Ongeluk eis baba, ouers

(Argieffoto: ER24)

Drie mense, onder wie ʼn baba, is Sondagaand oorlede en 11 is beseer nadat verskeie motors op die N12 tussen Potchefstroom en Fochville gebots het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici en provinsiale nooddienste om 18:50 drie motors in die middel van die pad aangetref. Talle mense is ook op die toneel gevind.

ʼn Man en ʼn vrou was in ʼn motor vasgekeer, terwyl hul babadogtertjie buite die motor gelê het. Die ouderdom van die oorledenes is nie bekend nie.

“Die gesin het ongelukkig noodlottige beserings opgedoen en paramedici kon niks verder vir hulle doen nie. Hulle is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

Altesaam 11 mense het ernstige of geringe beserings opgedoen. Twee mense het geen beserings tydens die voorval opgedoen nie.

“Paramedici het diegene wat ernstig beseer is op die toneel behandel en na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, maar die polisie was op die toneel en ondersoek die saak verder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Swerwer ·

Sê al genoeg as daar geen name genoem of ‘n foto geplaas is nie. Om 18:15 is 3 motor’s in die pad aangetref, daar word na verskeie motors verwys, so hoeveel het na die 3 motors bygekom. Drie is oorlede waaronder ‘n baba en 11 beseer. Dit alles net van 3 motor’s?

Skappie ·

Sterkte aan die mense wat beseer is. Jammer om te hoor van die ouers en baba wat oorlede is. Alle meegevoel aan die res van die gesin.

PersHeks ·

‘n Hele gesin word net só uitgehaal …. hoe verskriklik!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.