‘Ontvoerder’ moet Welkom-vrou vergoed, sê hof

Charmaine en Johnny Botha. Foto: Facebook

Die landdroshof in Welkom, Vrystaat, het Woensdag bevind dat Molefi Johannes Qosheka (45), een van Charmaine Botha se vermeende ontvoerders, R30 000 aan haar moet betaal.

Die hof het beveel dat die geld teen die einde van die maand aan Charmaine betaal word.

Charmaine is in 2018 by haar werkplek ontvoer en teen haar wil aangehou voordat haar vermeende ontvoerders die bestuur van die Harmony-goudaanleg waar haar man, Johnny, gewerk het, genader en op goud aangedring het in ruil vir haar vrylating.

Johnny het die ontvoerders se eis by Harmony en die polisie aangemeld en die mynbestuur het aan hom ʼn goudstaaf ter waarde van R6,5 miljoen gegee sodat Charmaine se vrylating bewerkstellig kan word.

Sy is langer as 12 uur aangehou.

Qosheka is saam met Sechaba Selloana, Tumo Taile, Wellington Sithole, Tsepo Masasa, Lovemore Ndlovu, Aleck Sigauke, Kathelo Mototo, Mmusoa Seloana en Hlomelang Abram kort ná die ontvoering in hegtenis geneem.

Die beskuldigdes staan tereg op onder meer ontvoering, afpersing, besit van onbewerkte edelmetaal en geldwassery.

Selloana was in besit van ʼn Jeep Cherokee, R580 000 in kontant en 21 stukke goud ter waarde van R3,2 miljoen. Sithole en Taile is betrap met R524 000 en R260 000 onderskeidelik, terwyl Ndlovu in besit van ʼn Nissan Almera was.

Selloana en Qosheka het erken dat hulle ʼn rol in Charmaine se ontvoering gespeel het en dat hulle die goudstaaf in kleiner stukke opgedeel en in Sebokeng verkwansel het.

Verskeie voertuie wat glo die opbrengs van misdaad was en gespruit het uit die ontvoering is in September 2021 aan die staat verbeurd verklaar. Drie voertuie, kontant van R1,3 miljoen en stukke goud ter waarde van R3,2 miljoen is danksy die suksesvolle aansoek van die batebeslagleggingseenheid verbeurd verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Ek is 100% oortuig dat Charmaine blywende emosionele skade opgedoen het agv hierdie ontvoering. Mens vergeet mos darem nooit so iets nie. Wat moet sy met R30 000 maak?

KatjieDeKat ·

Ja daar moes nog n nul of twee by daardie R30 000 bygevoeg gewees het. Want klink my daai bende het gerol in die geld. Oor die emosionele skade, baie mense kom wel daaroor, ek praat uit ondervinding. Persoonlik reken ek dis die beste om hierdie siening te hê: “This is just another bad thing that happened to me in my life. But i won’t let it win by allowing it to destroy me”. Hierdie is n brutale land, inderdaad n brutale planeet, as jy oorleef, is jy gelukkig.

Marius ·

R 30,000.00 , moet die dame vir haar n toebroodjie gaan koop en die kleingeld vir die persoon buite die
kafee in die straat gee omdat sy dit kan doen.
Dit is verby belaglik !!!!!!!!!
Die bedrag sal nie eers haar beradingskostes dek nie.

JvR ·

Dis te se as sy dit kry. Ek twyfel of die persoon wat dit glo gedoen het, sulke geld het

Sê maar net ·

Hulle behoort al daai geld vir die Harmony-goudaanleg terug te gee. Daai voertuie moet ook verkoop word en die geld teruggegee word!
R30 000 vir die arme vrou. Wat van trauma berading en hofonkostes?
Wat het geword van geregtigheid?
Ons regstelsel is in die drein af! :-((

Amelia ·

Stem saam meeste kommentaar maar sy kry darm iets gewoonlik kry persoon niks maar ek dink ook is hoopeloos te min gee hul kare huise als aan die vrou maar nou ja sal seker nooit gebeur nie

Anel ·

Hier stem ek saam. Dit het nie aan doe syaat behoort in doe eerste plek nie. Gee dit terug aan die myn.

Johan Tredoux ·

Hulle is nie Moses nie. Water wat uit watter klip getap gaan word?

Sandra ·

R30 000? Dis ver te min. Hoe op aarde het die hof met die som opgekom sal ek graag wil weet. Kan jy jouself indink hoeveel emosionele trauma die vrou moes deurgaan omdat sy nie geweet het of sy gaan lewe of doodgemaak kan word nie. Al sal geld nie sulke trauma kan herstel nie, kan dit haar beter laat voel in die sin dat geregtigheid darem in ‘n mate herstel is.

Anel ·

R 30 000.00! Wat ‘n skande! Die trauma waardeur die vrou en haar geliefdes moes gaan! Maar ‘n ander vrou moes R150000.00 betaal en tronk toe gaan omdat sy net ‘n “verkeerde” eoord gesê het!!! Ons regstelsel is so op die koffie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.