Onteieningskennisgewing teen Akkerland-plase teruggetrek

Die hofbevel wat uitgereik is. Foto: Twitter

Die grondeisehof het Vrydag beveel dat die onteieningskennisgewing wat in Maart vanjaar aan die eienaars van Akkerland Boerdery in Limpopo uitgereik is, teruggetrek moet word.

Dit volg nadat Maite Nkoana-Mashabane, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, vroeër vanjaar ʼn uitsettingsbevel aan die eienaars van Akkerland Boerdery laat beteken het waarin hulle opdrag gegee word om die twee plase, Lukin en Salaita, te ontruim.

Akkerland Boerdery is ʼn wild-en-jagplaas wat noord van Louis Trichardt in Limpopo geleë is. Die name van die twee plase, Lukin en Salaita, verskyn ook op die lys van plase wat verlede maand deur AfriForum bekendgemaak is en wat glo geoormerk is om sonder vergoeding deur die staat onteien te word.

Johan Steenkamp, mede-eienaar van Akkerland Boerdery, het vroeër gesê die eiendom is ongeveer R200 miljoen werd, maar die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming het net R20 miljoen vergoeding aangebied vir die onteiening van die plaas.

AfriForum en TLU SA het vroeër vandeesmaand by ʼn mediakonferensie gesê hulle sal Akkerland Boerdery in hul regsgeding ondersteun om die onregmatige onteiening van Akkerland Boerdery te verhoed.

Johan Steenkamp, mede-eienaar van Akkerland Boerdery. Foto: Reint Dykema

Marius Croucamp, adjunkhoofsekretaris: Metaal- en ingenieursbedryf by Solidariteit, het by dieselfde konferensie beweer die ware redes vir die onteiening van Akkerland Boerdery is omdat die staat sy hande op die steenkoolreserwes onder die grondoppervlak van die plase wil lê om sodoende die Chinese regering se ekonomiese belange in Suid-Afrika te fasiliteer.

Ingevolge Vrydag se hofbevel keer die eienaarskap van Akkerland Boerdery met onmiddellike inwerkingtreding terug na die eienaars van die plaas. “Die partye kom ooreen dat die res van die kwessies wat nie hierdeur ʼn bevel van die hof gemaak is nie, sal oorstaan tot ʼn latere bepaling en word gevolglik onbepaald uitgestel.”

Croucamp het aan Maroela Media gesê die hofbevel beteken die onteiening van Akkerland Boerdery is van die baan, maar dit is moontlik dat die departement in die toekoms weer die proses van voor af kan begin in ʼn poging om die plaas te onteien. “Ek dink ons het die veldslag gewen, maar die oorlog is nog nie verby nie,” het Croucamp gesê.

Steenkamp kon nie onmiddellik Vrydagmiddag vir kommentaar bereik word nie.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Linda ·

Wie moet ons bedank? Steve. Steve Hofmeyr. en AfriForum. En Solidariteit.

Adam ·

Waarvoor bedank? Vir die verskaffing van rassehaat “brandstof”?

Loeis ·

Nee Adam. Daardie toekenning gaan aan die ANC en EFF wat ‘n rasse stryd teen blankes dryf.

Hennie ·

Steve kan, met alle respek, nie in dieselfde asem as Solidariteit en Afriforum genoem word nie, nie naby nie, ek ruik promosie en op die rug van S & A se rug ry. In kort populisties, al het mens hoeveel respek vir Steve. Om Steve se naam hier te sien, mag sy aanhangers laat lekker kry, maar hy pas nie hier nie. Dit doen hom meer kwaad as goed.

Hennie ·

Steve kan, met alle respek, nie in dieselfde asem as Solidariteit en Afriforum genoem word nie, nie naby nie, ek ruik promosie en op die rug van S & A se rug ry. In kort, populisties, al het mens hoeveel respek vir Steve. Om Steve se naam hier te sien, mag sy aanhangers laat lekker kry, maar hy pas nie hier nie. Dit doen hom meer kwaad as goed.

Hennie ·

Ek sal graag van Steve wil verneem of hy hierdie plasing van Linda goedkeur?

HPV ·

Wat het Steve hiermee te doen? Was nie bewus hy het weer die Stem gesing nie…

Piet ·

Loeis ja, dit is ironies dat mens kapsie maak teen rassistiese wetgewing en dan word jy vertel jy is rassisties – eintlik belaglik. Dis ook net belangrik om te noem dat die Transvaalse Landbou Unie (TLU), saam met Afriforum ‘n sleutel rol gespeel het om hierdie onteiening te stuit. Kyk wie tree op in jou belang en ondersteun hulle en veg die stryd saam met hulle.

alida ·

Mooi so!!!! So sal al CR se slim planne een na die ander uitgewis word. Doen mos eers voor hulle DINK.

Bernard Hellberg ·

Dis wat gebeur as jy met jou vingers in die geldlaai gevang word. Maar die skurke sal weer probeer?

jaco ·

moenie te gou juig nie. die howe in Zimbabwe het ook Mugabe se onteienings en grondgrype onkonstitusioneel verklaar, en toe dank hy eenvoudig daardie regters af en stel regters aan wat konsekwent sy onteieningsbeleid napraat. Met ons grondwetlike hof wat onlangs reeds gesê het die woord boer is nie haatspraak nie en wat stilgebly het oor n liedjie waarin gesing word oor hoe “boere” leed aangedoen moet word, is dit duidelik in watter rigting SA se howe reeds beweeg…

Eish ·

Geen koper sal nou met n tang aan die plaas vat nie. Ek dink tog dis net n kwessie van tyd voor die volgende aanslag. Miskien die artikel 25 wysiging.
Kom, kom die OSV!

Shaun ·

Stem saam…..Hulle het klaar nie grond minerale aan die Chinese belowe … nou gaan hulle appeleer…..Hierdie geveg is lank nie oor nie….

Paul ·

Die rook trek nou by sekere mense van die ANC, die EFF en BLF se neus uit. Mens kan sommer hoor hoe kap hulle hake in.

Manouhoenou ·

Wil graag weet hoe die eienaar op R200miljoen kom , Wat jy kan daai size plaas nou koop vir R10 miljoen .Ek skat hy wil nie verkoop nie wat seker sy reg is.As mens lief is vir n plek is jy lief vir hom.

Size? ·

Gaan nie oor “size” nie. Die plaas met sy steenkool onder die grond is baie meer werd ad net 10 miljoen. Dit kan rk jou verseker…

pb ·

Waardasie glad nie vir landbou grond nie…dit gaan oor minerale regte.

KanekVra? ·

Ek is bly vir die boer. R200 miljoen vir ‘n plaas? Party boere sukkel beslis nie.

Nou ja Toe. ·

Boer?
Watse boer?
‘Boer’ se gai.
Nes dokters hul medebroers in psigiatrie met n grinnik aanvaar, is dié spul n klomp agteroorsit landbouers.

volla ·

So ver ek weet behoort minerale regte nie outomaties aan die eienaar van grond nie. Jy moet die minerale regte (alles onder die grond) eers bekom. As ek ‘n goudrif ontdek onder die grond op my erf, behoort dit nie aan my nie.

LEES ·

Manouhoenou,
LEES ordentlik, daar is steenkool op die plaas.
Dit het niks met die grote vd plaas te doen nie, dit het met die steenkool ONDER die plaas te doen…………..udu

Cherokee ·

Julle wat steenkool skreeu moet julself (of hulle) afvra of die eienaars mineraleregte besit.
En as hulle nie mineraleregte het nie, is dit nie noodwendig die steenkool wat die waarde verhoog nie. Feit is, as mens nie wil verkoop nie kan jy enige astronomiese bedrag vra om potensiële kopers af te skrik.
En R200m is nie meer so baie soos dit klink nie. Kyk na kooppryse van strandwoonstelle en besef wat het met geld gebeur. Die bedrag is nie eens groot genoeg om Zuma se honger na geld te stil nie.

Charles ·

ONS IS BESIG OM HIERDIE STRYD OM ONS GANSE OORLEWING; ONDER DIE AANSLAG EN JUK VAN ‘N KWASI-KOMMUNISTIESE, RASSISTIESE EN VYANDIGE “REGERING”; TE WEN. MOOI SO!

#AFRIKANER STERK

Grassie ·

Eish is reg – die regering gaan daardie plase nie uitlos nie. Die Sjinese het die steenkool onder Akkerland nodig om krag op te wek vir die reuse aanleg wat hulle daar gaan bou. Die oonde wat die staal moet smelt werk ook met steenkool. Miskien was dit een van die voorwaardes vir die toestaan van die R33-miljard lening deur Sjina aan Eskom. Die regering sal moontlik hul aanbod vir die plaas verhoog of andersins wag tot die onteieningswetgewing goedgekeur is. Daar is ‘n derde moontlikheid. Die regering het mos mineraalregte genasionaliseer. Hulle kan dalk vir Akkerland sê hou maar jul grond, maar ons gaan nou ons minerale myn. Hulle mag dit doen.

Ina Cronje ·

Die Sjinese het aan Zambie ook ‘n reuse lening gegee wat hulle geweet het die regering nie kan terugbetaal nie toe neem hulle die Lusaka lughawe oor – dit is net die begin – hulle koloniseer donker Afrika om hulle miljoene mense te huisves en werk te verskaf – CR en ANC is nou verplig om hulle vereistes te voldoen – word wakker mense

Corma ·

Dankie Afriforum, dit is a.g.v. julle optrede en bewusmaking van wat aangaan en beskikbaarstelling van die “gewraakte” lys, dat die “grondgrypers” nou twee keer dink!! Ons moet maar op ons knieë bly vir ons boere !!!

Jerry ·

Ten minste is n veldslag gewen en dit skep vertroue by die mense, alhoewel dit ook nou weer die ANC slimmer en meer gedetermineerd sal maak wat sal aanhou totdat die howe in hulle guns n uitspraak lewer. Hoe verder n saak gevat word en dit uiteindelik in die ANC se guns draai, hoe ongunstiger raak ons kanse met soortgelyke sake. Dit het ons tog gesien met “Afrikaans must fall” by OVS universiteit. Daardie hofuitspraak was die doodsvonnis van Afrikaans ook by ander universiteite. Marius Croucamp, die staat beskik oor “too many ways, to kill a cat”.

Willem ·

Is hierdie nou die realistiese Jerry, of die ander Jerry wat praat? (Ons het hier onder die kommentare met twee Jerry’s te doen.)

Paul ·

Paul Kruger het gesê, “Neem uit die verlede alles wat goed en edel is, en bou daarop die toekoms”. (Dis nou ongeag die koloniale tydperk.)

Die ANC regering sê, “Breek als uit die verlede wat goed en edel is, af en bou daarop die toekoms”.

Staak ·

Ja Zumavill se fire pool en kameras is meer werd as die plaas.

Nikita ·

Amen. Dis baie goeie nuus…dankie vd update Maroela…gaan beslis verdere nuus hieroor dophou. Alle voorspoed verder Afriforum en almal wat betrokke is…. staan sterk.

Jerry ·

Willem, ek hanteer elke onderwerp op sy eie meriete, so my kommentaar gaan nie altyd wees wat jy wil hoor nie. Ons lewenswedervaringe, ervaringe, kennis en ontledingsvermoe verskil soos wat ons duimafdrukke verskil en daarom ook ons opinies. Waar my beginsels in die lewe vas is, verander my standpunte na gelang van faktore en nuwe feite tot my beskikking. Julle beginsels en standpunte was vas, is vas en sal vas bly en dit is ook reg so, hou dit so!

Willem ·

Dankie Jerry, ek waardeer. Ek het lank gelede al my kompas gevind, wyd belese en in ervaring, so ek is nogal konsekwent met my siening oor gebeure en om dit realisties te kan evalueer.

Afrikaanse Knaap ·

Die regering speel “long game”. Hulle weet onteiending sonder vergoeding kom, die eienaar van Akkerland gaan nog gedwing word om sy grond te verlaat met net sy klere aan sy lyf.

LHS ·

Kom ons noem dit maar die stilte voor die storm. Enigste rede waarom dit voorlopig gestaak is, is omrede dit uitgelek het dat dit nie hier gaan oor grond vir die armlastiges nie maar vir die ANC se Chinese broers.

Geelonger ·

Eiendom van minerale is tans gevestig in die Staat as “custodian” Die mineraleregte tot die betrokke plase was in die vorige bedeling in die staat gesetel deur n voorbehoud van mineraalegte ten gunste van die staat. N nuwe onteieningskenisgewing kan eenvoudig weer uitgereik word Die aasvoels sal terugkeer

Gerhard ·

Ek hoop mense besef herverdeling van grond is nou hier en dit gaan nie weg gaan nie. Die Kaders het opportunisties opgetree met die eerste poging en sal nou hul huiswerk gaan doen en beter doen met die tweede poging. Eintlik gaan die hele ding daaroor dat hulle wil sien waarmee hulle kan wegkom en dit sal bepaal HOE hulle sal voortgaan met herverdeling van grond. As jy gelukkig is kry jy iets vir jou grond al is dit 10%. Die probleem is hulle sit met al die kaarte en moet net uitwerk hoe om dit met die minste weerstand en nadele uit te voer.

anna ·

Ek dink Ek sou Maar geld gevat het en gee pad het uit die land. Hulle gaan nou net met n ander pad die grond kry. Suid Afrika is vol reserves , Chinese is Baie en het Baie geld . Sterkte Vir Almal Ons Almal Se senuwees Klaar Ek kry veral die Boere jammer . Mag God Ons Krag gee.

Piet ·

Loeis ja, dit is ironies dat mens kapsie maak teen rassistiese wetgewing en dan word jy vertel jy is rassisties – eintlik belaglik. Dis ook net belangrik om te noem dat die Transvaalse Landbou Unie (TLU), saam met Afriforum ‘n sleutel rol gespeel het om hierdie onteiening te stuit. Kyk wie tree op in jou belang en ondersteun hulle en veg die stryd saam met hulle.

Cato ·

Wil maar net se dat Steve nou sy eie organisasie gestig het genaamd Toekomsvonk.

Jan ·

Afriforum se hofsake is n klug hulle voer net hofsake om hul prokureursvriende te verryk.dit gaan hier oor die totale uitwissing van die wit ras…

1+1 ·

Kom ons aanvaar dat hierdie stryd in Suid-Afrika wat in die howe geveg word oor rassisme, grond-kwessies en diesmeer, lankal nie meer ons stryd is nie. Die uitkoms van alles is reeds klaar bepaal of dit nou positief of negatief is. Botsende belange het ‘n “REGTER” nodig aan wie alles behoort en HY sal daaroor besluit of oordeel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.