Ouers van dié kinders woedend na ‘grap’ op radio

Tanya en Christo Buys saam met klein Noah. Foto: Verskaf

Ouers van kinders met gesplete lippe of verhemeltes is woedend nadat ʼn bekende radio-aanbieder gesê het die toestand is as gevolg van inteling.

Die bekende omroeper Jeremy Mansfield het tydens sy ontbytprogram Mansfield in the Morning op Hot 91.9FM ʼn satiriese insetsel gespeel waarin daar spottenderwys na die Oos-Rand verwys is. In die insetsel word daar dan na Springs verwys as onder meer ʼn “dorp van gesplete verhemeltes”, hoofsaaklik weens “generasies van inteling”.

Die radiostasie het Woensdag in ʼn inskrywing op Facebook gesê hy het klagtes oor die insetsel ontvang. Daar is om dié rede besluit om Hardy Lewis, uitvoerende hoof van die Smile-stigting, vir ʼn onderhoud te nooi om die erns van gesplete verhemeltes te verduidelik sowel as die gevolge van die toestand – nie net op diegene wat daarmee gebore word nie, maar ook die geweldige uitwerking wat dit op die lewens van hul gesin en geliefdes kan hê.

Jeremy Mansfield

Talle luisteraars was egter steeds briesend en het gesê die radiostasie het nie om verskoning gevra vir die uitlating nie.

“Dit is pateties. Dit het gebeur op dieselfde dag wat my kind in die teater was om sy gesplete verhemelte te laat herstel,” het ʼn ontstoke Tanya Buys (26) gesê.

Buys en haar man, Christo (31), is tans in Gauteng waar hul vyf maande oue seuntjie, Noah, in ʼn Pretoriase hospitaal aansterk nadat hy Dinsdag geopereer is. Die gesin is van Lydenburg in Mpumalanga.

Noah het die eerste van talle operasies ondergaan om met die proses te begin om sy gesplete lippie en verhemelte te herstel.

“Om ʼn ouer te wees, is uitdagend en om ʼn kind met ʼn gesplete verhemelte of lippie groot te maak het selfs nog meer daaglikse uitdagings.”

Buys en ander ma’s wat ook kinders met gesplete verhemeltes of lippies het, berei nou ʼn klag voor om by die Uitsaaiklagtekommissie in te dien.

“Mense sien letterlik net wat hulle wil sien. Dit is ʼn groot storie, niks daaromtrent is ʼn grap nie,” het Buys gesê met verwysing na die pad wat hulle sover met hulle seuntjie gestap het en nog gaan moet stap.

Klein Noah Buys. Foto: Verskaf

Noah se sagte verhemelte is tydens Dinsdag se operasie herstel. Hy moet weer op 28 Oktober geopereer word waartydens hulle sy harde verhemelte, neus en lippie gaan herstel. In die jare wat voorlê sal hy spraakterapie moet ondergaan, beenoorplantings moet ondergaan waar daar nie tandjies uitkom nie, krone kry en op 14-jarige ouderdom sal daar weer aan sy neus geopereer moet word aangesien sy skedel nog groei.

Buys vertel sy en haar man het in haar 15de week van swangerskap uitgevind dat hul kind waarskynlik ʼn gesplete lippie sal hê. Die ouerpaar het voor Noah se geboorte wyd navorsing oor die toestand gedoen, maar dit was steeds alles behalwe maklik toe klein Noah gebore is.

“Die eerste twee maande was baie rof. Voedings is ʼn ongelooflike uitdaging. Ons moes hom met ʼn spuit voer en hy kon eers op drie maande met bottelvoeding begin. Dan moet ʼn mens nog kyk vir spesiale bottels en fopspene. Babatjies kry oor die algemeen refluks maar met Noah was dit verskriklik erg want alles is oop.”

Noah se verhemelte is van agter by sy kleintongetjie gesplete. Sy kleintongetjie is in die helfte gesplete en die spleet van 16 mm loop reg deur van agter in sy keel tot voor deur sy lippie.

Volgens Buys gaan dit baie goed met Noah ná sy eerste operasie en sal hy hopelik binnekort uit die hospitaal ontslaan word. Die gesin moet dan twee weke nadat hy uit die hospitaal ontslaan is weer vir ʼn opvolgbesoek kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

76 Kommentare

P'TJIE ·

Ek is tot in my siel geskok oor Jeremy se uitlating, ek het jare terug altyd oppad werk
toe na sy breakfast program geluister 94.7 saam Samantha en hulle het sulke goeie werk
vir minderbevoorregtes gedoen veral to Wacko Simpson deel geraak het met die Christmas wish list. Ek dink net mense raak te gemaklik in hulle eie menswees dat hulle vergeet van die “struggles” wat ander mense daaglik moet oorkom. Baie sterkte aand elke ouer met ‘n kindjie met gebreke maak nie saak wat die gebreke is nie, soos die vrou se dis al moeilik genoeg om net goeie ouers deesdae te wees, wat nog as jou kind spesiale behoeftes het. Ek is persoonlik diep geskik Jeremy dis nie die mens wat ek ken nie…….

Droë Perske ·

Mansfield is op sy beste ‘n verleentheid vir ware manlikheid.

LK ·

Lankal tyd dat Jeremy bietjie is sy bek geruk word. Skande man. Skaam jou!!!!
Jys nie ‘n uitverkore nie pasop dinge kan na jou kant toe ook kom.
Ongeskik verby.

Marietjie van de Wall ·

Baie swak smaak van die aanbieder en die radiostasie om sulke uitlatings te maak.

Odette ·

Ek het ook n seuntjie wat met n spleet gebore is in sy lippie en ek as mamma weet waar deur hierdie ouers gaan en mens kan vieslik wees maar weet julle wat dit het my sterker gemaak. Besef mense wat regtig opgee is daar. Ek het besef mense se goed omdat hulle onkundig is. Ek het geleer moenie OP n dwaas reageer nie.

Petro Roberts ·

Jeremy moet liewer na homself kyk en ophou om mense te beledig en die spot te dryf met gebrek. Hy is walglik.

Delia ·

Ek stem. Baie radio omroepers dink hulle is ontasbaar met die uitlatings wat hulle soms maak.

Lizelda ·

Ja, Delia ek stem 100% saam met jou. More vra hy weer “onvoorwaardelik” verskoning en dan is alles weer vergete en ok.

Ig ·

Die uitlatings moet nie ongestraf gelaat word nie wie ookal skuldig is, ek voel jammer vir die ouers en hulle kindjie sterkte aan hulle.

Theresa ·

Ek stem saam met jou LK. Hierdie omroepers begin ook nou dink hulle kan sê net wat hulle wil. Kort-kort is daar een wat dink hy is untouchable. Hulle is gemeen en kan vieslike goed kwyt raak want hulle is nie in daardie mense se skoene nie. Hoog tyd dat hulle kort gevat word.

ZJ ·

Jeremy , hou jou opmerkings vir jou self as jy nie weet waarvan jy praat nie. Dit is duidelik dat dit nog nie met jou gebeur het nie en dat jy nie weet waardeur ouers gaan nie. Ons dogter is 30 jaar terug geboere met n oop verhemelte en n geplete lip. Dit is baie dramaties vir ouers. Jy behoort verskoning te vra vir jou oningeligde opmerkings.

Dis nou jammer ·

In n tyd en n land waar daar soveel onnodige konflik en haat is sou mens hoop dat volwassenes meer empatie vir ander se pyn sal he. Mens verwag soveel meer van mense wat in n posisie is om opinies te beinvloed. Troos julle daaraan dat Noah nog pragtig gaan wees en julle hom tot n beter mens kan opvoed maar die armsaliges van Gees sal altyd net dit bly. Sterkte vir julle en geniet julle pragtige kind!

Pb ·

Hartseer dat enige iemand sulke onnadenkende uitsprake maak. Jeremy…die eerbare ding sal net wees om verskoning aan te bied en meer te wete kom oor hierdie toestand. Glo my…dis nie maklik vir so n kind nie

A ·

My dogter is hierdie jaar 14 en is ook so gebore. Dis ‘n moeilike pad maar definitief die moeite werd. Kan nie aan julle verduidelik wat ‘n sterk en wonderlike persoonlikheid sy het nie, staan op teen ander kinders wat ander boelie. Maar sy wil ook maar net soos enige ander kind “normaal” wees. Ek kan sien dit maak haar seer as mense vir haar staar en dan agter die handjies begin praat en vinger wys. Dit breek my hart as Ma en dit voel nie of ek genoeg gedoen het vir haar nie, maar sy praat my altyd moed in, snaaks hoe dit werk ne.

Elmarie ·

Die uitlating is uiters ongevoelig en getuig van swak smaak.
Hy behoort om verskoning te vra.
Sterkte aan Klein Noah met al die operasies.

Henk ·

Ek sou sê dit is niks minder as regverdig om omverskoning te vra vir die glips deur dalk n finansiele skenking te maak aan of van die operasies of dalk n organisasie wat hierdie tiepe probleme ondersteun nie

Stella Bezuidenhout ·

As ouer van n seun (20 jaar) met n gesplete verhemelte dink ek dit is walglik van enige persoon om enige opmerkings te maak oor enige gebrek. Dis n harde pad met ontelbare uitdagings om n kind met n gesplete verhemlte groot te maak! Dit is hartseer om sulke nuus te lees

Heksie ·

Swak smaak Jeremy!
en Riaan het my ook gister afgesit met sy uitlating dat ons moet bykom dat die tyd van ons vlag verby is en ons moet aanbeweeg …

Ursula ·

Heksie, dink hy bedoel ons moet aan beweeg want ons gaan dit nie kan verander.

Anoniem ·

Laat Jeremy asb die onderhoud voer met Hardy Lewis van die Smile stigting.

Anika ·

Noah, jy is die mooiste klein seuntjie ooit! Jou mamma en pappa is verskriklik gelukkig om so mooit seuntjie te he. Sterkte vir die pad wat voorlê.

Beanie ·

Jeremy…not cool dude! That was a very insensitive thing to say and such rubbish. What do you know about inbreeding? How can you shame people like that? You are off my island!

Dalene ·

Dat mense oor so iets kan lag, bewys hulle totale onkunde en dat hulle absoluut gee empatie het met die ouers van sulke kinders nie. My man is n narkotiseur en hy en n plastiese chirurg vriend van hom doen jaarliks n “smiley” dag by die staatshospitaal waar hulle sulke kinders gratis help. Deernis kos niks!!!!!

Blommie ·

Nee wat ek het geen tyd of respek vir enge iemand wat n grap maak van enige siekte toestand.
mense se lelike goed uit onkunde, wat maak enige persoon beter as n ander ons ALMAL is uit een hand geskape en van ons het net meer uitdagings as ander. WEES EERDER dankbaar vir die voregde in jou lewe, eerder as om te oordeel.

Skoolgeld ·

Toemaar Jeremy, almal vergeet ons is maar net ñ mens en al die “Goeie” dinge wat jy vir almal gedoen het maak skielik nie saak nie! Jammer aan die ouers van die seuntjie en onthou die dag as julle ñ grappie met hom maak asb?

Tilla ·

Hy is pragtig sal hom graag ‘n drukkie wou gee.
Ma en Pa baie sterkte vir julle

Tanya Buys ·

Ek stel voor jy dink maar mooi hieroor, want maak nie saak hoeveel goed hy al gedoen het nie regversdif glad nie dit wat hy nou gedoen het nie

Boekwurm ·

Sy blote teenwoordigheid op die lug irriteer my grensloos. Sy kommentaar val in swak smaak en die blote feit dat hy (hulle) dit snaaks vind om mense uit sekere omgewings (ie Wesrand, Oosrand, etc) te kies om die spot mee te dryf, gee aanstoot. Soos die Engelse spreekwoord lui “small things amuse small minds”. As jy RERIG niks opbouend het om ‘n gesprek aan die gang te kry nie, bly dan eerder stil. Jeremy moet aangespreek word en op die lug moet hy verskoning vra.

Yvonne ·

Dit is nie die eerste keer dat hy ongevraagde en onbeskofte uitlatings maak nie. Hierdie is laer as laag , geen ouer of kind kies hierdie toestand nie. Sterkte aan al die ouers en kinders daar buite wat hierdeur gaan. Vir die wat die n kindjie het met so toestand , gaan lees daar oor en leer julle kinders reg sosat daar nie n bespotting gemaak word van so iets nie. Klein Noah,jy is n pragtige seuntjie . Gelukkig het die Liewe Vader kundige mense op jou pad geplaas wat jou kan help om die pad vorentoe makliker te maak.

Lizette Coetzee ·

Walglike arrogansie!!!!

Hierdie man is verwaand.

Hy leer ook nie. Mens moet maar versigtig omgaan met woorde. Dit kan jou inhaal.

Nee man ·

Ai tog Jeremy wat het jou besiel? Geen mens vra om ‘n gebrek te hê nie. Ander se lyding is nie iets om oor te spot nie wat vir jou ‘n grap is is hulle realiteit. Vir almal met die toestand julle is pragtig daar is niks om oor te spot!

Hanlie ·

Eerstens Noah is so n pragtige ou seuntjie. Pyn my om en enige baba in so n situasie te sien. Ek weet nie wat laat mense soos Mansfield en co dink dis ok om uitlatings te maak oor mense en situasies. Is hy perfek? Hy vergeet sy vel is ook wit. So om te maak asof hy bo die Springs/Oosrand mense is…dink weer! Hy is te lank op die radio. Sy grappe en opmerkings is in elk geval (my opinie) “so last year”. Hier in Amerika dink die kamstige “stars” hulle opinie tel. Ek sê aan Mansfield en garde “kruip terug in julle gate”!!!!! Julle en julle opinies tel nie. Sterkte Noah-baba ????

Yollie ·

Ek is ‘n Springs inwoner en ‘n trotse een ook!!!! Daardie beledigings in dit regtig nodig !!
Niemand verdien om so “insult” te word nie. Ek is bly ouers neem dit verder.
Sies Jeremy wat as jou kind so gebore was sou jy daarvan hou dat mense sulke goed van jou kind kwyt raak. Almal verdien om hier te wees…

Tanya ·

Ek is self van springs. Ek is geskok dat hy so iets sou sê. Behalwe dat hy mense “insult” het, het hy my dorp en mense ook tena gekom. Springs het van die mees wonderlikste mense in die hele land. Nêrens sal jy sulke barmhartigheid ervaar soos in my area van springs nie. Ek sal liewer nie sê wat ek van hom dink nie…

Johan ·

Sulke “grappies” maak my woedend!! Jeremy behoort hom te skaam. ‘n Mens verwag nie sulke nare opmerkings van iemand wat van beter behoort te weet nie!

Sarel ·

Sterkte aan die ouers. Dis voel dalk nie so nie maar die kind is baie spesiaal en koester julle ouers mekaar. Niemand kan julle spore trap en verstaan wat julle beleef nie.

Anoniem ·

Laat Jeremy asb self die onderhoud met Hardy Lewis van die Smile stigting voer….

SS ·

Ek dink hulle moet hom kry om nou betrek te word by die eerste jaar van so n baba, dat hy eerstehands dit kan beleef.

Frans ·

Ek is 61 jaar gelede gebore met n oop verhemelte en lip sal graag aan hom will verduidelik hoe moeilik dit vir my ouers was en dat dit my Ma gebreek het en dat sy gedink het dat sy iets verkeerd gedoen het gedurende swangerskap sy was nooit weer dieselfde daarna nie Jeremy hou by wat jy weet wat nie baie is as mens na jou ongevraagde opmerkings luister nie

Ansophie ·

My kleinkind is met n gaatjie in sy verhemelte gebore. Baie uitdagings en operasies enlater gebede later kan hy suig en praat. Jeremy ek nooi jou uit om saam met my die Mond en Kaak Kliniek in Tshwane by te woon. Ek is so dankbaar vir die Dokters en Professors wat die klein mensies met liefde en deernis help. En die Verpleeg personeel wat die ouers bystaan.
Ek glo dat dat dit jou sal aanraak en verhoed dat jy onsensitiewe uitlatings maak. Wat van n Fondsinsameling vir hulp aan daardie kliniek wat landwyd daardie spesiale klein mensies help?

Annalie ·

Foeitog ek wou kommentaar oor Jeremy lewer maar besluit dat ek nie op sy vlak gaan daal nie. Mamma, Pappa sterkte met julle paadjie met Noah. ‘n Kindjie is God se geskenk en julle seuntjie gaan nog baie mense raak. Sien die gebeure met die omroeper as die begin van groot wonderwerke, nou weet almal van julle seuntjie en almal word genoop om te bid, dit opsigself is klaar ‘n wonderwerk!!!!!!

Disgusting ·

I think Mansfield is coming off the hook far too easily! Will we ever forget what happened in the Ashwin Willemse saga? Mansfield should be suspended and forced to work in a hospital with these babies/children, or alternatively pay for the therapy these childrens’ parents often have to pay for due to emotional damage caused by other children teasing them etc. Shame on the radio station for trying to do their bit of “damage control”. Getting a guest speaker is, to say the least, too little too late! Disgustking!

martin ·

Dankie dat julle my vorige boodskap verwyder het. Nou weet ek Maroela hou ook nie van vryheid van spraak nie. Sal nie weer hier besoek nie. Groete.

Daleen ·

Ja die uitlatings wat Jeremy gemaak het is nie reg nie, maar ek voel hy word heeltemal te erg nou gekruisig. Ek glo hy het besef wat hy gese het is nie reg nie – of wel ek hoop so. Ons almal is vol foute – maar wie van ons het nie dalk al gespot met ‘n ander se situasie nie – Jeremy se grap was egter meer oor BRAKPAN (en ja ons almal het al oor Brakpan gespot) Hel ek het familie daar en hul spot sommer met hulself ook. Jeremy het ongelukkig dit net bietjie verkeerd gedoen. Die goed wat Jeremy al vir ander gedoen het moet asb ook nie mis gekyk word nie. As hul hom van die radio sou afhaal oor sy fout van nou, blok dit hulp vir ‘n ander in die toekoms. Ek stem saam dit sal goed wees as Jeremy self die onderhoud sou he met SMILE. Ek praat dit nie reg nie, maar Jeremy is darem ook nie ‘n slegte ou nie.

Nee regtig!! ·

Dis ‘n baie goeie idee ..terwyl hy nou sulke uitlatings maak kan hy as skuldige sommer ‘n groot donasie maak… en dit aan die kliniek gee… ander omroepers se oë sal oopgaan en hulle sal dink voor hulle sulke goed kwyt raak!! Die lewe is moeilik genoeg die kliniek kan doen met hulp vir kindertjies wie se ouers nie die fondse het nie!!

toy ·

Die mens kan darem maar wreed wees. Jeremy moes eers navorsing gedoen het en hom dan uitlaat oor so iets. Sies man en dit vir ‘n volwasse man, agnee dit was regtig ongehoord.

Herman ·

Maak n saak teen hom by die Mense regte Kommissie en by die Gelykheids hof – dit is Haatspraak

Lizelle ·

Ek kan nie dink dat in die jaar 2019 daar nog mense is wat sulke absolute snert kan kwytraak EN dit nog glo ook nie. Lyk my die mensdom raak al hoe dommer, dalk is hulle die produk van inteling? Wonder maar net?

Engelsman. ·

Jeremy you made a bad mistake. I’m sure you see it now. Glad your’e going to have a professional on your show to talk more on the subject that we know little about if we haven’t suffered through that. Make a regular spot for different ailments to educate everyone.

riana ·

heheh Cobus .Nog Nooit fan van Jerremy of sy ontbyt span op 94.7 of nou gewees nie… Ongeskikte mense wat met monde vol kos praat wanneer hulle op die lug is….. tyd vir hom om te pak!

Arno Scheepers ·

Of Jeremy Mansfield word nou finaal van die lug afgehaal of ter ere aan enige gestremde persoon world die radiostasie geboikot. Dit is n skande.

Hennie ·

Ek die persoon glad nie omdat ek in die buiteland is. Dit is nie ‘n kwesie dat mense sensitief is nie. Leef daagliks saam met iemand wat gestrem is en dan praat ons weer. As kind is ons geleer jy spot met niemand nie. Jy weet nie of jy vyf minute later dalk erger kan wees nie. Ek haal my hoed af vir ouers wat gestremde kinders met so veel liefde versorg.

Jo ·

Ek is amper 45 en het n gespelete verhemelte, ek het die hele pakket gekry ECC Syndrome ek is al mooi groot en geleer om baie sterk te wees maar sulke dinge maak seer, regtig seer. Ek was klaar waardeur die kleintjies nog moet gaan en met sulke mense soos Jeremy maak hulle dit nie maklik nie, maar weet jy, gelukkig het ons familie en vriende wat lief is vir ons net soos ons is en dit is al wat saak maak. Sterkte vir almal, alles sal ok wees xxxx

Jax ·

Mansfield hoort nie op die lug as hy nie “mans” genoeg is om hom ordentlik te gedra nie. Hy is onsettend arrogant en gee nie om om ander seer te maak nie. Wat hy gedoen/gesê het, is walglik en laag. Haal hom van die lug af!!

SjN ·

Die omroeper skuld die mense n verskoning vir die sinnelose uitlating.

Ouer ·

Lieflike kinders. Geskenke van bo.
Sterkte aan al dié ouers en hul kindertjies.
Dink an julle, kap bir Mansfield

Shaun Serrao ·

ek laaik jeremy anyway niks. skaamteloos om so te spot!

Vic ·

Tanya en Christo, Klein Noah is n pragtige kleinding – nie dat ek dit vir julle hoef te se nie. Sterkte met die paar challenges wat voorle maar ons glo en bid dat alles sal goed afloop en hy julle net plesier en liefde sal besorg. Ek is jammer dat daar onsensitiewe mense op die aarde is wat onnodige dinge se.

AussieMumVlogger ·

Gaan kyk bietjie op Youtube na die kanaal “Aussie Mum Vlogger” haar dogtertjie Mila het ook ‘n lippie en sy is pragtig! Keiara het ‘n boek vrygestel “You are Special” gebaseer op klein Mila.

Mel ·

Jy is skattig en te pragtig vir woorde liefste Noah ❤ kon nog nooit vat kry in Jeremy ni, nou verstaan mens hoekom.

Annelise ·

Liefste Noah Buys.
Wat ‘n pragtige kind is jy nie!!
Mag jy doof wees vir die wêreld en sy onkunde!!
Wens jou net liefde en glimlagte toe!!!

Miekie ·

Die Noah is ‘n klein pragtige babatjtie. Baie sterkte vir mamma en pappa
Jerremy jy weet seker nie van beter nie. Die Onse Vader het Noah so geskape en hy sal reg kan praat en pragtig wees as hy groot is. Ongelukkig het die Vader jou nie so dik geskep nie jy het jouself so ge-eet.

miekie ·

Noah jy is pragtig en sterkte saam met mamma en pappa vir aldie operasies. Onthou net die Liewe Vader het jou so geskape. Jeremy jy is nie so dik geskape nie maar ddik gevreet

Jeanette ·

Sovêr ek kan onthou is daar al omroepers geskors vir iets wat hulle nie eers op radio gesê het nie maar op ‘n ander plek en die wat dit oor radio sê is beboet. Dit is uiters ongevoelig vir elke mens met ‘n gebrek om daaroor gespot te word . Nee sies man

Siener ·

Hot 91.9FM moet verantwoordelikheid vat vir wat sy werkers sê oor die lug. Skande!!!

Rics ·

Ek is stom en heeltemal onderste bo geslaan deur hierdie haatspraak of eerder braakspraak teen onskuldige mense soos onder baie andere ek en my kind wat in Springs gebore is en hierna moes luister. Daar is geen verskoning hoegenaamd vir hierdie agterlike uitlating nie en ek sal dit hoog op prys stel as enige iemand asseblief n link vir my kan aan stuur of hier laat waar hierdie uitlatings direk gemaak was deur J Mansfield….. Asseblief…. Ek nodig net die feitlike informasie asseblief

Neels ·

Jeremy jy het geen benul wst jy van praat nie en bewts net hoe on opgevoed is jy. Waar linda uitgekruip het weet ek ook nie was seker saam met jou. My dogter was gebore met n gesplete verhemelte. Ek was va Pretoria en sy van van die laeveld ons het nie gedrinknof gerook nie. So asb kry julle feite reg en hou op om toetaal belaglik te wees en mense te kategoriseer oor iets wasrvan jul gern benul het nie.

Frans-Marx Meyer ·

Ek is 1988 gebore met ‘n dubbelle gesplete lip en verhemelte gebore. Nie een dag het ek minderwaardig gevoel teenoor enigeiemand nie. Nie een dag was dit vir my n slegte pad om te stap nie, en het ek nog altyd my kop omhoog gehou. Vandag kan ek net dankie se vir wonderlikke ouers en familie wat die pad vir my gelyk gemaak het. Ek kan ook net dankie sê vir die feit dat ek onder Dr Cobus vd Colf se lem kon deurgaan, dankie dok vir dit wat jy met min tegnologie reggekry het. Mnr Mansfield vandag kan ek met trots se ek is ‘n baie beter mens as wat jy ooit sal wees, bloot omdat ek respek het vir elke mens om my. Iets wat jy duidelik nie as kind by jou ouers geleer het nie.

Sè maar net ·

Ek kan net dink hoe vies is hierdie ouers want dit maak seer as daar met jou kind se gestremdheid die spot gedryf word. Ons het dit al met downsindroom ook ondervind!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.