Ontsnapte mans weer agter tralies

Gomolemo Chacha (24) en Ditshebi Eric Molaetsi (28) het uit die aanhoudingselle by die Wolmaransstad-polisiestasie ontsnap. (Foto: Verskaf)

Die twee mans wat die afgelope naweek uit die aanhoudingselle by die Wolmaransstad-polisiestasie in Noordwes ontsnap het, is Dinsdagaand weer in hegtenis geneem.

Gomolemo Chacha (24) en Ditshebi Eric Molaetsi (28) is deel van ʼn groep van agt mans wat Saterdag ontsnap het. Ses van die mans is dieselfde dag reeds vasgetrek.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die laaste twee verdagtes, Chacha en Molaetsi, eindelik in Wolmaransstad vasgetrek is, dae nadat ʼn klopjag uitgevoer is.

“Die polisie het op hulle toegeslaan met behulp van inligting wat hulle oor die verdagtes se bewegings ontvang het,” sê sy.

Chacha en Molaetsi was albei verhoorafwagtend ten tyde van hul ontsnapping.

Die verdagtes staan nou opnuut tereg op onder meer aanklagte van moord, gewapende roof, huisbraak en huishoudelike geweld.

Die ses verdagtes wat dieselfde dag van hul ontsnapping in hegtenis geneem is, het Woensdag in die Wolmaransstad-landdroshof verskyn.

Chacha en Molaetsi sal na verwagting Donderdag in dieselfde hof verskyn.

Veiligheidsmaatreëls is intussen verskerp om te verseker dat daar nie ʼn herhaling van die naweek se gebeure is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Di ·

Begin eerste ondersoek doen by die selle waar hulle ontsnap het! Daar is deesdae HOPELOOS te veel gevangenes wat uit aanhouding “ontsnap”

JohanR ·

My gooiste hulle is seker baie baie kwaad. Hulle het elkeen R2500 betaal vir die sel se sleutels!

Waarnemer ·

Stuur hulle Robben eiland toe,slaan hulle in voetboeie en vergeet van hulle.

Jack ·

Julle kan maatreels verskerp soos julle wil. Korrupsie en omkopery is deel van jul bedryf en dit word nie hok geslaan nie omdat almal deel is van die ketting.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.