n tyd skedule in groep formaat met toesig. Het die kinders uitgeslip om te gaan swem, die dat daar geen toesig was nie?

Voor die kind na die kamp gaan word die ouers lank voor die tyd forms gegee wat handel oor die kamp en hul toestemming vra en wat ook vra of die kind kan /mag swem of nie. Niemand hier behalwe die ouers behoort blameer te word. As ek weet my kind kan nie iets doen nie gaan ek hom nie dit laat doen nie.

JohanR ·

Ek het eens van Gatooma(nou Kaduma) Harare toe met bus, en toe op die treing af Beira toe saam met die Lions. Ek was soe 8 jaar oud en dit was ‘n lekker avontuur see toe wat ek nog nooit gesien het nie. Ek het see ingegaan maar ook nie te diep nie want ek het nie gehou van die seewier wat homself om my bene gedraai het. Ek is seker daar was lewensredders, maar ek as 8 jarige het nie veel meer geweet as dat ek by die see is. Maar op 8 jaar kon ek al goed swem want my ouers het my geleer in ‘n swembad. Ek is wel seker as ek in ‘n see stroom beland het sou ek gesukkel het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.