Organisasies span saam om plaasveiligheid te verskerp

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

Die burgerregteorganisasie AfriForum, die familieboernetwerk Saai en verskeie ander rolspelers in die landbousektor het ooreengekom om plaasaanvalle en landelike misdaad deur middel van ʼn samewerkende strategie hok te slaan.

AfriForum, Saai, TLU SA, AgriSA, Vrystaat Landbou (VL), Agri-Noordwes, Mpumalanga Landbou, die Nasionale Werkgewersorganisasie (NEASA), Sinoville Brandbestrydingsvereniging (SBBV), Forum Sekuriteit, Sakeliga, die SA Spesmagte-vereniging en die Vereniging vir Suid-Afrikaanse militêre veterane, het Dinsdag op AfriForum en Saai se landelike veiligheidskonferensie onderneem om nouer saam te werk om ʼn verenigde front teen landelike misdaad te vorm.

“AfriForum is opgewonde oor die feit dat al hierdie organisasies bereid is om hande te vat en saam ʼn verskil te maak teen die vlaag van plaasaanvalle en toenemende landelike misdaad,” het Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, gesê.

“Die SAPD het al self erken dat hy nie sy mandaat kan vervul nie en dit is voor die hand liggend as ʼn mens kyk na die chaotiese toestand van misdaad in die land. Dit is nou tyd vir gemeenskappe om hulself te beveilig.”

Volgens dr. Theo de Jager, uitvoerende direkteur van Saai, het die organisasies, burgerlike strukture en landbou-unies voete op die grond wanneer dit by landelike veiligheid kom en is die vergadering in Centurion belê om groter samewerking en koördinering te bewerkstellig.

“Sommige organisasies het plaaswagte in afgeleë gebiede of kamerastelsels, radionetwerke, noodsentrums of reaksie-eenhede. Ander plaas wagte uit, patrolleer nasionale paaie of stig en bestuur private brandweerdienste. Almal is uiteindelik in dieselfde bedryf en het een doel voor oë – om gemeenskappe te beveilig waar die regering dit nie meer kan doen nie.”

Volgens De Jager is die groep organisasies wat vandag byeengekom het die mees omvangryke praktiese werkgroep nog en kan verhoogde samewerking en integrasie van netwerke nou vir die eerste keer waarlik gedoen word.

Volgens Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, is die veiligheidsprobleme in die land se oplossing nie alleen gesetel in organisasies nie, maar wel in gemeenskappe. “Dit verg dus dat ʼn gemeenskap wat kapasiteit het moet koördineer om ʼn oplossing te kry. Samewerking is die antwoord, maar dan altyd rondom die regte beginsels,” sê Van Zyl.

Volgens Nic Arnold, uitvoerende direkteur van Forum Sekuriteit, is daar baie ruimte vir samewerking tussen die private sekerheidsektor en openbare organisasies. “Ten einde veilige gemeenskappe daar te stel moet misdadigers vasgevat word, kwesbare individue moet in weerbare individue omskep word en gemeenskappe se beskermingsvermoë moet uitgebrei word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Vanessa ·

Dis wonderlike nuus, dankie aan die organisasies en aan Afriforum. Julle is die beste. Ons moet ons boere beskerm. Hulle werk hard om kos te voorsien en gee hulle lewe vir die land. Ons staan 100% agter julle.

Blikkantien ·

Solank vasgetrekte rowers nie aan die polisie oorhandig word om maar weer vrygelaat te word nie.

CHRISTINE ·

Daar gaan slegs gewen word met hierdie gesindheid, baie dankie. Die polisie is deel van die vyand.

Jacobus ·

Hierdie ANC misdaadbende sal dit nooit toelaat nie hulle hou nie van iets wat werk nie.

domheks ·

cANCer wil nie he die SAPD moet boere beskerm nie. Wil boere se grond he. Dink as hulle almal uitmoor is die grond hulle sin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.