Ou landsvlag ‘deel van geskiedenis’

Die gelykheidshof het Maandag ‘n aansoek van die Nelson Mandela-stigting en die Menseregtekommissie aangehoor om ’n verklarende bevel te kry oor duidelikheid oor die definisie van haatspraak. (Foto met vergunning van Forum Nuus)

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) sê hy verdedig nie die ou Suid-Afrikaanse landsvlag nie, maar staan die Nelson Mandela-stigting (NMS) en die Menseregtekommissie (MRK) se aansoek in die gelykheidshof – waar hulle ʼn verklarende bevel vra oor die definisie van haatspraak – nogtans teen.

Die FAK is ʼn vriend van die gelykheidshof in dié saak wat gister begin het.

Dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, het gesê hulle betoog beklemtoon die kultuurhistoriese diepte van die ou landsvlag. Hulle voer aan die wortels van die vlag strek eeue terug. “Onder die vaandel van die ou landsvlag het Suid-Afrika saam met die Geallieerde magte teen Hitler en die Nazi’s in Italië en Noord-Afrika geveg. Net so het Suid-Afrikaners van alle rasse onder die vaandel van die vlag teen die Kommuniste in die Koreaanse oorlog en Bosoorlog geveg,” het Langner gesê.

Hy het gesê baie republikeinse Afrikaners het destyds óók nie van die vlag gehou nie.

“Die FAK het baie begrip vir die emosies en betekenis wat baie Suid-Afrikaners aan die ou landsvlag heg. Dit kan en mag nie weggeredeneer word nie. Die ander kant is tog: onder die vaandel van die ou vlag is Nelson Mandela vrygelaat en die ANC ontban. Die kleure van die ou vlag is ook opgeneem in die nuwe vlag.”

Volgens Langner beskou baie Afrikaners die ou landsvlag as ʼn kultuursimbool en ʼn deel van die geskiedenis.

“Dit is onwaar om sonder meer aan te neem die ou landsvlag beteken vir die meerderheid Afrikaners ʼn terughunkering na apartheid. Die kernvraag is nie wat is polities korrek nie, maar eerder wat is wysheid te midde van al die emosies en politieke bagasie? Wat is billik en regverdig en ruimteskeppend teenoor almal? Is dit in ʼn diverse land wys om historiese simbole te kriminaliseer?” het Langner gesê.

Die FAK voer aan die stigting kan nie ʼn bevel aanvra om mense se toekomstige gedrag (die vertoning van die ou vlag) te kriminaliseer (strafbaar te maak) nie. Langner het gesê waar daar getwyfel word, moet vryheid van spraak heers, selfs al is daardie spraak aanstootlik.

Die hooggeregshof in Johannesburg, wat sit as gelykheidshof, het gister onder meer betoë aangehoor dat die ou landsvlag “rassisties” en ʼn “simbool van rassehaat” is. Daar is ook aangevoer diegene wat dit vertoon, hunker terug na apartheid en die oorheersing van wit mense oor swart mense.

Die NMS en MRK hoop dat die vertoon van die ou landsvlag verbied kan word. Hulle vra in dié aansoek nie vir ʼn algehele verbod op die vlag nie, maar voer aan dat dit in die konteks van byvoorbeeld museums tuishoort.

Die NMS het die aansoek aanvanklik teen die burgerregtegroep AfriForum ingedien nadat die NMS aangevoer het dat van sy lede die ou vlag tydens Swart Maandag-protesoptogte teen plaasmoorde in 2017 vertoon het. AfriForum staan die aansoek teen en ontken die aantygings.

AfriForum voer in hofstukke aan dat ʼn wye verbod op die ou vlag ongrondwetlik sal wees en sal neerkom op ʼn miskenning van spraakvryheid. Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het vroeër gesê AfriForum is daartoe verbind om die reg op vryheid van spraak te beskerm, terwyl aktiewe stappe gedoen moet word om ware haatspraak te beveg.

Die saak is vandag hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Anoniem ·

Ek stem saam. Ek besit nie ‘n ou landsvlag nie en gaan ook nie een koop nie, maar dis vir my spesiaal. Dis deel van ons geskiedenis.

As hulle die landsvlag wil verbied moet hulle al die videos van Sharpville en daai klas van propaganda ook verbied. Of los ons landsvlag uit.

Johan ·

Vir my persoonlik gaan die ou landsvlag nie oor die politiek van daardie jare nie maar die historiese element. Dit is waar dat die ou vlag gekonsentreer was op die Blanke bevolking en meer spesifiek die koloniale agtergrond. Maar dis mos nou vervang met ‘n ander vlag. Daarom sal ek dit nie loop en rondswaai nie. Maar om dit totaal te verbied is kortsigtig.

Ig ·

Daar is heelwat mense wat aan n minderwaardigheidskompleks ly, snaaks dat dit reg voor die verkiesing aangehoor word. Blf en Eff en Anc se uitsprake is myns insiens meer afbrekend vir nasiebou as n vlag van die verlede.

Andreas ·

Die dae as ek terug na klomp jaar gelede sou hunker, sal dit wees omdat vandag se ANC regering met hul diskriminasie my daartoe dryf (SEB en kwotas, onder andere, dat hulle almal vertel die wit mense het hul grond afgevat).

LL ·

Die voor 1994 bedeling is nooit verslaan in n oorlog nie. Die regering het homself hervorm tot die punt waar vrywillig afstand van mag gedoen is – dit was so asof mens nou daarmee saamstem of nie. Om nou die ou vlag te verbied tot n strafbare misdaad – is nie net onkonstitutioneel nie- en n aanslag op spraakvryheid nie – maar ook word die 1994 historiese skikking weereens op n sluwe en onderduimse manier ondergrawe. Wat van die skikking is die volgende teiken ? Waarom is daar nie sommer twintig jaar gelede hiermeer getorring nie? Weer n voorbeeld van die padda in die stadig vehittende water ? Die ou vlag is glad nie n “apartheidsvlag” nie – daar is n baie langer en dieper stuk geskiedenis van ons land vasgelê in die vlag. Wat nou gebeur moet vir baie redes nie aanvaar word nie. Dankie aan Afriforum wat hierdie onsinnigheid teenstaan.

Andreas ·

Mag ek in Engels sê: “Because the ANC do not take any prisoners”. Dus eien hulle als vir hulself toe, dis nou buiten die mislukkings. Hulle het nou nog net nie ‘n vuurpyl na die Maan, of Mars gestuur nie.

Griet ·

Ek hou nou gladnie vas aan tradisie, of vlae of taal nie,maar REGTIG kan n ou stukkie lap,nou meer rassities wees of haatspraak simboliseer as julius+andile se uitsprake?
DIS ABSOLUUT ABSURD

Susanne ·

Ek sal ook graag wil weet van wanneer af ‘n vlag kan praat, dan is dit mos nie haatspraak nie, ek het regtig nog nooit ‘n lap hoor praat nie, dit is lagwekkend waaraan die woord “haatspraak” gekoppel word

Boerin ·

Soek iets om te doen….vat weg die wittes se geskiedenis…krap 2014 en 2017 se goed nou uit vir 2019!

Veg vir n beter verlede…Tragies dat daar soveel tyd aan die snert bestee word!
En tog mag die EFF en BLF openlik rassiste wees,en nie een vd instansies wat die wittes so wil vertrap weet wat om te doen nie…!Mors die belastingbetaler se geld wat meestal deur die einste minderheid betaal word!

Anonieme Lafaard ·

Die hoofsaak hier is by verre weg vryheid van spraak. Dit is wat hier in gevaar is en is baie belangriker as ‘n stukkie lap. Ek dink nie mense besef hoe belangrik dit is om vry te wees om jouself uit te druk sonder vrees vir vervolging van regeringskant nie. Ek persoonlik het nog nooit van die ou vlag gehou nie: ‘n poging om 4 vlae in 1 te kombineer wat ‘n onpraktiese gemors opgelewer het. Ek onthou hoe gesukkel dit was om dit op skool in te kleur, oor te teken, ens. Ek sal veg om dit te hou terwille van die groter saak.

andre ·

MultiChoice Group will in future not carry content that includes Steve Hofmeyr on any of its platforms’
2019-04-30 10:36

Foxi ·

Wil kommentaar lewer oor dié saak……te veel om te sê. Maar los my landsvlag uit asb!

Rooibok ·

Hulle wil die ou landsvlag verban wat nie kan praat nie oordat dit haatSPRAAK is maar die BLF neem deel aan die verkiesing ten spite van haatSPRAAK. Vir elk van die Hoerskool Driehoek slag offers moet ons ‘n ou landvlag oor hulle grafte gaan sit ……. dit is swart teen wit en het niks met reg en verkeerd te doen nie. As dit nie so is nie verban die BLF!

Melanie ·

My landsvlag hang al baie lank op my sitkamer muur. Blanke vriende en familie is al mense wat my erf en huis mag betree, en hulle kla glad nie. Ek kry baie komplimente oor my skoon huis en lekker kos. Die bybel word gelees en daar word daagliks gebid. Ons behandel alle mense volgens God se woord, maar my huis is waar ordentlikheid geld.

Ore ·

Ek het ‘n ou landsvlag,kry nou nog hoendervleis as ek aan hom vat,so ook as ek Die Stem neurie.Dis ek,ek het geveg in Angola,het geglo waaraan ek geglo het en staan daarby.Hulle mag Kill the Boer sing en al hulle krygsliedere maar ons moet dit maar net aanvaar?

Schalk ·

Dis onmoontlik om so iets te verban. Die volgende wil hul seker die kleure blou, wit en oranje ook as haatspraak verklaar… En dan swart as die aller heiligste. Dis belaglik. Small things… Amuses small minds!!!

Msp ·

Die nuwe vlag is besmeer met blood van onskuldig ou mense, kinders en minderheids groepe. Ek sal vashou aan die ou vlag tot en met hulle die bebloede nuwe vlag vervang. Die nuwe vlag is ń wêreld skande. Meeste mense reg oor die wêreld lag vir meeste dinge wat in die parliament aangaan.

Thomas ·

Dis reg verbied die Landsvlag en sy gewildheid en verkope sal die hoogte inskiet!

Wanda ·

Wat is n vlag n monument n wat ook al?????Mense moet meer bekommerd wees oor waarheen ek gaan as ek my laaste asem uitblaas. Geen vlag of monument of geskiedenis of taal of kleur gaan jou ewigheid bepaal nie! Als maar als bly agter net so ook die grond . Dalk as meer mense dit so begin insien kan ons dalk in vrede begin leef.

Elsa Labuschagne ·

Graag wil ek kommentaar lewer. Ek het nie die berig gelees of die kommentaar nie, want jy stem saam of jy stem nie saam nie, in hierdie geval dink ek nie is daar n middeweg nie. Ek het verskeie ou suid afrikaanse vlae in my besit en is ontsettend trots daarop. Saam met ander belangrike goed is dit wat ek vat in geval van brand. Daar is niemand wat my kan oortuig om anders te voel oor dit wat die vlag vir my persoonlik beteken en verteenwoordig nie, en is ek trots op daardie geskiedenis. Net soos wat daar mense is wat so voel oor die huidige sa vlag, wat ek persoonlik geen respek voor het nie, kan ek nie help om te wonder oor die vrees wat my vlag aanwakker nie. Ek assosieer die huidige vlag met verdeling, haat, moord, verdeeldheid, rassisme. Net soos wat ondersteuners van die huidige vlag oor my vlag voel. So sien, ek wil hê mense moet dit respekteer dat ek nie van opinie gaan verander nie, dan kan ek verstaan dat ek ook daardie in ander moet respekteer. In kort, ek dink nie n oplossing op hierdie kwessie gaan so maklik kom nie

SjN ·

Onthou nog die hys en stryk van die vlag in die weermag soos gister al is dit 38 jaar gelede.

jakes ·

Ek daag enige persoon uit om die 11 vlae wat orals in my huis pryk te kom verwyder. Ek het nie vir die huidige narre gestem wat hier regeer nie, ook erken ek nie die huidige vlag of die volkslied nie. Ek pla niemand nie maar moenie my kom pla nie asb.

SeMaarNet ·

‘n Mens kan nie geskiedenis wegredeneer, omdat mense daarop aandring nie. Om geskiedenis te probeer wegpraat en wegsteek, genees nie wonde nie. Inteendeel, dit broei en sweer onderliggend. Kom ons kyk weier as SA in geskiedenis. Kyk na Hitler en sy vlag, etc. Hitler het walglike dade gepleeg teen mense. Tog word die vlag en sy naam nie verban nie. Inteendeel daar word films gemaak, en almal weet die vlag was simbool van die Nazi tydperk. Mense het aanbeweeg, maar onthou dit was ‘n afskuwelike tydperk, iets wat nie herhaal moet word nie… Meeste mense in Duitsland is ek seker besit nie ‘n Nazi vlag nie… maar dit word gerespekteer dat dit deel van geskiedenis was. Die ou SA vlag, strek weier as mens werklik navors hoe die vlag saamgestel was. Dit is deel van SA geskiedenis, en hoe graag iemand dit wil wegredeneer… dit gaan iewers beskikbaar wees. Wie weet hoe voel mense oor 25 jaar oor die huidige vlag… gaan dit dan ook voor die MRK gebring word?

humor ·

Hierdie narre krap nou daar waar jy nie met n pynappel gekrap wil wees nie.

Bekommerd ·

Daar is ‘n kinderlike, allesoorheersende hunkering by die ANC om die blanke te onderwerp aan vernedering, miskenning, en in die algemeen tweede klas landsburger. M.a.w. weerwraak neem op wat in die verlede gebeur het.

Attie. ·

Die tradisionele assegaai en skildvel wasgebruik in meeste blanke moorde op ‘n stadium in ons geskiedenis. Tog het die Blanke regering nooit ‘n verbod daarop geplaas nie want hy het besef dis Zoeloe tradisie. ‘n Vlag kan niemand dood maak nie en tog word dit nou gehaat as ‘n blanke simbool. In Londen sien ‘n mens nog oorblyfsels van die Romeine voor die Engelse Britanje verower het en dit is duidelik dat in ‘n eerste wêreld word geskiedenis bewaar al is dit die vyand sin. In Suid-Afrika word alles vernietig, nie net geskiedenis nie maar sommer alles…..tot water ens ens. Daarom stem ek VF+ want hulle is nie ‘n party wat alles wil vernietig nie nie en ons kan ander ondersteun in ‘n koalisie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.