ʼn Vrou van Bethelsdorp word steeds in die intensiewesorgeenheid van ʼn hospitaal behandel – en haar ongebore baba is dood – nadat ʼn gewapende man Woensdag op haar losgebrand het.
Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder in die Oos-Kaap, het gesê drie mans het die vrou vroeg gistermiddag in Booysenspark genader en haar selfoon geëis.
“Terwyl sy haar foon wou uithaal, het een van die verdagtes skote op haar geskiet. Sy is in die maag, linkerbobeen en regterarm gewond,” het Naidu gesê.
Die rowers het daarna gevlug.
Die 31-jarige vrou was naastenby ses maande swanger, het Naidu gesê.
“Dit is in dié stadium onduidelik of hulle wél haar selfoon gebuit het. Die motief vir die skietery moet nog vasgestel word.”
Die vrou is na ʼn hospitaal gehaas, maar haar ongebore baba kon nie gered word nie en is dood.
ʼn Klag van poging tot moord word ondersoek, het Naidu gesê.
Dr. Llewellyn Curlewis, ʼn strafregkenner, het by navraag gesê ʼn ongebore baba word ingevolge strafreg nie as ʼn lewende wese beskou nie. Daar kan dus nie sprake wees van ʼn moordklag nie, al het die ongebore baba gesterf.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
Dis moord en klaar!!!!! Op 6 maande swangerskap is dit ‘n baba en nie ‘n fetus nie.
Moord is moord…. wette is mensgemaakte reels. Vra maar enige ouer wat al ‘n kind moes afstaan aan die dood.
dis ‘n lewetjie wat weg is! moord en klaar!
A life for a cellphone
Mens wonder net altyd wanneer is genoeg, genoeg. Iewers moet dit tog stop?