Optrede gevra teen EFF-lede by Tuks

(Foto: @TshwaneEff/Twitter)

Die EFF se studentebeweging aan die Universiteit van Pretoria (UP) het Dinsdag opgeruk na die universiteit se Hatfield-kampus en dit het glo met intimidasie en rassisme gepaardgegaan.

Lede van die EFF Tshwane het glo ook aan die optrede deelgeneem. Die studentebeweging het gesê hy ruk op teen rassisme by die universiteit en oor sy agt verkose studenteraadskandidate wat as verkiesingskandidate gediskwalifiseer kan word weens hul oortreding van studenteraadsverkiesingsreëls.

Die EFF se studentebeweging by die universiteit (EFFSC UP) voer egter aan dat die diskwalifisering ongeldig is en dat sy lede onder rassisme deurgeloop het en onder meer die k-woord toegesnou is.

Liam Jacobs, leier van die DA-studenteorganisasie, meen dit is egter die EFF wat hom aan rassisme, asook geweld, intimidasie en vandalisme skuldig maak.

“Vullis is aan die brand gesteek terwyl Heroldstraat en Duxburyweg met geweld deur EFF-lede met bakstene gesluit is.

“Die skokkendste was egter die EFF se streeksvoorsitter, Obakeng Ramabodu, wat aan studente gesê het dat ‘slegs swart studente’ die kampus kan betree. Daar is ook videobewyse van studente wat op grond van hul velkleur geteister en gedreig word.”

Die DA-studenteorganisasie het vir dringende optrede deur wetstoepassingsowerhede gevra. “Ons sal ook enige gevalle van rassisme en rasverwante geweld aan die MRK en die universiteitsbestuur rapporteer.”

Die universiteit se onafhanklike verkiesingsmoniteringspaneel (IMB) het vroeër vandeesmaand beslis die betrokke dissiplinêre owerhede moet lede van die EFF se studentebeweging ondersoek vir oortredings van die verkiesingsregulasies. In hierdie stadium is daar nog geen finale aankondiging oor die uitkoms van die verkiesing gedoen nie.

Maroela Media het vroeër berig die EFFSC UP het vroeër vandeesmaand op ’n luidrugtige wyse buite dameskoshuise stemme probeer werf en selfs “Kill the Boer” gesing.

AfriForum Jeug hou vol die EFFSC UP het hulself skuldig gemaak aan intimidasie, aanhitsing tot geweld, die ontwrigting van studiesessies en die aanvuring van rassespanning.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Anel ·

Dat ons jongmense nog UP toe gaan, verbaas my. Akademia is ‘n baie beter opsie. Pleks die eff verban word!!!

Lionel ·

Akademia het nie eers ‘n kwart van gesogte grade wat by UP beskikbaar is nie… jy kan nie medies, CA, argitektuur ens. by Akademia swot nie, wat dis nog te nuut

Gerhard ·

O wee – absoluut al waarin hulle goed is…..intimidasie, geweld, opswepery. Ek weet nie hoe dit toegelaat kan word nie. Dit gaan my verstand te bowe. Hierdie klomp staan seker elke maand in die ry vir SASSA, wat ons belasting betaal, want as hulle nie so sleg was nie, was hulle by die werk, soos ons getroue belastingbetalers en het hulle nie tyd gehad om hulle met hierdie nonsens (stakings) besig te hou nie. Hulle sal aanhou met hulle sukkel bestaan solank hulle verkies om liewer te toi toi as om ‘n eerlike inkomste te verdien nie. Just saying.

annie ·

Studeer is bloot net ‘n akademiese term vir die EFF. Mens sal bitter graag die verhandelinge en tesisse van die betreders onder oë kry wat dit sal uitveg vir aanstellings as professore en lektore in kundigheid tov LBQQQQ’S. Binnekort staan gehuggies orals op die kampus waar studente met hul NSFAS sakgeld heerlik uitkamp. Daar sal dadelik begin word met kleurskole vir die toekomstige studente van so oor ‘n kwarteeu. Vlieënde pierings behoort binnekort or SA opgemerk te word om nuwe sirkusse te lande te verfilm vir buitenste-ruimte-vertonings.

Sê maar net ·

Ek verstaan die eerste gedeelte van jou opmerking, maar verduidelik asb dié?
“Vlieënde pierings behoort binnekort or SA opgemerk te word om nuwe sirkusse te lande te verfilm vir buitenste-ruimte-vertonings.” ?????

Hannes ·

Haal “rassisme” en die “k-woord” uit die EFF / ANC se woordeskat en die organisasies sal verdwyn.

Laksman ·

dis 50% van die woordeskat…..die res bestaan uit apartheid en Jan van Riebeeck

Marcha ·

Ek hoop net iemand stop die optogings voor hulle die gebou afbrand. Hulle het mos dai mentaliteit as hulle dit nie kan hê nie kan niemand nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Privatiseer openbare universiteite wat nog potensiaal het. Plaaslike en internasionale groepe sal belangstel om te investeer.

Ronél ·

EFF kan in massas verwoesting saai, apartheid en KILL THE BOER, KILL THE FARMER, SHOOT TO KILL skree……..

Althes ·

Daar moet daadwerklik opgetree word. Die EFF kan nie met dubbele standaarde wegkom nie. Hulle kan ook nie voortgaan om wetteloos op te tree nie.
Die opvoeding wat hul tuis ontvang, spreek boekdele.

Sê maar net ·

Probeer om vir hul kinders skool te hou. Laerskool, gr 7. Hardloop na pouse met dreunsang deur die gange en sing: “We won’t work. We will strike!” En sovêr hulle hardloop, sluit ander grade se kids by hul aan….Toe ek (nuut by skool) onderwysers vra waarom dit nie stopgesit word nie, was die antwoord. “Dan is daar amok. Los hulle, dit sal nou- nou uitwoed”. 2019. Laerskool in Roodepoort.
Afgetrede onderwyseres. 65 j.

Andrew ·

Dis is al so van selfsprekend die optrede tog, die siele hou nie van reels nie en waar is die polisie? Dan is die universiteit verantwoordelik vir veiligheid van studente maar daai aunti in beheer van sake is nie n windbreuk werd nie. En die kastige K woord , net so tiepiese gil van die een brein sel brigade.

Di ·

Hierdie NARRE moet vir ‘n slag vasgevat word ander sal hierdie tipe gedrag NOOIT stop nie.

Lourens ·

Interessant dat Brooklyn polisiestasie in Duxburyweg is – die straat wat deur oproeriges met bakstene versper is . . .

Miskruier ·

Geen politiek in skole, universiteite, kerke, gesondheid, sport, weermag, polisie ens.

Daisy ·

wat bedoel jy woon ek al daar – dis in verskillende provinsies. Ek kan net op een plek bly

Jan Jacobs ·

Wat n klomp twak ons weet Wie is die ware rassiste en lieg bekke

Papsak ·

Wat soek EFF alweer daar as hulle dit nie like nie gaan bou vir julle universiteite en skole en verwyder julle kinders en studente daarna toe hierdie mengelmoes gaan nooit werk nie sal altyd probleme op lewer regtig hulle hoort nie tussen ons nie hulle sal altyd foute vind los ons uit asb

Pretorianer ·

Ek wonder wat die wit EFF lede se blinde verskoning hiervoor is?

Sê maar net ·

Jislaaik! Wens mens kon die hele EFF gespuis in die tronk stop!! :-((

Boer ·

Die studente wat maniere het en wil leer gaan Akademia toe maak daai plek ‘n groott universiteit. Dan kan Akademia ook begin deel nie in die varsity cup. En laat tukkies maar krupeer onder die EFF wat die plek net gaan afbrand.

Pim ·

Hulle maak net moeilikheid op kampus. Ek kan ook nie verstaan dat die polisie wat net af in die pad is nie kan ingryp nie, maar Brooklyn polisie stasie is ‘useless’.

Hulle was so paar weke terug op kampus besig waar hulle verklaar het dat net wit mense rassiste kan wees. Die Universiteit moet nou begin optree!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.