Oudwerker vas ná Ohrigstad-plaasmoorde

Hegte vriende Hennie Claassen (78) en Anneke Claassen (76) is Saterdag op die plaas Klipfonteinhoek vermoor. (Foto: Verskaf)

ʼn Verdagte is vasgetrek in verband met die grumoorde op die plaas Klipfonteinhoek in Ohrigstad.

Anneke Claassen (76) en haar vriend, Hennie Claassen (78), is vroeër die maand helder oordag in hul afsonderlike huise op die plaas vermoor. Hulle is vermoedelik deur twee tot drie aanvallers oorval, gemartel en daarna aan die brand gesteek.

Volgens oudkol. Sakkie Louwrens van Bosveld Misdaadondersoeke is inligting ingewin rakende die verdagte en sy moontlike adresse waarna ʼn operasie in samewerking met die provinsiale speurdiens, opsporingseenheid, misdaadintelligensie en Ohrigstad-speurdiens van stapel gestuur is en die verdagte in Ivory Park in Tembisa in hegtenis geneem is. “Die verdagte, ʼn vorige werknemer, was welbekend aan die slagoffers.”

Daar is die afgelope naweek ʼn roudiens op Klipfonteinhoek vir Anneke en Hennie gehou. Die bekende Eggo-grotte is op dié plaas geleë en is al jare lank ʼn gewilde toeriste-aantreklikheid. Daar is ook ʼn hotel op die plaas.

Anneke, ʼn bedrewe sakevrou en boer, het die plaas, asook die Eggo-grotte en die hotel op die perseel bestuur. Die grond behoort al langer as ʼn eeu aan die Claassen-familie.

“Haar hart was net so mooi soos sy was. Sy was so ʼn mooi vrou, maar glad nie fotogenies nie; ek het soveel foto’s van haar, maar haar oë is op 90% van die foto’s heeltemal toe,” het Jan-Daniël Claassen in ʼn huldeblyk aan sy ma gesê.

Hennie, ʼn vriend van die Claassen-familie, het jare lank in sy eie huis op dieselfde plaas gewoon, net ʼn entjie van die hoofhuis waar Anneke gebly het.

“Hulle was die laaste tyd baie goeie vriende, het mekaar bygestaan en goeie lewensmaats geraak. Elke dag, tot hul laaste dag. Hul verhouding was so mooi om te aanskou, so opreg. Al wat ʼn mens moes doen, was om vir hul oë te kyk en geen woorde was nodig nie.”

Hennie se broer, Piet, het tydens ʼn huldeblyk gesê sy broer was “nederig, vriendelik en baie liefdevol”.

“Hy het altyd mense gehelp en het die kuns gehad om werklik na ander mense te luister.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Harley Davidson ·

Dit is in die meeste gevalle ‘n werker of oud werker,daar is honderde huidige benaadeelde mense wat werkloos is span hulle in as jy móét van werkers gebruik maak.

Sê maar net ·

Klem op die woord huidig ja. Die minderheidsgroep. Ons eie mense.

groenboer ·

Ons verslawing aan goedkoop arbeid is letterlik dodelik. Ek verneem daar is nie juis plaasaanvalle in Orania nie. Dalk ‘n les daar te leer?

Marthinus Johannes ·

Oud werker, die manier waaroor die moord gepleeg is skep die indruk van wraak wat genoem word. Heel moontlik afgedank/ uitgetrap oor iets onwettig wat Hy gedoen het.

Sê maar net ·

So,so sinneloos. Alle moorde is! God slaap nie…al word hulle gevang en gestraf, hulle gaan nog eendag voor die groot Regter staan, nes almal van ons. Dan sal Hy oordeel……Baie sterkte aan alle familie en vriende. Mag God julle styf vashou en troos.

TO ·

Oor en oor word dit bewys dat dit werkers is wat die moorde pleeg. Kry masjinerie of jou eie mense, wat op hope dood van honger omdat hulle nie werk kry nie, en jaag die goed weg dat hulle gaan vrek vd ellende

TO ·

En nou wonder ek net die Polisie kon geen hond haar afmaak, maar bosveld trek die ding vas, so gou soos nou. Dis mos ‘n bewys dat polisie NIKS WIL doen

Niklaas ·

Moontlik het hy gereken hy kan daar veilig voel en toe soontoe gevlug.

Di ·

Op die einde van die dag sal boere nie meer “sekeres” in die land in diens wil neem nie maar die ANC druk hulle leterlik in ons kele af. Raskwotas is deesdae die in ding, OMGEKEERDE apartheid in die land

Niklaas ·

Ek is bly en verlig dat hierdie moordenaar nie weggekom het nie. Nou wonder ek net of ons kan uitvind wat die motief was , wraak weens afdanking of net gierigheid en moordlus ? Die tyd sal maar moet leer.

Vonny ·

Maak di ” hand” dood
Wat so goed is vir hulle
En
Vir hul care en kos gee….

Nettie ·

So dis nie ‘n onwettige immigrant nie? Dis wat ons heeltyd vertel word op ander Sosiale Media. Dat dit is oor die boere onwettige immigrante aanstel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.