Optrede kom oor geweld op N2 in Kaap

Die vragmotor is Saterdag in Lwandle met ‘n petrolbom bestook. (Foto: Twitter)

Wetstoepassingsowerhede in die Wes-Kaap gaan die N2 voortaan 24 uur per dag patrolleer, ná verskeie aanvalle op voertuie die afgelope naweek.

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, het Woensdag in die Strand met verskeie rolspelers vergader om ʼn oplossing vir die voortslepende geweld daar te vind.

Maroela Media het vroeër berig ʼn vragmotor is Saterdag in Lwandle in die Strand met ʼn petrolbom bestook. Dit het op die hoek van die N2 en Onverwachtstraat by ʼn verkeerslig stilgehou toe dit geteiken is.

Die bestuurder en twee passasiers was in die vragmotor tydens die aanval. Die 32-jarige passasier het beserings aan sy gesig opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Die bestuurder en ander passasier is ongedeerd.

Dié voorval volg op nog een Woensdag toe ʼn vragmotor van Gastao’s Quality Foods ook met ʼn petrolbom gegooi is. Dié voorval het op die hoek van die N2 en Broadlandsweg in Somerset-Wes plaasgevind. Volgens die maatskappy het een van die bestuurders sy sleutelbeen gebreek toe hy uit die vragmotor gespring het.

Die N2 is in ʼn stadium by Broadlandsweg en Onverwachtstraat, asook by Sir Lowryspas gesluit.

Die Wes-Kaapse polisiehoof, wyksraadslede, polisielede, amptenare van die departement van gemeenskapsveiligheid, vrywilligers, lede van gemeenskapspolisiëringsforums, private veiligheidsmaatskappye, die huiseienaarsverenging en mediators het gisteraand se vergadering bygewoon.

As tussentydse maatreël gaan die polisie, verkeerspolisie en private maatskappye verseker dat die pad dag en nag gepatrolleer word.

Op mediumtermyn gaan gemeenskapsveiligheidsforums op die been gebring word om te verseker dat mense opgelei word as eerste reaksiebeamptes en mediators om moontlike oproer en betogings te help ontlont. ʼn Vergadering daaroor word die naweek gehou.

“As ʼn langtermynstrategie moet ons krities kyk na grondhervorming en praat met instellings soos Sanral [die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap], Asla [ʼn konstruksiemaatskappy], die Stad Kaapstad, die Wes-Kaapse en die nasionale regering,” het Fritz gesê.

“Beter samewerking en kommunikasie tussen almal in die bedryf is die sleutel tot die beveiliging van die provinsie.”

Cayla Ann Tomás Murray, Fritz se woordvoerder, het gesê talle van die betogings spruit uit ʼn gebrek aan behuising, of is die gevolg van agterplaasbewoners se griewe en om die rede moet ook na grondhervorming gekyk word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jacobus Krynauw ·

Sal die owerheid ooit leer om geweldenaars te verwyder in plaas daarvan om geweld te probeer hokslaan?

n feit ·

Jou nasie is oorbevolk en jy kry nogsteeds 10 kinders. Dan het jy nie geld om hul groot te maak en te laat skool gaan nie. Dan is jou kinders dom. Jy dink nie daaraan om n huis te probeer aanskaf of huur nie. Maw jy wil he en he en he. Nou is jy en jou kinders klipdom en jy is kwaad omdat jy nie n huis het nie en dom is en daarom brand jy ander mense se voertuie wat kos aanry vir jou en al die ander burgers. Wat het enige behuising of dienste te doen met voertuie op die pad? Agh rerig wens die staat kon vir hul breins gee, dan sal alles dalk beter wees.

marous ·

Niemand glo meer iets wat uit enige das draer se mond kom nie . Die regering het totaal misluk , en anargiste is op die inwoners wat die hool staande moet hou , losgelaat . Hulle kan sal en wil dit nie stop nie . Welkom in die hel waaroor die konserwatiewe verkrampte pessimiste 30 jaar gelede gewaarsku het .

Gert van Wierdapark ·

Hopelik gaan STAPPE ook in regte rigting gedoen word om die Flippen skurke aan die pen te laat ry!!!

James ·

Nou wat het hulle griewe met die trokke uit te waai?
Die mentaliteit.
Hulle stem steeds anc.
Nou wat nou

RN ·

Hoe word hulle griewe opgelos deur mense en teokke aan te val? Hoe kom hulle daar by uit?

Antoon ·

Is daar nie baie beskikbare grond in die ANC beheerde provinsies nie? Dis mos die brandstigters se party

Elmarie ·

My kop is seker to rond om te verstaan dat hulle kan wegkom met hierdie vernietigings werk en waar mense se lewens in gevaar gestel word. Belasting betalers tel nou glad nie en die wat nie bydra nie tel nou alles. Iewers moet hierdie toeloop stop gesit word. Daar is nie werk nie maar hulle raak net meer en meer en die resultaat daarvan sien ons elke dag met misdaad wat toeneem ens. Wanneer stop dit!!!! Wanneer kry die burger en belastingbetaler weer ‘n sê in die saak. Ek vra stop hierdie toeloop asseblief!!!!!!!!

Ben ·

Dit word net erger en dit gaan mal in die land. Ons sal dalk die weermag moet ontplooi deur die hele land, pleks van net die Kaapse Vlakte. Die polisie monitor net. Wanneer stop dit, wanneer gaan ons weer veilig wees in hierdie land? Nee, my hoop taan met die dag!

George in Bloem ·

Blah blah blah. Al vraag wat hier gevra behoort te word is hoeveel is al gearresteer en “if not why not”? Iemand moet afbetaal word en vervang word met iemand wat weet wat wetstoepassing is. Punt.

Pieter H ·

Wonder maar net wanneer kom Suid Afrika se beurt vir een of ander vorm van n staasgreep. Dink die korruptes sit agter baie van die geweld deur opruiery. Ramaphosa teenstanders kan nie bekostig om te gaan le nie.

Johan ·

N ontevrede burger of werknemer betoog vreedsaam om die boodskap oor te bring, n wettelose boewe wat in die tronk hoort beskadig ander mense se eiendom. Daar is n duidelike verskil, hoekom kan ons regering nie die onderskeid tref nie?

Miss Julia ·

As hul die huise kry kan hul die huise nie eers onderhou nie

gert ·

hierdie is n klein vulletjie teen dit wat kom.
kapenaars moet die Baden Powell pad ry tussen die N2 en Muizenberg. Hier het n ding uitgebroei onder die stadsraad se oë.
Die hutte het stadigaan begin opkom en staan nou amper op die skouers van die pad. Hierdie eens mooi roete gaan een van DIE gevaarlikste paaie in die Kaap raak.
As daai mense gaan begin opruk vir dienste…wat gaan gebeur… gaan nie een motoris die pad kan gebruik. wat nog van in die donker.
En raai wat. DA Kaapstad sit en kyk daarna met hande gevou
BLY WEG VAN DAARDIE PAD IN DIE DONKER

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.